Transnet se kredietgradering verhoog

transnetTransnet se kredietgradering is deur die kredietgraderingsagentskap Fitch verhoog van BB Plus na BBB.

Die uitvoerende hoof van Transnet, Brian Molefe sê die opgradering bevestig die sukses van pogings om die maatskappy se sake en finansiële posisie te versterk.

Hy sê dit bevestig ook Transnet se vermoë om fondse in te samel in die markte op grond van sy balansstaat, sonder om op regeringswaarborge staat te maak.

Transnet beplan om ‘n derde van ‘n R307 miljard se infrastruktuur-beleggingsprogram in te samel van ‘n verskeidenheid van bronne. – RSG

5 thoughts on “Transnet se kredietgradering verhoog”

      1. Goeiemôre JAVR. Toe ek hierdie berig lees toe dink ek dat tot die melk en roomkanne met die spoor vervoer was. Daardie selfde middag was dit weer gehaal op die klein spoorwegstasie! En nie een kan was gesteel of het weggeraak nie.
        Those were the days.

          1. Sjoe kan jy nou meer! Nog nie so opgelet. Maar ja dis nie verbasend nie. Sal uitkyk vir die “spikes” Gewoonlik vloek ek die trokbestuurder want hulle ry mos in die vinnige baan van die snelweg.

Maak 'n opvolg-bydrae