
Die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo het Dinsdag aangekondig dat hy ‘n “totale oorwinning” oor die M23-rebellebeweging behaal het.
“Die laaste elemente van die M23 het onder druk van die Kongolese weermag (FARDC) hul posisies in Runyonyi en Chanzu verlaat,” het die land se minister van kommunikasie in ‘n SMS-boodskap aan die nuusagentskap AFP gesê.
Die minister het verwys na twee posisies sowat 80 km noord van die stad Goma. – Sapa/AFP

Hulle gaan net wonde lek. en weer toeslaan elders.
Daar sal nooit ‘n einde aan kom nie.
Missie voltooi Zuma. Nou vir die huishoudelike probleme wat daar aandag geskenk moet word.
Die liberales doen Zuma se “House keeping” sodat hy genoeg tyd kan kry om sy neus in ander lande se sake te steek.
Zuma het van die beste konsultante tot sy beskikking. FW het dit eers lig jare na sy oorgawe ontdek.
jacob’s mining interest are covered now
Die M23 het met dik gerookte laatjies op bromponies en ou Ak’s die Suid Afrikaanse mage op die hol gejaag wat soos lafhaarts gevlug het vir hulle lewens! Nou gebruik hulle ‘n sogenaamde VN mag teen die M23 rebelle en het tot Rooivalk helikopter “gunships” met masjien kanonne en misiele soontoe geneem, wit geverf as kamptige VN helikopters en seker ook oud SALM vlieniers wat as “huursoldate” werk om die gevegs helikopters te vlieg! Aangesien Zuumpie se vlieniers nie omtrent kan opstyg sonder om te crash nie!
Die nou Zuumpie se revenge! En seker ook soos genoem maak hy nou persoonlik geld uit myn belange terwyl hy soos ou Bob Mugape die land se weermag en krygtuig uithuur aan sy nuwe chommies wat hom dan persoonlik met myn belange vergoed! Sy vet neef is seker ook daar betrokke!
Dit is die Zuma besigheid sekerheids maatskappy genaamd die SAW wat sy familie se diamante oppas.
Voor ek vergeet – begin nou al om SACOIL aandele te koop – Tito Mboweni se maatskappy se aandele gaan hoog spring binnekort.