Somaliërs moet winkels op Kaapse Vlakte sluit

Somaliese winkels in die Marikana-lokasie in Philippi op die Kaapse Vlakte moes Woensdagaand inderhaas sluit weens geweld teen buitelanders.

Een persoon is dood, een gewond en verskeie winkels is Dinsdag in die gebied geplunder.

Gemeenskapsleiers het intussen vergader om vrese te probeer weerlê van plundery in die gebied.

Die Seskhona beweging het aangedui dat hulle openbare vergaderings sal hou om die geweld te probeer aanspreek.

2 thoughts on “Somaliërs moet winkels op Kaapse Vlakte sluit”

  1. Die regering kerm heeltyd oor buitelandse belegging in ZA – hulle wil dit meer maak omdat dit glo ons ekonomie hier gaan aanhelp. Nou verdryf hulle die buitelandse besigheids en grondeienaars – hoe rym dit? Wat hulle dus eintlik sê is stuur julle geld maar ons gaan vir julle niks in ruil daarvoor gee nie.

  2. Ek probeer juis uitwys hoe min logika daar agter die besluitneming is. Ons word geleer van kleins af om vooruit te beplan, iets te bêre vir die dag van more – dalk is dit al deel van ons genetika aangesien ons voorouers uit onhebergsame plekke gekom het waar jy nie oorleef as jy nie in die somer genoeg voorsorg getrek het nie.

    Ek reken ons staan nie saam nie omdat dit nog te goed gaan. Verder deel ons
    (ver)leiers lekker in die buit wat die ANC in hierdie land vat. Daar is te veel wat bereid is om hulle siele vir geld te verkoop – hulle einde in die huidige bestel is ook in sig. Ongelukkig kripeer die res van ons net meer intussen.

Maak 'n opvolg-bydrae