“Dit alles geskied te midde van ʼn globale styging in voedsel- en kommoditeitepryse. Suid-Afrika loop nie net belangrike nuwe geleenthede mis nie, maar die land is ook besig om sy eie mededingendheid en vermoë op landbougebied te ondermyn,” lui Bernstein se verklaring.
Van 2004 tot 2007 het die staat se grondherverspreidingsprogram met slegs ʼn halwe persent toegeneem van 4,3% tot 4,7%. Intussen het die staat vir homself die teiken gestel om teen 2014 tot 30% van landbougrond in blanke hande aan swartes oor te dra.
Die laaste fase van grondrestitusie wat landelike eise behels, het groot dele produktiewe grond “effektiewelik vir jare wat kom, bevries”. Die sentrum het statistiek van die SA Suikerrietboerevereniging aangehaal wat toon dat 50% van alle suikergrond onder grondeise verkeer, met slegs 4% wat reeds oorgedra is. Byna die helfte van die papiermaatskappy Mondi se aangeplante woude staan onder grondeise terwyl ten minste 17,5% van Sappi se grond in dieselfde situasie verkeer.
Volgens die sentrum kan Suid-Afrika uitsien na twee toekomspaaie: “niemand wen nie” en “almal verloor. Geen van dié twee is wenslik nie en albei bedreig landbouproduksie, beleggersvertroue, rasseverhoudinge en die vooruitsigte van Suid-Afrika se landelike armes.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.