President Zuma sal Dinsdag in die Nasionale Vergadering sy staatsrede lewer, het Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, gesê.
Daar was onlangs bespiegelinge oor die president se gesondheid, maar Mantashe het die versekering gegee dat hy op die been is tydens ’n inligtingsessie by die parlement.
Mediese besonderhede oor sy toestand is nie bekend nie.
Zuma se staatsrede is vroeër met twee dae vervroeg, en LP’s moes hul reisreëlings inderhaas aanpas.
Zuma sal nie Saterdag die begrafnis van oudpres. Thabo Mbeki se ma, Epeainette, bywoon nie.
Cyril Ramaphosa, adjunk-president sal die begrafnis namens die president bywoon. Ramaphosa neem tans waar as voorsitter van die kabinet se lekgotla wat Vrydag ten einde loop.
Hy moes Saterdag oorneem toe Zuma tydens sy openingsrede ongesteld gevoel het weens pyn in die nek en in die hospitaal opgeneem is. Hy is Maandag ontslaan.
Die president rus tans by Nkandla waar hy gereed maak vir die staatsrede.
Mantashe het ook die voorsitters van die parlementêre portfeuljekomitees aangekondig.
Jackson Mthembu, die ANC se vorige woordvoerder, sal as voorsitter van omgewingsake dien.
Vorige ministers wat nie kabinetposte gekry het nie, sal as komiteevoorsitters dien.


So, dit was toe nie rooi-strikkie-griep nie. Ek was nie bewus daarvan dat mens gehospitaliseer word vir ‘n pyn in die nek nie. Ja, laat ek sommer hier bevestig, ek sit met ‘n erge pyn in my anatomie na ek gelees het hy is perdfris.
Mmmmmm Zuma gee baie ouens n pyn in die g/nek.
Klink vir my na hospitaal sake Gas !
Nee wat ou Gas. Ontspan daai boud spiere man!
Hospitalisasie vir ‘n verslaapte nek – sjoe dan is hy pieperig en kleinserig. – Ek dink dit is eerder net ‘n verskoning om die begrafnis te mis – daar sal hulle hom uitsorteer!
Pyn in die nek, pyn in die gat, selfde ding.
Ne!!?? 666 was ook perdvris, en gesond aan n masjien.
Hung like a horse as ek so na die stort tonele kyk
Hier begin die hele Madiba lieg storie weer van vooraf.
Perdfris? Ag nee!
Zuma het ‘n pyn in die nek, maar hy is die land se pyn in die laer-af-as-die-nek.