Boulers moet hul kant bring

Suid-Afrika se kolwers het Woensdag in die derde toets op Nuweland hulself laat geld en indien die boulers vandag hulle kant bring, kan hulle stof in die Engelse se oë skop.

Engeland, moet 466 aanteken nadat Suid-Afrika sy beurt op 447/7 gesluit verklaar het. Teen uitskeityd het die Engelse op 132/3 gestaan.

Jonathan Trott (24*) en James Anderson (0*) sal vanoggend voortkolf met Engeland wat nog 334 vir ‘n oorwinning moet aanteken.

Dale Steyn het die waardevolle paaltjie van Kevin Pietersen in die laaste skof opgeëis.

 

зимняя верхняя одежда для девочек распродажаАлександр Фильчаков

Proteas het waardige voorsprong

Morné Morkel het Graeme Swann met die eerste bal van die dag, Dinsdag, uitgehaal en daarna vir James Anderson met die volgende bal. Anderson moes sonder ‘n enkele lopie terugstap kleedkamer toe.

Engeland het die dag op 241 lopies vir die verlies van 7 paaltjies afgeskop, 50 lopies agter Suid-Afrika se eerste beurt totaal van 291 lopies.

Die Proteas het met ‘n waardige voorsprong in die derde dag van die derde toets op Nuweland in Kaapstad hulle plekke op die veld ingeneem.

‘n Vasberade Dale Steyn het Engeland se laaste paaltjie gebuit toe hy Matt Prior vir 76 uitgeboul het.

Engeland is uit vir ‘n totaal van 273 lopies. Suid-Afrika het tans ‘n voorsprong van 18 lopies.

детские магазины харьковЛобановский

Kallis, Steyn staan steeds

Suid-Afrika staan op 279/6 vir die derde Castle-toets op Nuweland wat weens swak lig gestop moes word.

Met 83 van die 90 boulbeurte reeds gespeel, het dit onwaarskynlik gelyk dat hulle verder sal speel.

Jacques Kallis bly onoorwonne met 108 lopies en Dale Steyn staan steeds met 26 lopies aangeteken.

автомойка самообслуживания купитьАлександр Фильчаков

Suid-Afrika sak weens politieke keuses uit

Engeland het die Proteas Woensdag met ’n beurt en 98 lopies vernietig in die tweede kriekettoets op Kingsmead in Durban.

Engeland loop nou met 1-0 voor in die reeks van vier.

Graeme Smith het erken dat Suid-Afrika besonder swak gevaar het en dat hulle hul sokkies sal moet optrek as hulle die reeks wil wen.

Die groot knelpunt is die teenwoordigheid van Makhaya Ntini in die span. Hy kon nie een paaltjie in die afgelope toets neem nie.

In Centurion kon hy slegs twee paaltjies buit. Maar omdat hy weens politieke redes ingesluit word, lyk dit of sy plek verseker is in die reeks.

Volgens Media24 word Ntini as ’n “politieke rolmodel vir jong, swart spelers” beskou.

Die derde toets sal Sondag in Kaapstad begin, en die laaste een sal in Johannesburg beslis word.

 

металлические брекеты ценаФильчаков прокурор харьков

Proteas Proteas?

Reën op Kingsmead is al wat Graeme Smith se span sal kan red.

Suid-Afrika het Dinsdag in die tweede toets in sy tweede beurt teen Engeland lelik kleigetrap en kolwers het meegeding om te kyk hoe min tyd hulle voor die paaltjies kan deurbring met 76/6 in die tweede beurt nadat Engeland  575/9 in sy eerste beurt behaal het.

Jacques Kallis is uitgeboul sonder dat hy ’n hou kon speel.

Dit gee aan die toerspan ’n voorsprong van 232 lopies. Die tuisspan benodig vandag nog ’n verdere 156 lopies om Engeland weer te laat kolf.

Clive Rice, oudspeler, se uitlatng dat die Proteas nie veel beter as Bafana Bafana vaar nie, is met gelatenheid deur die oorblufte Suid-Afrikaners aanvaar wat op ‘n stadium 5 paaltjies vir slegs 13 lopies  prysgegee het.

how to promote your businessлобановский александр дочь

Engeland sluit eerste beurt

Engeland het hul eerste kolfbeurt afgesluit op 575 vir nege paaltjies op die vierde dag van die tweede Castle-toets teen Suid-Afrika by die Kingsmead-stadion in Durban.

Engeland loop voor met 232 lopies.

Ian Bell het die meeste lopies aangeteken, met 141, en Alastair Cook het ook die honderdtal bereik.

Die suksesvolste boulers was Morne Morkel en JP Duminy, met drie paaltjies elk. Dale Steyn het ook twee paaltjies geneem.

 

reviewtopcargo развод

Ntini eerder as Friedel

Die Proteas se nuweling-bouler Friedel de Wet sal waarskynlik sy plek in die span moet prysgee as die vinnige Dale Steyn fiks verklaar word om die tweede Castle Lager toets Saterdag teen Engeland te speel.

Suid-Afrika se kaptein Graeme Smith het gesê daar is nie veel twyfel wie gaan boul as Steyn gereed is nie.

“Die drie ouens wat die werk in die verlede moes doen, was baie suksesvol,” het Smith gesê.

“Makhaya (Ntini) dra baie ervaring by tot ons aanval. Hy het dalk nie so goed geboul op Centurion soos ons sou wou hê nie, maar hy is ‘n speler wat ek beslis ondersteun, en hy was nog altyd ‘n belangrike komponent tydens my termyn as kaptein.

“So ek glo regtig hy gaan in die volgende toets goed boul.”

Volgens Smith bied Morné Morkel afwisseling met sy vaart en wipballe.

“En dit was wonderlik om te sien hoe goed Friedel (de Wet) gedoen het, maar ek dink as Dale gesond is, die twee spelers plekke sal ruil,” het Smith gesê.

De Wet het Sondagmiddag drie paaltjies in ses boulbeurte laat kantel om Suid-Afrika hoop te bied om die toets te wen.

Die toets het egter gelykop geëindig.

 

палатка купить киевлобановский александр дочь

Kriekettoets eindig met naelbytery

Suid-Afrika was Sondag baie naby om die eerste Castle Lager toets teen Engeland op Supersport Park te wen, maar Graeme Onions het vir 19 minute uitgehou en gesorg vir ‘n senutergende kolfbeurt wat die twee spanne gelykop laat eindig het.

Teen die einde van die wedstryd het Engeland 228 vir nege gehad en was hulle 106 kort van die totaal wat hulle vir ‘n oorwinning nodig gehadhet.

 

ігри для дєвачеклобановский александр игоревич класс

Engelse veg terug

Nadat hulle die Suid-Afrikaners kort ná teetyd op die tweede dag van die eerste toets vir 418 uitgeboul het, het die Engelse teruggeveg en die dag op 88-1 afgesluit.

In die afwesigheid van die beseerde Dale Steyn, was Makhaya Ntini die aanvangsbouler.

Friedel de Wet, wat sy toetsdebuut vir die Proteas gemaak het ná Dale Steyn se besering, het ‘n wankelrige begin met die bal gehad, maar in die derde boulbeurt het hy sy eerste toetspaaltjie gevier toe Alistair Cook vir 15 uitgevang is deur Boucher.

Aan die einde van die dag was Andrew Strauss op 44 en Jonathan Trott op ‘n onoorwonne 18.

 

в москвеалександр лобановский класс

Kallis spog met driesyfer

Jacques Kallis het Woensdag ‘n honderdtal aangeteken in die eerste dag van die eerste toets teen Engeland op SuperSport Park.

Suid-Afrika het die dag geëindig met 262 lopies vir vier paaltjies en 90 boulbeurte waarvan Kallis 112 lopies aangeteken het.

Graeme Smith is uit sonder enige punte op die telkaart en Suid-Afrika het daarna slegs 93 lopies vir drie paaltjies en 159 vir die vierde paaltjie aangeteken.

Kallis en JP Duminy het hul goed van hul taak gekwyt en ‘n vennootskap van 103 lopies aangeteken voor die einde van die eerste dag.

 

песочный набор для детейtopcargo отзыв

Bedorwe Proteas gee saggies oor

Sou daar ‘n wedstryd op St. George’s Park in Port Elizabeth wees, sal dit die kaptein betaam om te luister na kenners wat dié blad en die omstandighede ken, iemand soos, sê nou maar, Keppler Wessels. Hy het ‘n vrag wedstryde daar gespeel, meeste as kaptein. En hy sal vir die kaptein sê, in die woorde wat hy tydens gister se televisie-uitsending gebruik het, dat as die wind waai, en dis bewolk en dis bedompig, moet jy nie, as jy die loot wen, besluit om te kolf nie.

Smith hét die loot gewen, hy hét nie na Keppler geluister nie en hy hét besluit om te kolf. Fout. Die eerste uur van die wedstryd het die bal weggekaats van die naat en was daar ‘n angel in die blad. Daarna het die wind en die son die blad uitgedroog en was dit so mak soos Roelf Meyer se politiek. Maar na ‘n uur was die Proteas se doppie reeds geklap want die toporde het toe reeds energiedrankies in die paviljoen gesuig.

Nie dat die blad sonder medepligtiges was nie. Die Proteas het gekolf asof hierdie beurt ‘n voortsetting van Vrydag se lopievloed op Nuweland was. Dit was nie en dit was asof dit die Suid-Afrikaanse kolwers so nukkerig gemaak het dat hulle geweier het om vas te byt en te konsentreer. Smith het self ‘n hele twee lopies tot sy span se fortuin bygedra en Amla 11. De Villiers het 99 lopies minder as Vrydag se 121 gekry en Duminy het nóg ‘n rondte teen die kortbal verloor om agter die penne deur Prior van Anderson uitgevang te word.

Die enigste kolwer wat enige toewyding getoon het, was die onbesonge Alviro Petersen met sy derde agtereenvolgende vyftigtal. Hy was laaste uit op 51 met Suid-Afrika op ‘n skandalige 119.

Die verloopte Suid-Afrikaners, Jonathan Trott en Andrew Strauss het 80 persent van die lopies aangeteken voordat Morgan by Trott aangesluit het om die taak af te handel.

Jimmy Anderson was die Man van die Wedstryd met sy beste ontleding ooit van vyf vir 23.

Engeland is nou 2-1 voor in die reeks met nog net een wedstryd, Vrydag, in Durban oor.

free casino gamblingtopcargo развод

AB de Villiers kasty die Engelse

AB de VilliersSo omtrent twee jaar gelede, toe die gestryery oor sy aanwending op die hewigste was – was hy ‘n spesialiskolwer of ‘n kolwer/paaltjiewagter? – het AB de Villiers aangekondig dat hy nie weer die vangerhandskoene sal aantrek nie. Sy plan, sy vasberade doel, was om die “beste kolwer” in die wêreld te word. Hy is dit miskien nog nie; nie op die ranglyste of in die oë van ander spelers of selfs die publiek nie. Maar gisteraand, vir omtrent twee glorieuse ure, was daar nie ‘n beter toepasser van die kuns en ambag van die kolwer as dieselfde jong De Villiers nie. Hy het ‘n beurt van groot presiesheid, volmaakte tempo en ‘n koelbloedige verwoestheid gespeel. Hy het gedryf, gehaak, getrek, gekap, laat gekerf en, in ‘n oomblik van verblindende genialiteit ‘n volbal van ‘n naatbouler oor die kop van die paaltjiewagter getrek vir ‘n stuitige viertjie.

Graeme Smith het die loot gewen en, omdat dit Nuweland is en om hier onder ligte te kolf altyd moeiliker as in die dagskof is, maar natuurlik besluit dat die Proteas eerste sal kolf. Die Suid-Afrikaanse masjien, wat maar kroeserig geloop het tot dusver hierdie seisoen, het nou wel nog nie glad teen hoë toere geloop nie, maar al die silinders het darem gevuur. Graeme Smith en Hashim Amla wat instaan vir die beseerde Kallis, het ‘n moeitelose honderdtal vir die eerste paaltjie gedeel, met Smith wat in gewone bombastiese styl die bal plat geslaan het aan die een kant en Amla, met sy gewrigte wat so vinnig en sekuur knak soos ‘n spykertafel se flapperspane, wat die bal keer op vloeiende keer om die veldwerkers gekaats het.

Smith is uiteindelik van ‘n speserylose aflewering van Luke Wright uit en Amla het aangehou kolf tot op 86 voordat hy ‘n Broad-aflewering met die onderkant van sy kolf na die handskoene van paaltjiewagter Matt Prior gestuur het. Teen dié tyd was AB reeds voor die penne en hy het enkellopies met die pligsgetrouheid van ‘n saaiboer geoes en, wanneer die losbal aangebied is, dit met ‘n sekere koelbloedigheid toue toe gejaag.

JP Duminy het gekom, gesukkel teen die hoë bal, en vir ses gegaan, maar in Alviro Petersen het De Villiers net die regte vennoot gekry, iemand wat sy eie viere kon slaan, maar wat meestal bereid was om die slag oor te gee aan AB.

De Villiers het sy honderdtal van ‘n inhalige 75 balle geslaan en is tien balle later op 121 uit, die eerste keer wat hy ‘n hou se tyd misreken het – uitgevang op halfby deur Trott van Broad se boulwerk.

Boucher het ingekom en twee lopies van elke bal geslaan voordat hy op 22 uit is. Suid-Afrika se beurt het geëindig op ‘n intimiderende 354 vir ses.

Engeland het vir Luke Wright as verkenner uitgestuur om die beurt te open en hy het die bal lustig rondgeslaan, voordat hy ‘n Parnell-aflewering na regby geloods het om deur Ryan McLaren uitgevang te word. Na ‘n aanvanklike bloeitydperk, het die Engelse kolwers dit moeiliker begin vind om lopies te vind teen die boulwerk van veral Morné Steyn, terug uit die wildernis, en met ‘n nuwe veglustigheid en ‘n gemiddelde boulspoed van meer as 140km/u. Duminy het sy opwagting as toller gemaak en was astrant genoeg om vir Kevin Pietersen om sy bene te boul en toe nog die sakgrootte sloegmeester, Eoin Morgan, gekry om die bal na Johan Botha op diepby te slaan.

Collingwood het weer gekolf asof hy die enigste Spitfire is wat die Engelse Kanaal verdedig maar Parnell, wat intussen sy eie angel gevind het, het hom deur Amla laat uitvang, en van daar was die skrif in neonligte teen die muur aangebring.

Parnell het geëindig met sy beste ontleding van vyf vir 48 en Suid-Afrika wen met 112 lopies.

Almal weet Suid-Afrika is die beter krieketspan, en hierdie oorwinning moes, maar was nie heeltemal nie, roetine gewees het.

Sondag tree die spanne op St. George’s in Port Elizabeth aan. Momentum, talent en veggeestigheid is aan Suid-Afrika se kant. Dis tyd vir wen om weer ‘n gewoonte te word.

что делает пародонтологалександр лобановский класс

Krieket bekyk swak bywoning

Krieket Suid-Afrika, KSA, het IFM Sports Marketing Surveys South Africa aangestel om na die moontlike oorsake vir die swak bywoning van die Proteas se openingswedstryde teen Engeland te kyk.

16 600 toeskouers het die Wanderersstadion vir die eerste Twintig20-wedstryd volgesit, terwyl 7 934 toeskouers op SuperSport Park in Centurion kaartjies gekoop het.

Die uitvoerende hoof van KSA, Gerald Majola, het gesê hulle hou daarvan om van toeskouers te hoor.

“Die laaste opname wat onder toeskouers gedoen is, het regtig interessante insigte opgelewer wat ons toe opgevolg het. Mense het my gevra vir meer inligting en ons het ‘n platform op Facebook en Twitter geskep en dít het ons interaksie met ons aanhangers laat verbeter.”

Majola het gesê die Proteas verdien om voor ‘n groot skare te speel en het belowe dat KSA sy bes sal doen om Suid-Afrikaners 100% agter hulle span te kry.

Marc Jury, besturende direkteur van IFM, het gesê hul navorsing wat verskillende sportgedrag ontleed, toon dat “energie” en die “atmosfeer” van ‘n wedstryd in die stadion ‘n kritieke element is om ondersteuners te lok.

“Die regstreekse ondervinding het nie tred gehou met die gemak van die “TV-weergawe” nie dus verkies mense om in hul sitkamers eerder as in ry F te sit.”

Jury het gesê besluitnemers maak dikwels besluite wat op gevoel gebaseer is en luister nie na die ondersteuners nie.

“KSA is besig om pro-aktiewe stappe te neem om seker te maak spelers soos Smith, Pietersen, Strauss en die res van die spanne speel voor vol stadions die res van die somerseisoen.”

Die opname wat gedoen is, sluit onderhoude en aanlynnavorsing op KSA se webwerf in.

Navorsers was Vrydag by die OR Tambo Internasionale Lughawe asook Sondag se tweede eendagwedstryd by SuperSportpark om inligting in te samel. Die aanlynopname sal binnekort op KSA se webwerf te siene wees.

 

справка освобождениеДанильченко Харьков

SA se ratte slaan vas op Centurion

Engeland het gister die tweede eendagwedstryd teen Suid-Afrika met sewe paaltjies gewen. Andrew Strauss het die loot gewen en die Suid-Afrikaners ingestuur om te kolf.

Op ‘n blad wat heelwat stadiger en suiniger was as die gewone Centurion-lopiefabriek, het die Proteas lusteloos gekolf. Eintlik was die slag reeds in die negende beurt gelewer toe AB de Villiers knap uitgevang is op punt deur ‘n vlieënde Paul Collingwood. Teen dié tyd het Graeme Smith reeds sy sit in die paviljoen gekry nadat hy vir net 12 uit is.

Amla het vloeiend maar vonkloos gekolf vir 57 lopies in 72 balle en Duminy het goed gelyk tot op 41 toe hy te fraai probeer wees het en die bal nie na derdeman nie, maar na die handskoene van Prior van die kolf laat afgly het. Alviro Petersen het die bal jolig geklop voordat hy dieselfde houtjie probeer het en sy dwarsbalkie gelos het om ‘n Bresnan-bal te keer.

Suid-Afrika se beurt het op presies 250 geëindig.

Hierdie was ‘n blad wat die bloedige, konsentrerende kolfwerk van Engeland beter as die meer flambojante Suid-Afrikaners gepas het. Dit is onderstreep deur ‘n metodiese, geduldige honderdtal van Paul Collingwood.

In eendagwedstryde is daar min terugkeerkanse. Suid-Afrika kan, en sal waarskynlik, beter in volgende wedstryde kolf.

Engeland loop nou een-nul in die reeks voor nadat die eerste wedstryd Vrydagaand uitgereën het.

 

crown graphic vs speed graphicлобановский политик