
Kusile in Mpumalanga, Suid-Afrika se steenkoolaangedrewe kragstasie kan die eerste elektrisiteit teen die einde van 2014 lewer.
Eskom sê die Medupi-aanleg in Limpopo sal ook teen die tweede helfte van aanstaande jaar begin krag lewer.
Bouwerk aan Medupi is met minstens ses maande vertraag weens arbeidsonrus en die beweerde wanprestasie van kontrakteurs.
Eskom het eers laasmaand ’n belangrike oorwinning behaal wat sy vermoë versterk het om Hitachi Power Africa tot verantwoording te roep vir brouwerk by die Medupi-perseel.
Vyf appèlregters het bevestig dat Eskom daarop geregtig is om waarborge aan te vra wat verseker dat Hitachi sy werk behoorlik en tot die bevrediging van Eskom doen. – Sapa
