Kusile, Medupi sal teen 2014 krag lewer

Kusile
Kusile

Kusile in Mpumalanga, Suid-Afrika se steenkoolaangedrewe kragstasie kan die eerste elektrisiteit teen die einde van 2014 lewer.

Eskom sê die Medupi-aanleg in Limpopo sal ook teen die tweede helfte van aanstaande jaar begin krag lewer.

Bouwerk aan Medupi is met minstens ses maande vertraag weens arbeidsonrus en die beweerde wanprestasie van kontrakteurs.

Eskom het eers laasmaand ’n belangrike oorwinning behaal wat sy vermoë versterk het om Hitachi Power Africa tot verantwoording te roep vir brouwerk by die Medupi-perseel.

Vyf appèlregters het bevestig dat Eskom daarop geregtig is om waarborge aan te vra wat verseker dat Hitachi sy werk behoorlik en tot die bevrediging van Eskom doen. – Sapa

7 thoughts on “Kusile, Medupi sal teen 2014 krag lewer”

  1. Nou is hulle baie trots op hulself. Een of twee ontwikkelings met onrus probleme in twintig jaar!
    Iemand wat weet gee asb inligting hoeveel regeringsamptenare het belange in Hitachi? Ek het dit iewers gehoor. Dit sal baie interessant wees.

    1. Chancellor house – die ANC se beleggingsbeen besit 30% van Hitachi ZA sover ek weet.

      Ek het verstaan eerder Maart 2015 eerder as einde 2014 van mense betrokke by die projek.

      Hulle blameer dit op “wanprestasie” van die kontrakteurs. Die reëls het vereis dat dat hulle lokale mense in diens neem om sweiswerk te doen. JY NEEM NIE IEMAND VAN DIE STRAAT AF EN MAAK HOM ‘N “CODED-WELDER” IN TWEE MAANDE NIE. Die tipe opleiding neem tyd en hulle sulkes gebruik om kritiese swysnate in die stoomketels te maak. Nou word dit oor gedoen.

Maak 'n opvolg-bydrae