Die familie van ‘n bankier het aantygings gemaak dat lede van Guinee se presidensiële wag hom vlugtig ontvoer en sy kar gesteel het.
Die sogenaamde “Rooi Beret”-eenheid het Ibrahima Diallo, direkteur van First International Bank, naby sy huis ontvoer.
Hulle het hom in ‘n militêre voertuig gegooi, sy kar gesteel en hom in die buitewyke van die stad vasgebind en agtergelaat.
In protes teen die ontvoering, sal alle banke Donderdag en Vrydag gesluit wees.
Teenstanders van die militêre junta het mense gewaarsku om eerder nie Woensdag hul huise te verlaat nie.
Dié waarskuwing kom ‘n maand na sowat 150 mense doodgeskiet toe soldate verlede maand losgebrand het op betogers.
Die betogers het in ’n stadion byeengekom het om te eis dat die junta-leier, kapt. Moussa Dadis Camara, nie in Januarie as ’n kandidaat in die verkiesing staan nie.
