Bewerings van liggame wat by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg verkoop word, word ondersoek.
‘n Woordvoerder van die Gautengse Departement van Gesondheid, Hope Papo, sê hulle beskou die bewerings in ‘n ernstige lig.
Die ondersoek volg na bewerings dat minstens een liggaam vir 800 rand aan ‘n begrafnisondernemer verkoop is.
Die Departement het ook gehoor dat hospitaalamptenare onwettig in besit is van stempels van ondernemers, en dat nog ‘n liggaam sonder die familie se toestemming uit die hospitaal se lykshuis aan ‘n ondernemer verskaf is.
Papo sê drie mense wat by die saak betrek word, is van hulle pligte onthef. – RSG
