Gauteng se motoriste skuld agterstallige e-tolgelde van meer as ‘n halfmiljard rand in die provinsie sedert die ongewilde e-tolstelsel op 3 Desember begin het.
Volgens die minister van vervoer Dipuo Peters is minder as 10% betaal.
Sy het op ‘n geskrewe vraag in die parlement geantwoord.
Die VPC is vir die invordering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap ( Sanral ) se agterstallige e-tolskuld verantwoordelik.
Vusi Mona van Sanral het gesê die R543.5 miljoen sluit beide dié van motoriste met e-skyfies se agterstallige rekeninge in, asook dié wat opgetel word deur die elektroniese hekke, maar nie geregistreer het vir die tolstelsel nie.
Mona kon nie dadelik sê watter persentasie van Gauteng se motoriste tot dusver aangeteken het nie.
In Peters se antwoord op die vraag in die parlement is ook onthul dat ‘n bedrag van R54 735 638 [ BTW uitgesluit ] op die insameling van die skuld uitgegee is.
Hierdie syfer sluit R32.8 miljoen posgeld en druk van fakture in, asook ‘n verdere R21.9 miljoen vir die insamelingsproses.
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, OUTA, het die uitklaring deur die Johannesburgse metropolisie verwelkom dat onbetaalde e-tol rekeninge nie kan lei tot die weerhouding van voertuiglisensies, swak krediet of kriminele rekords nie.
Die versekering is deur die direkteur van lisensiëring en vervolging, Gerrie Gerneke gegee.
‘n Woordvoerder vir OUTA, John Clarke sê motoriste kan ook nie in hegtenis geneem word vir uitstaande e-tol rekeninge nie.
Hy sê die nie-betaling van e-tol rekeninge is nie ‘n verkeersoortreding wat kan lei tot die weerhouding van voertuiglisensies nie.

Nee wat, ek het nie geregistreer nie, en sal steeds nie registreer nie.
Soos al vele kere hier en op ander plekke gesê – Zuma het nie gevra vir die opgraderings aan Nkandla nie en wil dus nie daarvoor betaal nie. Net so het ons nie vir e-trol gevra nie en wil nie daarvoor betaal nie.
Die makmo3re stuur ook vir jou ‘n rekening 3 maande na die transaksie en verwag dan jy moet boetes daarop betaal – hulle kan gaan doppies blaas.
Lekker!! Gedink hierdie geldgieriges gaan gou ‘n paar maklike rande maak.Toe byt dit hulle aan die exhaust pyp! Implimenteer iets deur dit te stoomroller en agterna kom dan agter dit werk nie. Hulle het duidelik nie rekenskap gehou met die droëvuisvoosbelastingbetalerskoei nie.
Ek sal NIE registreer nie en die rekeninge wat ek in die pos kry kom handig te pas wanneer ek die braaivleisvuur met dit aansteek. Ek moet net pasop dat ek net nie voedselvergiftiging kry nie.
‘n Goeie idee om die agterstallige gelde in te vorder is om Nguni se Super Kraal op ‘n vendusie te sit. Miskien kry hulle ‘n gedeelte terug.
Staatsdien amptenare julle moet maar bele in n privaat pensioenfonds julle geld is weg!