08:49:23 "Die nuwe ANC-leierskap is besig om dieselfde beleidsfout oor grondhervorming te maak as wat voormalige president Mbeki se kabinet gemaak het. Die aankoop van meer landbougrond om aan swart gemeenskappe te gee is nie die antwoord vir armoede in landelike gebiede nie. Die regering moet eerder meer bystand na die oordrag van grond aan gemeenskappe verleen en die proses waardeur grond aan swart gemeenskappe gegee word verbeter”, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

15:53:11 Hoë brandstofpryse en verskerpte ekonomiese onsekerheid het veroorsaak dat Europese motorverkope skerp gedaal het in September.