Geagte Piet Croucamp,
U skrywe aan Johan van der Merwe spreek van presies die soort onverdraagsaamheid en fanatisme wat soveel van ons al genoop het om regdeur die huidige “demokrasie” te sien.
Oud-genl. Van der Merwe se opleiding in die polisiekollege blyk van hom veel meer van ‘n regsgeleerde en intellektueel te gemaak het as u nuwe-Suid-Afrika-PhD wat u blykbaar op sekulêr-godsdienstige geloofsgronde verwerf het. Bekering en fundamentalisme speel in u geval ‘n groter rol as enige kennis of logiese denke.
Die breedvoerige standpunt wat Johan van der Merwe uiteengesit het, beide in sy ope brief aan mev. Zille en sy memorandum “The Conflict of the Past: A Factual Review” is gegrond op eeue oue Westerse beginsels in die wysbegeerte en ons Romeins-Hollandse reg, naamlik dat elkeen op gelyke behandeling geregtig is. Daarmee saam, dat morele beginsels insgelyks nie van dubbele standaarde gebruik moet maak nie. En dan die audi alterem partem-reël wat daaruit voortvloei, naamlik dat elkeen in ‘n saak aangehoor moet word en dat ‘n eensydige relaas oor ‘n voorval of selfs die geskiedenis onaanvaarbaar is.
U rol om sowel individuele Afrikaners as ons hele volk en kultuurgroep te probeer verdag maak, lyk al hoe meer bedenklik, selfs sinister. Kennelik word u iewers vergoed of ten minste vereer vir u verbete pogings om sensuur op ons toe te pas.
Verlede jaar het u die heksejag op dr. Louise Mabille van Tukkies ontketen, meer onlangs Steve Hofmeyr probeer beswadder en nou dié venynige briefie aan Van der Merwe waarin u hom sowaar die doodstraf toewens! Boonop noem u hom ‘n lafaard van apartheid.
Asof u geesgenote, die terroriste wat met die mees totalitêre bewind van die twintigste eeu, die Sowjetunie, geheul het en onskuldige burgerlikes in Suid-Afrika met motorbomme en die halssnoermetode vermoor het, nie vuige lafaards was nie! Daar word bereken dat tot 60 miljoen mense in die Sowjetunie gesterf het vanweë die soort stomme, linkse fanatisme waarvan u dikwels vulgêre uitsprake popel.
Die punt wat oud-genl. Van der Merwe maak, naamlik dat grootskaalse en georganiseerde terreur slegs met onkonvensionele metodes beveg kon word, is waarskynlik geldig. Dit verg ook geweldige moed om die vrylating van Eugene de Kock te bepleit, die man wat deur die histeriese mediamense in ons land, asook in Brittanje en die VSA, met duiwelse byname behang word. Terwyl hul eie terroriste en moordenaars, soos die aanvallers op die St. James-kerk, byvoorbeeld, argeloos verontskuldig word.
Ons het oor die afgelope week gesien hoe diegene wat Steve Hofmeyr sy spraakvryheid en artistieke vryheid wil ontsê, tot ‘n platvloerse geskel oorgaan, iets wat kennelik ook deel van u eie repertoire uitmaak.
Hoe knus u eie verhouding met die huidige maghebber ook al mag wees, gee dit u nie die reg om ons aanhoudend te beledig en te verguis nie. Gegewe dat u, soortgelyk aan mnr. Joe Slovo van die SAKP en vader van die terreurveldtog, in die buiteland gebore is, is dit soveel te meer vermetel dat u ons inheemse Afrikaners se regte en menswees op soveel maniere kan vertrap.
Ongeag ons onderlinge verskille en die afwesigheid van enige partypolitieke oplossings, is Afrikaners vandag meer verenig as ooit in ons aanspraak op gelyke burgerskap van dié land, wat beteken dat ons op elke gebied gelyk behandel wil word.
Ons verwerp sowel kommunisme as die verwante Amerikaanse rasse-ideologie wat ons op grond van ons velkleur en afkoms vir altyd aan negatiewe rassevoorkeure onderwerp.
Ongeag die redes vir hul aanhouding, dring ons daarop aan dat al ons politieke gevangenes billik en wetmatig behandel sal word, iets wat tans duidelik nie die geval is nie.
Trouens, solank as wat daar Afrikaner- politieke gevangenes bestaan, sal ons nie vry wees nie.
Die een positiewe rol wat fanatici soos u speel, is om die huidige stelsel in sy totalitêre naaktheid en onverdraagsaamheid te ontmasker. Dit sou daarom betaamlik wees as u minder die woord “demokrasie” gebruik en u meer op Stalinistiese retoriek soos “fascisme” en “klassevyand” beroep.
Dat u nostalgie vir Rooi Terreur en die vergange Sowjetryk ook ‘n skeutjie anglofilie en verlange na die Britse Ryk insluit, spreek byna vanself. Daarvan getuig u ongeneeslike Boerehaat.
Groete,
Dan Roodt

Goeie brief, dankie.
Dink nie Kopdoek sal dit verstaan nie.
10 uit 10 Hanno
STAANDE APPLOUS DOK !
Hierby aangeheg, een van kopdoek se aanhangers. Sien sy status ook op Facebook.
Werk by Retired
Vorige: Naspers en NIC Printing & Newspaper Industry of SA
Daar was ‘n paar jaar gelede ‘n opname deur Praag gedoen want hulle wou kyk wie is hulle lesers. Tweederdes het tersiëre opleiding gehad en die meeste van hulle het Magister grade gehad as ek reg onthou.
As ek die lesers se kommin-taar op Naarpers lees is dit ‘n geskel dat Elzabe Zietsman deur swartes verkrag moet word. Niemand daar kan hulleself soos opgevoede mense uitdruk nie.
As hierdie arme Crowther dink ou Dompiet voldoen nie aan sy mooi beskrywings op Praag nie, moet hy weer dink. Die “argument” is deur 45 000 mense mense gewen wat Die Stem saamgesing het
Sjoe dit is interessant. Daar is ook nou onlangs weer web besoekstatistieke gepubliseer – ek wonder hoe PRAAG hierdie rondte gevaar het.
Alles wat hierdie nar kwytraak is waar – ongelukkig is dit wat ons hier praat die waarheid en dit maak seer. Liberaliste luister ongelukkig nie na rede nie en dus kan jy nie met hulle redeneer nie – hulle het mos alle wysheid in pag. Dan praat jy nou van “slim mense” – hulle is so slim hulle sien nie wat in die land gebeur nie. Hulle sien nie die werklikhede nie en verwag dat almal in hulle droomwêreld goeie mense is, goeie atiëste wat nooit iets verkeerd kan doen nie. Hulle is mos slimmer as al die andere. Ek haal weer aan: ‘Mense wat dink hulle is donners slim is nie altyd so donners slim nie’ – dit is juis hierdie “slim” liberaliste soos hierdie wat die hele land in hierdie gemors gedompel het en hulle is steeds te ONNOSEL om dit te sien – (gewoonlik het hulle meer geld so hulle kan hulleself onttrek uit hierdie samelewing as hulle wil – ongelukkig kan die res van ons nie)
Haai oe Rooikop!!! Hoe krap die man nou aan plek wat nie jeuk by jou nie!!! Siestog man dat hy jou nou na sulke taal kan dwing! Maar dis soos jy sê “dink hy is donners slim”
More Rooikop, dit kan jy weer sê, maar al het Ek ook geld gehad sou ek nie gevlug het nie maar geveg het. Hier kan jy nog n verskil maak saam met jou mede afrikaners. Daar buite is daar maar n “koue” wêreld.
Ek gaan nie land uit vlug nie Andy! Hulle gaan my van voor af moet skiet! Ek haat koeëls in my rug!
Trippie, hy ly ook aan volstruis sindroom. Los hom, sy broers sal hom uitsorteer!
He He terwyl sy kop in die sand is is iets anders in die lug oop en bloot!
Wat ek ook van hou StalinX is dat hulle darem WEET waar om ons boere (regses?) te vind!
gaaaaaaap nog n libturd wathomself as links beskryf
Kyk, gatvol is nie nie eers die woord om te beskryf hoe siek en sat ek is van hierdie drek se beledigings oor “regses” en “dommes” is nie. Crowther is ‘n naakste opportunis wat heeltemal te vol van homself is en ek is nie sy “regse” of sy “domme” nie.
STEM !!!
Ja, ek moet sê, ek het nog nooit ‘n artikel in ‘n Naarperskoerant gelees wat een oorspronklike insig bevat het nie… wat nog te sê wat verwys na ‘n interessante boek wat die skrywer gelees het of ‘n idee uit die ryk geskiedenis van Westerse denke.
Dit bly net by sulke polities korrekte slagspreuke en herhaling van die heersende ideologie wat ons tot vervelens toe moet hoor.
Skitterend!!!
Uitstekend, alhoewel ek dink nie hy gaan verstaan wat jy se nie.
More Dr Dan, en baie dankie vir n mooi puik bewoorde skrywe wat reg doen aan die situasie wat ontstaan het met PC se skrywe aan Kol. v/d Merwe.
Ek het nog steeds probleme met Gen vd Merwe se brief aan mev Zille en sal bly wees as iemand dit vir my wil opklaar. Ons moet glo dat Gen vd Merwe se bedoelinge suiwer is, nl. om mnr De Kock op parool vrygelaat te kry. As dit so is, verdien hy uiteraard ons heelhartige steun. Ek kan egter nie insien hoe op aarde die derde paragraaf van sy brief daardie doel dien nie. Hoe kan dit in mnr De Kock se guns tel om aan te voer dat hy nie in opdrag van sy meerderes opgetree het nie, maar op sy eie houtjie? Hoe kan dit in sy guns tel dat hy die volle verantwoordelikheid vir sy optredes moet dra? Vergeet nou maar van Piet Croukamp wat m.i. nie ‘n brief werd is nie en verduidelik vir ons dit. Dis tog ‘n eenvoudige vraag.
Totdat daar ‘n reaksie is, sal ek aanneem daar is geen bevredigende antwoord nie.
Karel, ek het nou selfs op Rapport die artikel gaan lees (in my soeke na ‘n “bevredigende antwoord” op jou vraag), wat Charl Pauw geskryf het na ‘n besoek aan Eugene de Kock in die tronk.
Ek haal sy woorde aan :
“Hy was skoongeskeer en sy vreemde Beatle-kuifie het oor sy voorkop gehang. Maar wat my weer getref het, was daai oë, somber en donker, terwyl hy gif gespoeg het na die generaals en die politici wat sy doodsorgies aangehits en medaljes aan sy bors gepen het.”
Nou daar het jy dit. Nie heeltemal ‘n versinsel van die DA nie. Behalwe as iemand nou wil sê Charl Pauw het ook gelieg. Dankie nietemin Trippie dat jy die enigste was om iets sinvols oor die onderwerp te se.
Kyk gerus ook na my stuk in Engels so pas oor Nadine Gordimer:
Nadine Gordimer and kronor for our Red Terror
http://praag.org/?p=14746
Help my reg:
Is daar nie die moontlikheid dat P Croukamp uitgelewer kan word aan Namibia nie – vir sy betrokkenheid by Koevoet as Namibiese boorling/burger
Waarom nie?
Goeie plan – maar dink jy nie dit is beter om die klipsteen hier te laat bly waar n mens hom kan dophou nie?
Sulke ouens voel vere vir alles en almal maar tog kook sy stories vir my op… dis net TE erg TE kruiperig TE verdedigend…TE anti-Afrikaner en TE pro-regering.
TE onderduims TE ongelooflik en TE ontsettend.
Ek is geen kenner van die intieme besonderhede van Eugène De Kock se vervolging, skuldigbevinding en gevangesetting nie, maar die volgende lyk my vir my in ooreenstemming te wees met die feite en gesonde verstand:
Mnr De Kock het, as soldaat, sy handelinge uitgevoer in opdrag en ooreenkomstig sy mandaat. Dit beteken nie dat hy opdrag gekry het vir elke indiwiduele handeling nie, wat onsinnig sou wees.
Hieruit volg noodwendig dat die mense wat aan hom sy mandaat gegee het, net so “skuldig” is soos hy en dat hulle minstens die morele moed kon gehad het om vir hom in die bres te tree en hom te ondersteun. Groter laaghartigheid as om ‘n soldaat soos De Kock, wat duidelik sy plig gedoen het, in die steek te laat, is moeilik voor te stel.
Voorts het Mnr De Kock sy aksies onderneem teen die agtergrond van ‘n bloedige en genadelose oorlog soos Genl vd Merwe dit ook skets in sy oorsig, “A conflict of the past; A factual review”, op Praag se Engelse bladsy.
Die storie dat parool nie toegestaan kan word aan ‘n gevangene voordat die “slagoffers” geraadpleeg is nie, is ‘n foefie wat net nie water hou nie. Die Minister van Korrektiewe Dienste, of wat hy ookal is, het pas in die parlement erken dat in slegs 5% van die gevalle waar parool tot dusver toegestaan is, die “slagoffers” geraadpleeg is. Sommerso sonder om te blik of te bloos. Ons kan dink aan dosyne gevalle waar blankes die slagoffers was en waar parool toegestaan is sonder dat die slagoffers geraadpleeg is. Want sien, soos met alles in Suid-Afrika, is daar slagofffers en slagoffers.
Eugène De Kock sit reeds byna twintig jaar in die tronk vir handelinge gepleeg tydens oorlogvoering. Honderde ander wat gruweldade gepleeg het binne die raamwerk van oorlogvoering loop skotvry rond en so ook De Kock se opdraggewers. De Kock, as hy hoegenaamd as misadadiger beskou kan word, het reeds sy straf uitgedien. Dis meer as hoog tyd dat hy vrygelaat word. Miskien kan De Klerk ‘n bietjie boete doen vir sy verraderlike versaking van sy volk deur ook vir De Kock se vrylating te pleit. Of is hy bang hulle vat dalk die halwe Nobelprys weer terug?
Karel presies soos ek dit ook insien.