Liggaamsdele glo by Johannesburg-hospitaal verkoop

joburghospitalBewerings van liggame wat by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg verkoop word, word ondersoek.

‘n Woordvoerder van die Gautengse Departement van Gesondheid, Hope Papo, sê hulle beskou die bewerings in ‘n ernstige lig.

Die ondersoek volg na bewerings dat minstens een liggaam vir 800 rand aan ‘n begrafnisondernemer verkoop is.

Die Departement het ook gehoor dat hospitaalamptenare onwettig in besit is van stempels van ondernemers, en dat nog ‘n liggaam sonder die familie se toestemming uit die hospitaal se lykshuis aan ‘n ondernemer verskaf is.

Papo sê drie mense wat by die saak betrek word, is van hulle pligte onthef. – RSG

54 thoughts on “Liggaamsdele glo by Johannesburg-hospitaal verkoop”

    1. More Willy – wat my meer bekommer is dat die spul op ‘n stadium gaan besef daar is geld te make uit organe. Ons is mos nou deel van BRICS wat se waardesisteem heelwat anders is as die westerse waardesisteem waaraan ons gewoond is.

      As die orgaanhandel ding van die grond af gaan kom sal jy sien dat baie onderdele veral na Sjina en Brasilieë uitgevoer sal word. Hoeveel mense sal dan aan “natuurlike oorsake” in die staatshospitale omkom? Hoe weet jy ‘n lyk wat gestuur word vir verasssing en/of teraardebestelling bevat al sy binnegoed?

      As hulle gewetens so afgestomp is dat hulle medisyne wat veronderstel is om gratis aan armes uitgedeel behoort te word aan die armes verkoop is dit nie ‘n groot sprong tot orgaanhandel nie.

          1. Arnieann ek kan onthou van die een van Sjina. Dit was mos daai Sjinese seun wie se oë gesteel was. Wat ek van praat het ‘n HELE ruk terug gebeur in een of ander lokasie. Kan iemand so iets onthou? Onthou nou die dag het hulle bloed gesteel by iemand!

          1. Ek gaan my hele vel met klein tokkelosies laat tatoo.
            Ek is verseker van ‘n volledige begrafnis. Wê !!

          1. Ek het my gekraak nou die oggend! En die ou tannie wat die stempel so hard slaan op die papiere haal haar frustrasies uit omdat die oom nou weer iets gesê en gedoen het!!

          2. Bly jy het dit ook gehoor! Dit was sooooo snaaks dat ek kliphard gesit en lag het in die kar en mense het my aangekyk of ek van ‘n ander planeet af kom! Kon myself net nie help nie! Die man het darem ‘n sin vir humor nê!
            Gehoor vanmore met daai klein snotkop Justin Bieber wat uit die bordeel gekom het gisteraand? Sy sekuriteit het ‘n laken oor hom gegooi.

          3. Ek geniet sy humor! Al gehoor wanneer hy die regering en Malema aanvat? Dan lag ek! Dis hilarious! My oë traan so kan amper nie sien watse kleur is die verkeersligte nie!
            Ek het vanoggend geluister. Lekker gelag. Daardie mannetjie leef die lewe te vinnig na my sin.

          4. Dis nou as Justin uit die bordeel gehardloop kom met die laken oor hom dan kan die verslaggewers die ultraviolet lig gebruik vir ‘n storie! (hy het dit sooooo vinnig gesê en dadelik musiek gespeel daarna. Ek het ‘n hele paar blokke verder eers gekop wat hy probeer sê!!!

          5. Te oordeel aan die klein windgat sal dit ‘n een sinnetjie artikel wees want ek dink hy het tafeltennis balletjies, heel hol.
            Los my nou, ek is besig met my flippen tax!!! Hoor ek het net tot die 22ste en ek het miljuisend donorse papiertjie!!! Nee moenie iets nou tjap nie dan is ALLES weer deurmekaar!!!

          6. So ja…..pakkies gemaak en opgetel……my ou taxmannetjie kan nou net tik dat die biesies bewe en hopelik kan ek ‘n ekstra brood koop teen die tyd wat hulle klaar is met dit. Nou gaan ek maar terug in hibernasie in tot more vroeg! As iemand baklei hou dit skoon hoor. Geen bloedstrepe op die skerms nie. Lekker gesels vandag maaaatjies. Lekker shlaapies hoor! Ek wens ek kan vir jou ietsie stuur van Justin in Cape Town!!!

          7. Willy, ek het vir Arnieann dit gemail en gevra sy moet dit vir jou stuur van die Cape Town Justin Bieber! DIS SOOOO SNAAKS

          8. Dankie JAVR. Ek het vandag baie tyd want die duime-operateur, Gas, Jy Lieg, Johan, Das en Dink net bietjie is uitstedig vandag.
            VERMOEDE is opgegradeer na SEKERHEID!
            Wag ek moet gou na die berig: Kom ons maak soos Jode en kla…sy kinderagtigheid gaan hok slaan!
            Veilig ry.
            Lekker aand.

          9. Rian moet pasop wat hy kwytraak oor die ou tannies se hamme. Wonder of hy weer gebl&*$em wil word soos op Nelspruit tydens die Inniebos Fees. hahaha

Maak 'n opvolg-bydrae