Buitelander lewendig verbrand deur gepeupel

In die jongste voorval van vreemdelinghaat is ‘n buitelander lewendig aan die brand gesteek deur ‘n verwoede gepeupel in Soweto.

In nog ‘n voorval is twee mense in hegtenis geneem vir diefstal van goedere uit ‘n buitelandse winkel in Thembelihle, Lenasia. Altesaam 180 mense is reeds verlede maand vasgetrek vir ivm plundery en geweld.

Die buitelander is ernstig beseer toe die skare Donderdag in Doornkop in Soweto paraffien oor hom uitgegooi het en hom aan die brand gesteek het nadat hy aangesê is om die plek te verlaat.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. “Polisiebeamptes het na die toneel gehaas om hom te red. Hy is baie ernstig beseer en is na ‘n hospitaal geneem.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Vier buitelanders is in ‘n afsonderlike voorval in hegtenis geneem toe ‘n groep swart plaaslike inwoners hul winkel begin plunder het.

“Een van die buitelanders het ‘n in die lug gevuur,” volgens Makhubela. Die polisie het die vuurwapen daarna gekonfiskeer. Nie een van die plaaslike inwoners is in hegtenis geneem nie.

Verskeie buitelandse winkels loop in Gauteng onder plundery deur nadat die 14-jarige Siphiwe Mahori op 19 Januarie doodgeskiet is.

Mahori was deel van ‘n skare wat ‘n Somaliër se winkel in Snake Park in Soweto wou beroof. Die onrus het van Soweto na Kagiso aan die Wes-Rand oorgespoel, asook Sebokeng in die Vaal, Edenpark in Ekurhuleni en Alexandra in Johannesburg.

Verskeie mense is dood, insluitend ‘n baba wat tydens ‘n stormloop versmoor het.

Die geweld teen buitelanders se ondernemings regoor die land sal ondersoek word, die minister van Klein Sake, Lindiwe Zulu gesê.

“Die verlies van lewens en die vernietiging van eiendom moet in die sterkste moontlike terme veroordeel word,” het Zulu in ‘n verklaring gesê.
 
Sy het gesê ‘n span sal saamgestel word om die oorsake te ondersoek en aanbevelings te maak.
 
“Ons doen ‘n beroep op lede van ons gemeenskappe om saam te werk met die polisie en nie die reg in eie hande te neem nie.”
 
Sy het gesê almal wat in Suid-Afrika woon, insluitend buitelanders, is geregtig op beskerming onder die wet. In terme van die Grondwet, kan asielsoekers en vlugtelinge besighede in Suid-Afrika bedryf.
 
“Buitelanders wat besighede besit is ook onderhewig aan dieselfde belasting en heffings as Suid-Afrikaners,” het sy egter bygevoeg.
 
“Ons doen ‘n beroep op lede van ons gemeenskappe om aan staatsdepartemente en ander regeringsagentskappe die ruimte te laat om die situasie aan te spreek.”
 
Zulu is onlangs gesê buitelanders moet hulle handelsgeheime en sukses met die plaaslike bevolking deel.
 
“Swart mense was nooit deel van die ekonomie van Suid-Afrika in terme van die besit van enigiets nie. Daarom, as hulle sien dat ander mense van buite suksesvol is, voel hulle asof hulle uit daardie ruimte gesluit word deur buitelanders,” het sy aan Bloomberg op 28 Januarie gesê.

“Dit is belangrik vir buitelanders om hul sukses met Suid-Afrikaners te deel.”
 

3 thoughts on “Buitelander lewendig verbrand deur gepeupel”

  1. Skiet n waarskuwingsskoot in die lug en word in hegtenis geneem. Beter jy skiet so vinnig en raak as moontlik, en probeer wegkom. Dis wat nog met AL die blankes gaan gebeeur as hulle besluit hulle wil jou huis vat en jy skiet n waarskuwingsskoot.

  2. “Sy het gesê almal wat in Suid-Afrika woon, insluitend buitelanders, is geregtig op beskerming onder die wet. ” onder watter wet val dire Boere?

    “…Moet ten sterkste veroordeel word..” as die boere soos slagskape afgemaai word is Zums oorsee en se dis gewone misdaad. Ek dog dis net Mac se joppie om te lieg.

    Zulu, JY LIEG!!!!!!!
    Taxi drywers maai mekaar af oor posisie en kompitiesie, is dit ook apartheid se skuld dat hulle gulsig is? of is dit julle kultuur om niemand iets te gun nie?

Maak 'n opvolg-bydrae