Polisie brand los op bruin plakkers

Die Johannesburgse metropolisie het rubberkoeëls op inwoners van Eldoradopark gevuur nadat hulle oproerig geraak het oor die sloping van hul plakkershutte. Insp. Edna Mamonyane het gesê die inwoners het die metropolisie met klippe bestook toe hulle die plakkershutte begin sloop. Die inwoners het ook die paaie met brandende bande versper uit protes teen dié sloping.

Lees verder: Polisie brand los op bruin plakkers

Nie ‘n enkele leerder teenwoordig toe premier skool besoek

Die Oos-Kaapse premier, Noxolo Kiviet, het tydens ‘n besoek aan ‘n skool geen matriekleerders by die hoërskool Imidushane gevind nie. “‘n Uur het verbygegaan en daar was geen leerders by die skool nie. Die onderwysers moes die leerders in die dorp gaan soek,” het Tobile Gowa, ‘n woordvoerder van die provinsiale regering, gesê. Nie een

Lees verder: Nie ‘n enkele leerder teenwoordig toe premier skool besoek

Grapjas in die pad gesteek

Die werknemer verantwoordelik vir die speel van ‘n grapliedjie by Falcon Securities se potjiekos-aand, waarin Mandela glo beledig is, is in die pad gesteek. Klaarblyklik het ene Francois Robberts sy eie persoonlike CD langs die CD speler gesit om gespeel te word. Dit was sonder opset vir omtrent 15 sekondes gespeel voordat iemand dit afgesit

Lees verder: Grapjas in die pad gesteek

Vrou aan die brand gesteek

‘n Vyftigjarige vrou van Pietermaritzburg het derde en- tweedegraadse brandwonde opgedoen nadat sy met behulp van brandstof aan die brand gesteek is. Ooggetuies beweer die slagoffer is weens huishoudelike konflik aan die brand gesteek. Die nooddienste het haar egter alleen in haar huis in Howickstraat aangetref, het Derrick Banks, ‘n woordvoerder vir ER24 gesê. Sy

Lees verder: Vrou aan die brand gesteek

Russe wil kernruimtetuig bou

Die hoof van die Russiese ruimte-agentskap het voorgestel dat Rusland ‘n kernaangedrewe ruimtetuig moet bou. Anatoly Perminov het aan die regering gesê dat ‘n voorlopige ontwerp teen 2012 gereed sal wees. Die bou van die ruimtetuig sal na 2012 geskied. Dit sal sowat nege jaar duur en minstens R470 miljoen kos om te bou. President

Lees verder: Russe wil kernruimtetuig bou

‘n Afrikanersekerheidsmaatskappy

Dit is al lankal ‘n voldonge feit dat die Azaniese stelsel van reg en geregtigheid, nes alle ander regeringstrukture, stelselmatig besig is om in duie te stort. Die verrotting het in 1994 begin, toe rassistiese transformasie die howe en die polisiemag van binne begin rysmier het. Ek hoef nie eens die skokkende moordstatistieke van tot

Lees verder: ‘n Afrikanersekerheidsmaatskappy

Regs is nie ‘n vloekwoord nie

In Suid-Afrika word die begrip van linkse of regse politiek in die laaste tyd anders gedefinieer as voorheen. Politiek word baie meer ekonomies bedryf. Vandag word na die linkses verwys as die sosialiste en die regses as die kapitaliste. Daar is afwagting in die land, nie om te sien of Suid-Afrika se politiek links gaan

Lees verder: Regs is nie ‘n vloekwoord nie

Junta ontvoer en beroof bankier

Die familie van ‘n bankier het aantygings gemaak dat lede van Guinee se presidensiële wag hom vlugtig ontvoer en sy kar gesteel het. Die sogenaamde “Rooi Beret”-eenheid het Ibrahima Diallo, direkteur van First International Bank, naby sy huis ontvoer. Hulle het hom in ‘n militêre voertuig gegooi, sy kar gesteel en hom in die buitewyke

Lees verder: Junta ontvoer en beroof bankier

Aan ‘natuurlike oorsake’ oorlede…

Die doodsertifikaat van ’n motorelektrisiën wat sowat drie weke gelede voor sy gesin deur gewapende rowers in die hart doodgeskiet is, lui dat hy aan natuurlike oorsake dood is. Henry Locke is op 5 Oktober op die Elands-wildplaas naby Cullinan, noordoos van Pretoria, voor sy vrou, dogter, Monique (13), en seun, Dawie (23), wat ’n

Lees verder: Aan ‘natuurlike oorsake’ oorlede…