Boonop bevind sy leier, Morgan Tsvangirai, hom tans buite Zimbabwe uit vrese vir sy veiligheid. Gerugte dat lede van die weermag Tsvangirai en ander MDC-leiers met skerpskutters sou teiken, is ook in omloop.
In die eerste ronde van die presidentsverkiesing het Tsvangirai 47,9% van die stemme op hom verenig, net meer as twee persent onder die 50% wat nodig is vir 'n algehele meerderheid. Volgens die opposisieleier is hy deur stembedrog van 'n meerderheid beroof, maar intussen gaan die verkiesingskommissie voort met 'n uitklopverkiesing om die presidentskap waarin president Robett Mugabe weereens kandidaat sal wees.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.