President Zuma sal Dinsdag in die Nasionale Vergadering sy staatsrede lewer, het Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, gesê.
Daar was onlangs bespiegelinge oor die president se gesondheid, maar Mantashe het die versekering gegee dat hy op die been is tydens ’n inligtingsessie by die parlement.
Mediese besonderhede oor sy toestand is nie bekend nie.
Zuma se staatsrede is vroeër met twee dae vervroeg, en LP’s moes hul reisreëlings inderhaas aanpas.
Zuma sal nie Saterdag die begrafnis van oudpres. Thabo Mbeki se ma, Epeainette, bywoon nie.
Cyril Ramaphosa, adjunk-president sal die begrafnis namens die president bywoon. Ramaphosa neem tans waar as voorsitter van die kabinet se lekgotla wat Vrydag ten einde loop.
Hy moes Saterdag oorneem toe Zuma tydens sy openingsrede ongesteld gevoel het weens pyn in die nek en in die hospitaal opgeneem is. Hy is Maandag ontslaan.
Die president rus tans by Nkandla waar hy gereed maak vir die staatsrede.
Mantashe het ook die voorsitters van die parlementêre portfeuljekomitees aangekondig.
Jackson Mthembu, die ANC se vorige woordvoerder, sal as voorsitter van omgewingsake dien.
Vorige ministers wat nie kabinetposte gekry het nie, sal as komiteevoorsitters dien.

