“Die departement is …bekommerd oor die onlangse berigte van breinvliesontsteking, wat voorstel dat 4 jong mense, met 2 van Eldoradopark, dood is as gevolg van breinvliesontsteking.”
“Dit kan lei tot onnodige paniek in skole en gemeenskappe, het Gauteng-gesondheidswoordvoerder JP Louw gesê.
Donderdag is ‘n 15-jarige leerling by die Willow Crescent-hoërskool dood aan wat vermoedelik breinvleisontsteking is.
Die liggaam van die meisie is nie getoets vir breinvliesontsteking nie, aangesien sy begrawe is binne 24 uur, in ooreenstemming met haar familie se geloof.
Die tweede meisie, wat 9 jaar oud was, is die naweek oorlede, wat kommer laat ontstaan het dat sy ook breinvliesontsteking gehad het.
Maar Louw het gesê dat aanvanklike toetse getoon het dat sy nie aan breinvliesontsteking dood is nie. Hy het egter bygevoeg dat die departement haar dood verder sal ondersoek.
Louw het gesê daar is net twee bevestigde sterftegevalle wat as breinvliesontsteking bevestig kan word – ‘n 15-jarige meisie van Mondeor-hoërskool wat op 15 Februarie dood is en ‘n 7-jarige seun van Emaweni-laerskool wat op 24 Februarie dood is.
Die KVP het die departement van gesondheid se reaksie Maandag in ‘n verklaring gekritiseer.
“Die paniekerige gemeenskap is sonder behoorlike leierskap gelaat aangaande behandeling en opvoeding. Dit het gelei tot baie ouers wat hulle kinders tydelik uit die skool uit haal,” het die KVP-woordvoerder, Sipho Ngwema, in die verklaring gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.