
Zimbabwe is glo die land in Afrika met die hoogste geletterdheid sê ‘n swart webwerf. Volgens die nuutste opname is die land se geletterdheid 90,7%.
Die land se geldeenheid is egter minder werd as muurpapier.
New Zimbabwe.com, het pres. Robert Mugabe geprys vir Zimbabwe se goeie geletterdheid “omdat hy in 1980 na onafhanklikheid onderwys as ’n basiese mensereg verklaar het”.
Dié prestasie is ten spyte van die vernietigende ekonomiese krisis wat die land teister, behaal.
Volgens die resultate, wat deur The African Economist Magazine publiseer is, is Ekwatoriaal-Guinee in die tweede plek op 87% en Suid Afrika derde op 86,4%.

Streel maar net die Afrosentriese ego’s
Nou weet ek waar kom Zuma se pyn in die nek vandaan. Mmmmmmmmm.
Daar sal sowaar mense wees wat sal glo ook. FOEITOG jaaa.
Vir basiese geletterdheid sal ek dit glo – miskien kan 91% van hulle lees en skryf – dit is egter waar dit stop vir meeste van die mense. In die modernd wêreld is lees ek skryf ‘n voorvereiste om ENIGE IETS te kan doen so dit tel eintlik nie – dit is so nodig soos om te kan asemhaal.
Maak sin, Zim se mense weet hoeveel nulle in ”n biljoen en ‘n triljoen is. Dink net hoe moet hulle somme maak as hulle iets wil koop: “Hoeveel miljoen $Zim het ek oor nadat ek een Wison toffie gekoop het met my $zim1000000000 noot?” Hulle sal dus beter met basiese wiskunde wees.
Ek wonder wat deesdae met “geletterdheid” bedoel word. Geletterdheid is nie bloot om te kan lees en skryf nie, dis baie wyer.
Van watter vlak van geletterdheid praat mense hier ? Hoe kan ‘ geletterdes ‘ voortgaan om vir dieselfde sot regering te stem ?
Zim se speurders loop mos drie-drie saam. Een wat kan lees, een wat kan skryf. En een om ‘n oog op die twee intelektueles te hou.