Anton, ‘n mens kan in Afrika nie ‘n koolbredie kook en hoop dat die vliëe dit nie sal toepak nie. Maw jy is gedoem as jy jou eie belang voorop stel en nie die land se belang nie.
Wat verstaan jy onder die begrip selfbeskikking?
Rig briewe aan: briewe@praag.co.za.
Anton, ‘n mens kan in Afrika nie ‘n koolbredie kook en hoop dat die vliëe dit nie sal toepak nie. Maw jy is gedoem as jy jou eie belang voorop stel en nie die land se belang nie.
Wat verstaan jy onder die begrip selfbeskikking?
Oral waar mens in dorpe kom, sit daar swartes langs die strate en “werk” soek. Meeste soek eintlik net geld, nie werk nie. Hulle sal enige klein werkie wat aan hulle uitgedeel word, tot in lengte van dae rek. Dan kom bedel hulle nog geld, kos, en ander “byvoordele” sodat hulle waaragtig die werkgewer tot op die laaste kan droogsuig. Blankes wat by verkeersligte bedel, met dalk ‘n armsalige vroutjie en kind wat op die middelmannetjie sit om verdere oortuiging van hul swaarkry te verleen, raak ook al hoe meer algemeen.
Die geskatte 800 000 blanke plakkers is ook dikwels in die nuus. Selfs oorsee verlustig die media hulle daarin om programme te maak waar die eens magtige blanke volk van Suid-Afrika nou hul heenkome in plakkerskampe moet gaan soek. Volgens berigte is die situasie in dié plekke maar benard; mense kry nie werk nie, hulle sukkel om kos op die tafel te sit, blyplek is skaars en ellende blyk die arme mense se lot in die lewe te wees.
Met die naasteliefde wat die Christen blanke meestal kenmerk, oorweeg baie werkgewers dit deesdae om werk aan behoeftige blankes te voorsien, om sodoende hul lot te verbeter of om ten minste die daaglikse las vir hulle bietjie ligter te maak. Op verskeie konserwatiewe webtuistes is daar al hoe meer advertensies of berigte waar blanke maatskappye of boerderye blankes in diens wil neem. Ook in die baie min konserwatiewe koerante in hierdie land sal mens dikwels advertensies vir blanke poste sien.
En met al hierdie verskynsels, onthou ek nog duidelik die woorde van ‘n oud-Rhodesiër wat in 1989 vir my vertel het dat die ergste ding van ‘n swart regering en van ‘n vervalle blanke staat is dat soveel blankes erger en slegter as die swartes raak. Hulle daal tot op die vlak – en dikwels laer – as ‘n slegte swarte.
Nou ja, dit het ek weer verlede week – vir die tweede keer in die afgelope drie jaar – ervaar toe ek twee blanke manne in diens neem hier op die plaas. R2000 per maand, plus twee stelle werksklere, gemeubileerde verblyf met krag en water, gratis wasgoed wat vir hulle gedoen word, selfoon, twee-rigting radio, kruideniersware en kos en drinkgoed om hulle aan die gang te kry.
In die fleur van hul lewe, 30 en 38 jaar oud. Gesond, fris, met albei hande, oë, bene, longe en ore. Alles, so het ek in my onkunde gedink, om ‘n eerlike dag se werk hier op die plaas te kan verrig. Maar helaas, die werksetiek, die werkstrots, die sin vir verantwoordelikheid, die selfdisipline, dit is ongelukkig van die meer belangrike eienskappe wat ontbreek het. Slegter as ‘n swarte sê ek jou, slegter! Sonder die vermoë om agter hulself skoon te maak en op te ruim, sonder die wil om ‘n trots in hulself te betoon, sonder inisiatief, sonder ‘n eelt of ‘n blaas op hul sagte handtjies. Siestog. Maar as hulle in die oggend inval, dan is die bakhande al reeds in plek: lugtyd, suiker, doktorsafspraak, ‘n vleisie, noem maar op.
Nou ja, ek kners op my tande, ek verduidelik, ek praat mooi, ek praat hard, ek probeer die selfrespek in hulle opwek. Aikôna, hier is die kole reeds koud, geen vlam maak nog lig in hul duisternis nie. Take bly agterweë, gereedskap word sommer in die veld gelos, gasstoof brand 3 ure lank, totdat die ketel swart gebrand is. ‘n Ander man betaal mos die gas en die skade. Ek is 50 jaar oud, ‘n spesifieke taak neem my 2 ure, dit neem hulle ‘n hele dag en dan is dit half gedaan. Kom staan soms by die klein hek: “Wat moet ek nou doen meneer?”. Ek roep dikwels smôrens op die radio: “Waar is julle kerels, dis al 07h15!?” Dan wil een weet of hy sy “quad” fiets plaas toe kan bring. Dan wil die ander weet wanneer kry hulle betaling. Ai!
Ek is geleer: eers werk dan betaling, dan die beloning. Eers prestasie, dan bevordering. En soms werk jy jou agterent af, en die beloning bly buite jou bereik, aanvaar dit, die lewe werk soms so. Maar dit voel vir my dis te lank terug dat ek so geleer is, dit voel vir my alles het verander. Deesdae hoef jy nie te werk nie dan kry jy al toelaes, of jy kry vooruitbetaling, of jy konkel bietjie en maak ‘n wavrag vol geld sonder om té hard daarvoor te gewerk het.
Nou ja, ek is nie juis vir my geduld bekend nie. Na twee weke is dié ook op en moet óf harder gepraat word óf die twee manne moet maar hulle dingetjies – al drie plastieksakkies daarvan – oppak en die rit dorp toe weer aangepak word.
Dis tyd manne, klim. ‘n Kans is julle gegun en nou’s dit verby. Slegter as swartes sê ek jou, slegter.
Hulle afskeidswoorde? “Kan meneer dalk vir ons R100 leen, net vir busgeld asseblief.”
Die volgende verskyn op die webblad van die Times:
“The ANC strongly condemns individuals or groupings behind such a hoax, which is meant to create an atmosphere of panic and anxiety in the country,” spokesman Jackson Mthembu said in a statement.”
“Those behind this hoax are certainly people without any interest in the political and economic stability of South Africa”
Dus: Die politieke stabiliteit van die land is afhanklik van die gesondheid van ‘n 92-jarige voormalige terroris. Sou hy te sterwe kom, sou daar ‘n atmosfeer van paniek en vrees in die land ontstaan, en is die politieke stabiliteit daarmee heen.
Klink vir my baie na ‘n dreigement.
In die lig van die naderende verkiesings in 2011 en feit dat elke party die Grondwet van SA, aan die hand van die “Beperking-Van-Regte-klousule” (a.36 van die Grondwet) binne ‘n eie ideologiese konteks re-interpreteer, sal dit nuttig wees as die DP en ander partye soos die ANC, Christen-demokratiese partye (bv. CDP) en VF+, spesifieke antwoorde gee op die volgende vrae, onder meer voorbeelde:
Mbt a.6 hoe gelyke taalberegtiging van die amptelike tale verwesenlik sal word?
Mbt a.9(2) watter standpunt oor “affirmative action” ingeneem word?
Mbt a.11 oor die reg op lewe, die standpunt oor die doodstraf en aborsie?
Mbt a.15 die standpunt oor ‘n akte (a.234) vir die bevordering en beskerming van die reg op godsdiens, eie oortuiging en mening (a.15)?
Mbt a.19 oor politieke regte die standpunt in sake proporsionele verteenwoordiging, van gelyke deelname aan verkiesings sonder finansiële bevoordeling en gelyke spraakvryheid in die wetgewers?
Mbt a.21 oor vryheid van beweging, hoe so ‘n party die willekeurige massaverskuiwings van gemeenskappe van een deel van die land na ‘n volgende gebied gaan orden en beperk?
Mbt a.24, oor ‘n omgewinsbeleid, hoe die besoedeling van lug en water teengewerk sal word?
Mbt a.25, oor eiendom, oor waarborge vir die reg op persoonlike eiendom?
Mbt a.29(3) die standpunt oor die subsidiëring van onafhanklike onderwysinstellinge?
Mbt a.30 oor die aanvaarbaarheid van ‘n kultuurakte (a.234) vir etniese gemeenskappe?
Mbt a.31(1)(b) waarborge vir die selfbeskikking van instellinge van die burgerlike samelewing?
Mbt. a.33 oor regverdige administratiewe optrede, die persoonlike juridiese aanspreeklikheid van amptenare in sake hulle posbeskrywing?
Mbt a.35 oor beskuldigde persone in sake die howe se reg om lyfstraf toe te kan, al dan nie?
Mbt hoofstuk 8 oor wyses en maniere om die howe vry te maak van politieke inmenging?
Mbt. hoofstuk 9 hoe die werksaamhede van die Openbare Beskermer (a.182) opgeskerp, die Menseregtekommissie (a.184) verbeter, die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe (a.185) funksioneel gemaak kan word en hoe al die mekaar-dupliserende menseregte-instrumente gerasionaliseer kan word?
Mbt a.185 en 235 die standpunt oor die reg op selfbeskikking van taal-, godsdiens- en kulturele gemeenskappe?
Bogenoemde aspekte is van kardinale belang in die burgerlike uitoefening van demokratiese keusevryheid, in plaas van ‘n gegorrel van woorde, soos bv. die onlangse toespraak van president Zuma en antwoord van mev. Zille.
Dr Leopodt Sholtz se insig is stereotiep as dit kom by die probleem waaronder min of meer die res van die wêreld en ons ly.
By gebrek aan ware insig ten opsigte van die funksionering van die swarte in Afrika, het ‘n volstruisideologie as medium ontwikkel om sodoende die ongemaklike realiteite te ignoreer en in dié verwarrende milieu lukraak menings te vorm wat absoluut geen kontak met die werklikheid maak nie.
Vandaar die sinnelose mening dat die swarte geregtig op ons land SA was. Noudat hulle ons land gekry het en dit verniel het tot ‘n derdewêreldland in ‘n skrale 16 jaar, is dit nog steeds ons plig om sonder enige statutêre mag hierdie mense te dra wat nou die land regeer.
Miskien kan dr Scholtz vir ons die logika rondom hierdie mening van hom verklaar?
Wat afgelei word van dr Scholtz se skrywe in Die Burger is dat hy die onvermoë van die swartes by implikasie erken, maar weereens die onus op die blankes plaas om vanuit hulle posisie van onmag die mislukte gevolge van insiglose mense soos dr Scholtz te dra. Graag sal daar verneem word van dr Scholtz hoe hy dit sien gebeur?
Sou ‘n meer logiese insig nie wees om die ANC-regering van die dag aan te spreek om hulle verantwoordelikheid na te kom nie?
Of moet daar afgelei word van u skrywe dat u dit steeds as die blanke se verantwoordelikheid beskou omdat u by implikasie besef/erken dat die ANC-regering nie in staat is om verantwoordelik te regeer nie.
Ek skryf wel onder my regte naam.
Die Boere-Afrikanervolk verkeer vandag seker in sy grootste bestaanskrisis sedert volksplanting. Alhoewel daar in sy geskiedenis, soos bv. by Vegkop, Bloedrivier en tydens die Tweede Vryheidsoorlog, wesenlike gevaar van fisiese uitwissing bestaan het, kon ons voorsate hul vyand fisies waarneem en hulself teen dié met geweer en koeël verdedig.
Die jaar 2010 sal deur alle regdenke Boere-Afrikaners onthou word as ‘n jaar waarin die voortgesette aanslag teen ons mense sedert dr Verwoerd se dood op alle terreine van die samelewing in feller mate toegeneem het. Van die “vrede, veiligheid en voorspoed” wat mnr F W de Klerk en sy OU-NP so hoog opgegee het, het daar weer eens hierdie jaar slegs ON-vrede, ON-veiligheid en NUWE-teenspoed gekom.
Die afgelope dekades was die aanslag so subtiel en bedrieglik dat selfs die beste en mees bekwame strateeg, die vyand nie maklik sou kon herken of waarneem nie! Aanslae word feitlik vanuit alle oorde denkbaar, op die volk gerig. Ons is die teiken van ‘n totale aanslag wat fisies, sielkundig, geestelik, ekonomies, ja, ‘n aanslag wat op feitlik alle terreine en sfere van ons volkslewe gevoer word.
Die gevaar is egter dat die vyand vandag nie net vanuit die ANC en sy meelopers se kant kom nie, maar ook vanuit eie volksgeledere!
Die geskiedenis het bewys dat geen volk teen sulke aanslae en verraad bestand is nie en dat dit uiteindelik ontaard in ‘n kanker wat die volk vanself van binne vernietig, tensy daar ‘n goed-gestruktureerde belange-organisasie bestaan wat hierdie aanslae effektief kan beveg.
Die jaar 2010 sal ook onthou word as die jaar waartydens die volk, te midde van hierdie verergerende toestand, nie daarin kon slaag om noemenswaardige goedbeplande en gekoördineerde VERSET regoor die land onder ons mense teen hierdie aanslag te monster nie.
Plaasmoorde gaan steeds onverpoosd voort en elke keer word daar deur landbouleiers slegs kritiek en afsku daaroor uitgespreek. VERSET deur diegene wat nog iets daadwerkliks aan die saak wil doen, word dikwels deur volksgenote wat self die slagoffer van hierdie moorde is, verongeluk.
In teenstelling met die toestand ‘n honderd jaar gelede waar die Boerevolk ook deur ‘n soortgelyke aanslag en basies deur dieselfde vyand, nl Engeland, oor ‘n relatief korter tydperk bedreig is, en alle kragte moontlik gemonster is om dit teen te staan, blyk dit dat ‘n groot persentasie van die huidige “Boerevolk”, eerder verder in die vyandige strukture van ‘n sg nuwe SA, ingesak het.
Pogings om die volk te verenig het weer eens nie geslaag nie en sit ons polities en andersinds basies steeds in dieselfde toestand as verlede jaar hierdie tyd en verder terug.
In hierdie verband verwys ons na die Volksverkiesingskommissie (VVK) wat poog om die volk vir ‘n volksverkiesings op 31 Mei ’11 te registreer. Syfers wat onlangs bekend gemaak is van die hoeveelheid volksgenote wat al geregistreer het, is glad nie gerustellend nie en daar sal ‘n grootse poging aangewend moet word om die volk vir hierdie allerbelangrike saak wakker te maak.
Die barometer vir hierdie saak is egter die volk se houding daarteenoor: indien die volk self nie opgewonde daaroor kan raak en self uit hul toestand van rus in die eeue gesus, kan opstaan en insien dat dit waarskynlik die allerlaaste geleentheid sal wees waarvan gebruik gemaak kan word om ons vryheid op ‘n vreedsame wyse te kan verkry nie, sal geen persoon of instansie dit regkry om hulle tot so ‘n siening te oortuig nie.
Wat ons dus wil sê is dat diegene wat nog nie geregistreer is nie, mag nie sit en wag vir ‘n registrasiebeampte om hom/haar te kom opsoek nie maar moet uit sy/haar gemaksone opstaan en ‘n registrasie-beampte vir sy gebied opsoek om hom/haar te laat registreer. Dit is die minste wat van elke volksgenoot verwag kan word. Die dae dat daar vir ‘n registrasiebeampte gesit en wag is, is lankal verby!
Die verhaal van die verkryging van ware en standhoudende vryheid vir die Boerevolk loop simbolies gesien, soos ‘n sterk ketting met verskeie onsigbare swak skakels deur sy geskiedenis. Die redes vir die ontstaan van hierdie swak skakels kan onses insiens aan verskeie redes en faktore toegeskryf word wat elke keer veroorsaak het dat die ketting by daardie swak skakels gebreek het met die gevolglike verlies van ons vryheid:
Al bogenoemde “swak skakels” in die oënskynlike sterk ketting van die Boerevolk, sowel as baie ander wat nie genoem is nie, het gemaak dat ons vandag weer eens ons vryheid verloor het; dat ons vyande van onsself geword het; dat ons inderwaarheid teen onsself veg en inderdaad teen onsself verloor het!
Dit sal jammerlik wees indien politici, soos die leiers van 1910, weer die verkeerde, die breë weg moet volg. Destyds het genl Smuts met groot opwinding ‘n brief aan sy Britse bewonderaars geskryf waarin hy in vervoering geraak het oor “……die groot wonderwerk wat hier gebeur het nl dat twee onlangsverowerde Boererepublieke en twee Britse Kolonies bymekaar kon kom en besluit het om een groot Suid-Afrikaanse staat te vorm…….”, nogal “…….met ‘n sterk gesentraliseerde grondwet”.
In dieselfde brief sê genl Smuts dat niemand waarvan hy weet ‘n oplossing selfs in sig het vir een van die grootste vraagstukke van daardie tyd, nl die “Native Question” nie. Hierdie probleem sal, soos hy dit gestel het, maar vir die toekomstige geslagte gelaat moet word om op te los! Vir daardie daad van hom kan hy vandag miskien vergeef word omdat hulle die regte weg nog nie geken het nie.
Die geskiedenis het egter sedertdien baie lesse duidelik uitgespel sodat die volk en die politici van vandag die waarheid en die regte weg voor hulle oë het en kan sien. En die regte weg om van die Westministerstelsel ontslae te raak is om ons eie volksverkiesing soos deur die VVK voorgestel, te hou. Voordat ons dus nie onder die besef kom dat partypolitieke stelsels vir die doeleindes van die verkryging van ons vryheid, uitgedien is nie en dat ons nooit weer ons vryheid by ‘n stembus van die sg “nuwe SA” sal herwin nie, is daar geen hoop nie.
Mens sidder om te dink wat ‘n leier soos dr H F Verwoerd vandag sou gesê het nadat hy op 17 Maart 1961 voor die Suid-Afrikaklub in London ná SA se ontrekking uit die Statebond tydens sy welbekende “DIé LAND IS ONS LAND”-toespraak gelewer het, as hy die huidige toestand waarin SA en ons volk tans verkeer, gade kon slaan. Tydens dié toespraak het hy o a gesê: “Die Witman (bedoelende die Boer; die Afrikaner) het dus nie net ‘n ontwyfelbare belang in en reg op die land wat hy uit ontblote veld en leë valleie en afgesonderde berge in ‘n moderne nywerheidstaat ontwikkel het nie, maar volgens alle sedelike beginsels was dit syne, is dit syne en moet dit syne bly”.
Hoe hartseer ookal, feit bly staan dat HIERDIE LAND egter vir ‘n aantal dekades lank nie meer ons land is nie, maar allemansland! Sy grense is oopgegooi vir die hele Afrika en die hele wêreld! Die dure besef waaronder elke Boere-Afrikaner dus vir die nuwe jaar by hernuwing gebring sal moet word is dat daar geensins verwag moet word dat die swartman ooit ‘n deel van SA aan hom sal “gee” nie. Voordat ons weer “HIERDIE LAND IS ONS LAND” of ‘n gedeelte daarvan “ONS LAND” sal kan maak, sal daar weer van vooraf besetting van grond moet plaasvind waarop die Boere-Afrikaner die meerderheid uitmaak. Selfs dan sal alles nie soos manna uit die hemel op ons neerdaal nie, maar sal erkenning van dit wat ons ons eie wil maak alleen deur VERSET, stryd en harde arbeid en selfs deur bloed en trane tot stand gebring moet word. Miskien het dr Verwoerd met sy visie en versiendheid geweet dat HIERDIE LAND NIE VIR ALTYD ONS LAND SAL WEES NIE. Vandaar dan ook sy welbekende slagspreuk: “SKEP JOU EIE TOEKOMS !”
Dit wil verder voorkom asof baie Boere-Afrikaners nog steeds nie besef wat hierdie slagspreuk of leuse van dr Verwoerd beteken nie want hulle gaan nog steeds, te midde van die toestand waarin ons verkeer, soos al die jare met vakansie na hul luukse vakansiehuise, -plase strandhuise, tyddele ens., met hul luukse motors en karavane!
As in aanmerking geneem word dat ons in ‘n sekere sin in ‘n erger stryd om oorlewing is as ons voorgeslagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog, en hulle tydens daardie stryd nie “vakansie gevat” het nie; dat Jopie Fourie in sy tyd gedurende Desember 1914 toe hy vir volk en vaderland gesterf het, ook nie “vakansie gevat” het nie, dan kan daar ‘n groot vraagteken agter die huidige geslag se sg VERSET en VRYHEIDSTRYD
Bogemelde slagspreuk van dr Verwoerd het hy reeds op 16 September 1959 in die aanloop tot die Volksraadsverkiesing van 14 Oktober van daardie jaar in die Pretoriase stadsaal van die destydse NP van Transvaal gerig. Twee jaar daarna is daar in ooreenstemming met en in die gees van sy slagspreuk, deur harde werk ‘n toekoms vir ons geskep en het ons ‘n Republiek buite die Statebond gedurende 1961 geword. Daarmee het dr Verwoerd bewys dat ‘n volk wat nie bereid is om vir homself en sy toekoms te werk nie, nie mag terugsit en sê dat die Allerhoogste sal voorsien nie. Inteendeel, daarmee het hy sy afhanklikheid van die Allerhoogste bely en in oorenstemming daarmee ook dat God die mens alhier geplaas het om sy eie lotgevalle uit te werk. Sy opdrag is immers: BEWOON EN BEWERK …………
Hierdie Republiek is ook deur die swartes van ons geplunder en ons sal dit of ‘n gedeelte daarvan ad infinitum nie terugkry nie tensy ons opstaan en daarvoor werk, want: GEEN WERK – GEEN TOEKOMS; GEEN VERSET – GEEN TOEKOMS; GEEN VREDE – GEEN TOEKOMS EN DERHALWE GEEN VRYHEID!
Mnr Zuma die 2010-sokkerwêreldbeker gaan nie werk skep nie, ‘n positiewe gesindheid gaan nie werk skep nie, samehorigheid gaan nie werk skep nie, patriotisme gaan nie werk skep nie, projekbestuurslesse geleer uit die 2010-sportgebeurtenis gaan nie werk skep, nie die land wat fokus om die ekonomie uit te brei, gaan werk skep nie.
Werkskepping word gerealiseer deur ‘n verantwoordelike regering – beskou u uself en u kabinet as ‘n verantwoordelike regering? Met u nuwe wetgewing om druk op blankes te plaas om hulle blanke werknemers te vervang met swartmense – sou u se dit is ‘n verantwoordelike besluit om ekonomiese groei aan te wakker? Daar mag dalk net n paar honderd swartes wees wat gegradueer het – wat van die duisende blankes wat gegradueer het? Blankes het nie hulle werk verloor as gevolg van die ressessie nie; hulle het dit verloor deur die ANC se diskriminerende regstellende aksie wat al meer as 16 jaar volgehou word.
Beskou u dit as verantwoordelike bestuur van ‘n land om mense te laat instroom van ander lande af ten koste van die eie burgers aan wie die ANC nie in staat is om verkiesingsbeloftes na te kom nie? Of gee die ANC doodgewoon nie om vir hulle mense nie? Beskou u dit as verantwoordelik om die blankes te verplig om winsgewende boerderye aan die ANC af te staan en sodoende voedselsekerheid te vernietig waarvan die impak alreeds baie duidelik is?
Beskou u dit as verantwoordelike bestuur om mense toe te laat in die land wat ons blankes wreedaardig uitmoor sonder om ons blankes toe te laat om onsself te beskerm wat u regering nie bereid is om te doen nie? Is u bereid om te erken dat die ANC die stryd verloor het teen die kriminele element in die NSA en dat die land tans regeer word deur kriminele? Erken u dat die ANC-regering dit vir die blanke onmoontlik gemaak het om voort te gaan onder die onmenslikheid teenoor blankes waaraan die regering hom skuldig maak?
Ek stel dit aan u kategories dat ek nie meer kans sien om ‘n staalhok te woon nie.
Ek sien nie meer kans om altyd bang te wees om buite my hekke te gaan nie.
Ek sien nie meer kans dat my kinders nie meer veilig is om buite ons woning te speel nie.
Ek sien nie meer kans dat die vuilgoedsakke voor my deur in die straat ophoop weens wanbestuur nie.
Ek wil nie meer bang wees om die water uit my kraan te dink nie.
Ek wil nie elke snytjie brood ondersoek vir bakterieë voor ek dit eet nie.
Ek wil my nie meer blootstel aan vuil hospitale en onbekwame verpleegpersoneel nie.
Ek wil nie meer bang wees om beroof te word wanneer ek kruideniersware gaan koop nie.
Ek wil nie Sjinese klere koop wat nie pas nie.
Kortom, ek wil nie meer deel wees van die ongebakerde agteruitgang van die land onder ANC-bestuur nie; ek wil weer vry wees om te bou aan eerstewêreldstandaarde waaraan ek eens gewoond was in my land.
Ek wil net lewe; ek wil net saam met my eie mense normaal lewe.
As ek my nie misgis nie, gaan sledging nou vir ‘n hele ruk in Afrikaans ingeburger raak. Dis nou na die Proteakaptein en die Indiese bouler, Skree Seertand mekaar so met die woorde probeer doodgooi het.
En Smittie amper vir Seertand met die kolf gewiks het.
Eintlik beteken sledging om iemand met ‘n voorhamer by te dam. Trouens, van onse Viking-voorouers het ons ‘n mooi beskrywende dag, Donderdag, oorgehou na aanleiding van die Nordiese dondergod, Thor, wat so vreeslik met sy voorhamer kon moker.
Amper het Smittie vir Seertand vroeg in die week al ‘n Donderdag besorg. Dis seker oor die Indiërs nou so min karre in hul span het dat die Proteas nie meer so lekker kan paneelklop nie. Om te dink, op ‘n tyd was die karre Tendulkar. Manjereikar, Prabakar en Agarkar.
In elk geval, so met die ontstaan van rugby was daar ook ‘n paar terme wat Smittie in oorweging sou neem: hacking (om die ander een se bene onder hom uit te skop), en stragging (om die opponent te wurg tot hy die bal los).
Maar is daar nie goeie Afrikaanse woorde nie?
Ek bedoel, om ‘n opponent se kakebeen so af te slaan sonder dat die skeidsregter jou sien? Is daar ‘n beter woord as ‘n betrekhoutjie?
Of as jou opponente se losskakel aan jou skrumskakel slaan, en jou agsteman laat die kapokhaantjie-losskakel harpuis ruik. Dan het daai agsteman mos die mooiste Naasslaaanwerk denkbaar vir sy span gedoen.
Maar by rugby is die skeidsregters half teë op dié soort goed, en kry die opponente nie net geleentheid om die bal deur die mikke te sool nie, die speler wat, volgens die kommentators laat in die wedstryd aan die “groet” gegaan het moet in die boefblik gaan afkoel, of kry heeltemal die trekpas. Dis amper net so verkeerd as om hoesmedisyne te drink.
Ek wonder nog hoekom Gerhard Viviers nie van die pynpolisie mag gepraat het nie. Wat is nou ‘n beter beskrywing vir die manne in uniform wat so hinkepink oor die veld gesnol het as ‘n speler ‘n groot eina opgedoen het? En Boer Coetzer is nog lank voor die boefblik uitgevind is, van die veld gejaag omdat hy ‘n opponent gepootjie het. Gelukkig het hy hom nie met “hacking” planke toe gestuur nie, want dan was Boer seker lewenslank geskors, en kon hy nie tot ouderdom 57 nog vir Collegians die pap dik aangemaak het nie.
Ai, en die Goue Leeus se grootbaas, Kevin de Kapper, het op sy speeldae darem ‘n pikhoutjie op die opponent se kortribbetjie vervolmaak. Mos die opponent se eie skuld, want voor die wedstryd het De kapper vir die man verduidelik hy spring nie vir sy, Kevin, se balle nie.
Trouens, heelwat rugbyspelers het die reputasie gehad dat hulle, sonder dat die skeidsregter dit kon sien, opponente lekker met ‘n opgerolde plathand kon klap.
Dan was daar die windmakerige haker, maar hy het sy eie skrum meer ontwrig as dié van die opponente.
Die dae voor die skeidsregter ‘n mikrofoontjie saamgedra het, het die spelers blykbaar ‘n aansienlike woordeskat ingespan. Dié het aan die lig gekom toe die TV-kameras nabyskote kon begin neem, en dowe kykers wat kon liplees gaan kla het oor die vuil taal wat uitgesaai word.
Of die rugbyskeidsregters dit kan vat, en of die spelers hulle daarvan weerhou om op die veld onvleiend na die skeidsregters te verwys, weet ek nou nie. Maar op Wimbeldon het ‘n Afrikaanse tennisspeler by wyse van spreke met moord weggekom toe hy kliphard die skeidsregter ‘n Afrikaanse gemakshuisie genoem het. Nou nie daai woord nie, maar een met dieselfde, maar meer gevoelvolle strekking.
Ai, by ‘n bekende rugbyskool net so buite die Rosestad het ‘n klompie ouers ‘n gebedsgroep gestig vir die afrigter-skoolhoof, wat so meegevoer langs die veld kon raak dat hy nou nie sy woorde so mooi getel het nie.
Vertel een van die ma’s, hulle het nog skaars binne hoorafstand van die man begin bid, of hulle sien hy het na die oorkant van die veld verkas. So het die skoolhoof en gebedsgroep dié dag baie oefening so al om die veld gehad.
‘n Mens hoef natuurlik nie altyd in woorde ‘n mens se gevoelens uit te druk nie. By geleentheid het die skeidsregter ‘n speler goed die leviete voorgelees. Toe die vuilbekkige speler na sy spanmaats terugdraf sien hy die TV-kamera volg hom. Met ‘n dodelike waarskuwing onder lede bly hy tjoepstil, en maak van vingertaal gebruik om vir die kykers te vertel wat hy van hulle dink.
En soos Pa Blik gesê het: Hy was hierna so diep in die moeilikheid terwyl hy net één ou vingertjie gebruik het. Hy sou seker lewenslank geskors gewees het as hy al vyf vingers ingespan het.
Ek ag dit my plig om ‘n lansie te breek vir die Transvalers/Pretorianers.
Vervolgens wil ek meld dat dat dit my vier jaar geneem het om my te begin beskou as ‘n Wes-Kapenaar. Van meet af aan het ek die Wes-Kaap kruis en dwars deurgereis om bekend te word met my nuwe tuiste alhoewel my hart gehunker het na die dieprooi aarde van die Transvaal met sy pragtige doringbome en malse wuiwende mielielande – ‘n verlange wat seker maar altyd sal bly – eweneens het ek my hele hart en siel ingegooi agter Wes-Kaap – my doelbewus ingestel om die pragtige, wuiwende koringlande – die ongerepte skoonheid van die dorpies – en die pragtige blou berge te waardeer.
Lojaliteit vir die Blou Bulle sal nie die kind van die katel afstoot nie – ek het al gevorder van primêre lojaliteit tot verdeelde lojaleit dus kom ons gun mekaar met begrip dít wat vir jou kosbaar is.
Glo my die Transvalers hier waar ek woon in n kusdorpie het niks anders as voorspoed in ons dorpie gebring nie – “ons dorpie” is hoe ek voel.
Dus in retrospek wees geduldig met die ontwortelde migrante wat net ‘n veilige hawe vir hulle gesin kom soek in “jullle” pragtige Wes-Kaap – en gun die Transvalers ‘n klein stukkie van hulle hart wat agtergebly het in die Transvaal en die heel belangrikste: waardeer die bydrae wat hulle kan en wil lewer.
***********************************
NEIL KROESE se brief in die Beeld waarop ek gereageer het – ek verkies egter om hom te antwoord op Praag waar my mense gesels:
Ek ag dit my plig as voorsitter van die “Welkom, Transvaler-projek” om Moedelose Pretorianer welkom te heet in die Wes-Kaap en om hom of haar te bedank vir die bona fide-omgee vir ons pragtige provinsie.
Dan wil ek ook ter wille van suksesvolle integrasie net die volgende punte onder sy of haar aandag bring. Die oormatige gebruik van frases soos “in Pretoria het” of “in Pretoria is” of “toe ek in Pretoria was” is nou nie juis frases wat voordelig is vir aanvaarding of goeie buurmanskap in die Wes-Kaap nie.
Ook nie ’n Blou Bul-vlag op jou voorstoep of Blou Bul-klokke om jou bakkie se sleepstang nie. Hou dié goedjies maar liewer vir jou binnekamer.
Ek kan wel aan hom of haar noem dat ons in die Wes-Kaap wel herwinning doen. Mag ek aan Moedelose Pretorianer voorstel dat hy of sy “Recycle in Western Cape” in Google se soekenjin tik. Google werk in die Kaap, nes in Pretoria. Daar sal hy of sy ’n magdom inligting kry oor herwinning in die betrokke gebied.
Dinge in die Kaap werk weliswaar ’n bietjie anders as in Pretoria, iets waaroor die meeste Kapenaars in die algemeen bitter dankbaar is.
NEIL KROESE
Is dit waar? Eendrag maak mag. Dit sal ons moet bewys en nie later as nou nie!
Die aanslag en die moord op ons volk gaan nie einde kry nie. Ons moet dit stop. Hoe? Ons sal nie weet as ons nie bereid is om te beplan en te organiseer nie.
Ons gaan dit ook nie alleen regkry nie. Ons moet as Volk bymekaar kom en begin doen. Dit sal nie spontaan kom nie. Dit moet ons organiseer. Daarom wil ons optree as fasiliteerder en u nooi om vir ons u siening oor die pad vorentoe, te kom uitspel. Dit is laat in die dag en ons kan nie langer stilsit nie.
Ek hoor die stem van vermoordes in ‘n koor. Ek hoor die baritonstem van ‘n man wat bereid was om te veg maar vermoor is; ek hoor die kinderstem van Willemientjie Potgieter : “Uit dieptes gans verlore,” roep hierdie stemme luid.
Mense, kom ons sit alles eenkant en ons begin werk aan hierdie Reddingsaksie. Genoeg is genoeg. Kom ons sit koppe bymekaar en planne op die tafel. Vat hande. Ons kan weer later verskil want daar sal verskille wees, maar laat ons nie van verskille geskille maak nie.
Ek probeer reël om u bymekaar te kry dat ons kan praat. Ek doen dit, nie om aandag te trek of vir enige ander instansie as ons Volk nie. As daar enigiemand anders is wat dit wil doen, val ek daarby in. Langer stilsit kan ons egter nie. Ek is u dienswillige dienaar. Kom ons vat hande. Hierdie volk dors na groot leiers met ‘n Volksvisie. Ons speek u aan omdat u gewys het dat u visie en vergesigte vir ons volk het!
Piet Rudolph: Aksiekomitee: Orde Boerevolk
My motor is Donderdag (3 Desember tussen 11:00 en 14:30) voor die Wonderpark-inkopiesentrum in Pretoria Noord, gesteel terwyl ek en ‘n vriendin na die fliek Liefling gaan kyk het. Let wel– blatant gesteel onder die oë van ‘n swart karwag!
Ek en my seun woon op ‘n plaas sowat 12 kilometer buite Pretoria in die Kameeldrif-Wes distrik. Tydens die afgelope drie maande is my seun se bakkie, ons waterpomp, ‘n dragtige koei, en ander gereedskap, uit ons skuur gesteel. My seun is verlede jaar deur ‘n indringer-boef in sy regterbeen geskiet toe hy om die huis geloop het om te gaan kyk hoekom die honde blaf. Hulle het hom vasgebind, ons huis leeggestroop en die drie honde vergiftig.
Die enigste voertuig (wiele) wat ons nog oorgehad het was my motor, wat ook al voorheen in ‘n kaping betrokke was — nou is dit ook gesteel.
Jou aanval op Anneli Botes maak my naar. Sy hét die waarheid gepraat, maar, volgens die Woord mag ons mos nie ons naaste haat nie en moet ons 70X7 vergewe wanneer iemand teen jou sondig. Liewe genade tog — ek, as toegewyde Christen, begin nou aan die Woord te twyfel!
Anders-om, gaan lees asseblief weer Dirk Herman se artikel op Rapport-
Weekliks se voorblad (5 Desember) en besluit waar pas jy in! Moontlik
is jy ‘n ANC- en ‘n Malema aanhanger. Glo my, my liewe vriend, hierdie
denkwyse van jou gaan jou nog duur te staan kom wanneer ‘n koeël jou
of een van jou dierbare gesinslede, in die agterkop gaan tref! Lees
asb. die tragiese teregstelling van die Potgieter gesin op Rapport se
voorblad.
Dis met ontreddering dat ek ook gelees het dat die NWU swart studente
getalle wil vermeerder. Waar dink jy gaan ons Blanke Afrikaners ‘n
akademiese heenkome vind wanneer ons laaste Blanke tersiêre
huisvesting (NWU) ook aan die swartes present gegee gaan word? Die
universiteite van Johannesburg (U.J) en Tukkies is tans besig om te
sink onder die al hoe groter wordende getalle swart studente wat wil
studeer. Waar kry hulle beurse? Wie finansier hulle? Is jy een van die
skenkers en ondersteuners?
Ja Anders-om, dis presies soos toe FW de Klerk ons land bloedloos aan
die ANC oorgegee het voor 1994!
Aan ons dapper Anneli Botes: By vas, en moenie van standpunt verander
nie. Ek sluit graag af met die volgende (hopelik) bemoedigende
aanhaling uit die Woord: ” Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs
(Ps. 4:7). Mag die waarheid en regverdigheid seëvier!”
Ons plaas Johannes Lange se brief ongeredigeerd:
Ek skryf dié brief uit blote desperaatheid; ek is nie n skrywer, n dokter of n professor, geskiedkundige of n politikus nie, maar ek dink in my beskeie mening ek verteenwoordig die hedendaagse wit Afrikanerwerkersklas.
Vir ‘n lang ruk sit ek nou al en bekyk die hele fiasko in ons land, ek was op laerskool gedurende apartheid en op hoërskool nadat apartheid afgeskaf was. Ek was een van die grootoog kinders wat gesien het hoe die eerste swartes in ons wit skole ingekom het en die onmiddellike effek wat dit op die kwaliteit van onderrig en ons morele waardes as ‘n nasie het.
Ek self sit met groen koring op die land, twee pragtige kinders en n vrou waarvoor ek baie lief is en voorheen het die politiek, omgewingsake, misdaad en sulke tiepe goed nie vir my saak gemaak nie want my lewe het bestaan uit partytjie, vriende en jonk wees. Maar namate mens ouer word begin jy rond kyk en dink aan jou omgewing, jou toekoms, jou verlede en wat jy eendag gaan nalaat vir jou nageslagtê, wat gaan hulle van my en my generasie sê oor n honderd jaar. Gaan ek n plekkie he in die Afrikaner se geskiendenis of gaan ek deel van die generasie wees wat toegelaat het dat ons pragtige natuurskoon vervuil is, ons geen vars drinkwater meer het nie, wat ons bedreigde spesies uitgewis het, wat deel van die probleem van globale verwarming was. Wat niks gedoen het om die voortbestaan van ons nageslagte te verseker nie, wat aan my kinders geen geskiedenis gegee het nie, en hulle laat groot word as nasate van “krimenele” wat die swart nasie soos die Egiptenaars in die Bybel onderdruk het en toegelaat het dat hulle groot word met ‘n skuldgevoel en geen geskiedenis oor wie en wat hulle werklik is nie. Ons het n pragtige geskiedenis en ekself is n afstameling van die Boereheld Hans Dons de Lange wat elke kind veronderstel is om op trots te wees.
By elke braai en samekoms sit ons en kerm en kla oor die toestand waarin ons onsself bevind, oor die misdaad, die korrupsie, regstellende aksie, minibusdrywers, wette wat op ons afgedwing word en die groot persentasie van belasting wat die regering by ons vat vir dienste wat nooit aan ons gelewer word nie. Ons hoor van staatsamptenare wat met die hand in die koekieblik gevang is en dan met uitgerekte hofsake wat oor ‘n paar jaar span op die einde van die dag met ‘n opgeskorte vonnis wegstap waarteen hy net weer appèl aanteken net om dit nog n ruk uit te rek en dit alles gebeur terwyl hy geskors is en nog steeds ‘n salaris ontvang.
Dit maak ons bitter, tronkstraf is net ‘n straf deesdae vir wit mense, ons vrees dit om tronk toe te moet gaan, nie omdat jy hard gaan moet werk en weerhou gaan word van jou familie of die normale redes hoekom ‘n tronk skrik wekkend moet wees nie, maar as gevolg van wat met ‘n wit man gebeur wat in ‘n Suid-Afrikaanse tronk toe gesluit word. Vir die swartes is tronkstraf beter as om op straat te wees want hy hoef nie te werk nie, hy kry kos, ‘n warm plek om te slaap, klere, vermaak ens.
So hoe kan hulle verwag dat dit die krimenele gaan afskrik as die ergste wat met hom kan gebeur, maak nie saak wat hy doen nie(moord, verkragtig, molestering, diefstal) is dat die staat vir hom vir die res van sy lewe gaan sorg. Hy kan basies doen net wat hy wil want die doodstraf of lyfstraf is nie meer toelaatbaar nie.
Ek is die tipiese persoon wat elke dag wit kneukels in die verkeer moet sit en wag om by die huis te kom terwyl honderede minibusbestuurders in die geel streep langs my verbyjaag, die wette van die land is net op ons van toepassing, want ek het n geldige rybewys, met ‘n padwaardige kar en ‘n wettige nommerplaat. As ek afgetrek word kry ek ‘n boete en as ek dit nie betaal nie, sal ek in die tronk gestop word (wat ek vrees soos bo genoem) dus doen ek dit nie.
Ek is die gemiddelde inwoner wat elke maand sy water en ligte gaan betaal, maak nie saak wat hulle besluit dit die maand is nie, want as ek dit nie doen nie, word dit afgesit, en as hulle dit kom afsit word ‘n fooi van R1 300 by my rekening gevoeg vir hulle moeite om ‘n skakelaar te kom afsit en my kraan toe te draai op die sypaadjie. As ek dit onwettig weer gaan aansit is dit strafbaar met R5 000 boete of tronkstraf en soos voorheen gesê is laasgenoemde net glad nie ‘n opsie nie terwyl miljoene van hulle onwettige konneksies in die plakkerskampe het en ons moet verneem dat daar niks aan gedoen word nie want die beamptes wat daarvoor moet uitkyk is te bang om dit te verwyder of die skuldiges aan te keer want hulle weet hulle gaan dood gemaak word as hulle dit doen. So word daar dan aangekondig dat ons land ‘n elektrisiteitstekort het en hulle die prys daarvan met 30% per jaar gaan verhoog. Kom ek vertel jou toe ek 4 jaar terug my huis gekoop het was my water en ligte rekening R400-R500 per maand, my rekening was laas maand R2 600! Hoe kom hulle daarby uit? Gaan bevraagteken jy dit, is dit net so goed soos jy gaan knoop ‘n geselsie aan met n klip in die tuin, ten minste gaan hy jou nie &^% antwoord gee nie.
In my opinie is ek ‘n goeie Suid-Afrikaner, ek betaal my belasting waar die regering laas jaar 27% van my salaris gevat het nog voor ‘n sent in my rekening in betaal is, dan met die geldjies wat oorbly moet ek my huis betaal waar daar oordragkostes en belasting op van toepasing was, ek moet ‘n motor betaal wat daar eers invoer belasting op gevat is wat ek betaal, ons motors is duurder in Suid-Afrika as enige land in die wêreld, dan moet ek vir hom brandstof ingooi waar daar tot R3 per liter bo op die prys gelaai word om glo te betaal vir die bou en instandhouding van ons paaie wat almal weet in’n haglike toestand is net om te hoor die paaie wat ek voor betaal om gebou te word, gaan tolpaaie word(N1 tussen Johannesburg en Pretoria) wat my R0.50 per kilometer elke maand gaan ekstra kos so ek gaan weer vir daardie paaie betaal en vir altyd moet aanhou betaal. Ek betaal belasting op my kos en elke liewe sent wat ek gebruik om van te lewe vat die regering 14% van. Ek het uitgewerk dat bykans die helfte van my salaris per jaar gaan net so aan die regering. En wat kry ek terug daarvoor, ‘n polisie mag wat geen belang het om my te beskerm nie, ek kan in geen staatsinstansie werk kry nie want ek het nie die regte velkleur nie, ek het nie dieselfde regte as anderskleuriges nie, ek onthou toe ek op laerskool was, was die skool fonds R40 per kwartaal, jy het al jou boeke gekry, al die aktiwiteite was verniet, as jou ouers nie vir jou skoolklere kon koop nie, was daar ‘n klerebank so elkeen kon presies dieselfde wêreldklas onderig ontvang en as jy hard gewerk het, was daar beurse vir naskoolse studies, deesdae gaan al daardie beurse net aan swartes. Ek onthou toe ek eerste jaar op universiteit was, is die swartes met busse elke dag klas toe aangery, hulle verblyf is betaal , kos en boeke terwyl dit my ouers duisende rande gekos het om my daar te hou. En na die verloop van elke jaar het van daardie groepe swartes elke jaar net ‘n derde van die vorige jaar oor gebly.
Ek kan dit nie waag om na ‘n staatshospitaal toe te gaan nie, ek was vier jaar terug in ‘n motorongeluk nadat ‘n swart “dame” besluit het om 11uur die aand terwyl dit reën oor die hoofweg te hardloop. Ek het nie ‘n mediese fonds gehad nie en ek en my vrou is per ambulans na die staatshospitaal in Port Edward toe geneem, nadat ons vir ‘n uur in die wagkamer gewag het vir jou beurt want maak nie saak wat die situasie is nie, jy sal wag tot dit jou beurt is, sit jy en wag in ‘n hospitaal waar ek in die uur twee rotte sien hardloop het in die wagkamer, weet nie hoeveel kokkerotte, sit en wag langs ‘n swart man met ‘n mes wat in sy rug nog vassit, en as jy dan uit eindelik jou beurt kry word jy deur n ongeskikte swart “dame” wasbak toe gesleep, en die glas stukke in jou hande met n vuil waslap uit die wonde onder die kraan geskrop. En dan mag jy nog R80 vir die marteling betaal. Nou het ons regering aangekondig dat ons almal teen 2012 verplig gaan word om tot die staat se mediese fonds by te dra, so ons gaan moet betaal vir ‘n diens wat jy lankal klaar voor betaal het en wat geen skoon selfrespekterende witmens wat dit kan bekostig ooit sal wil gebruik nie.
Ons lewe in vrees en elkeen vir homself want ons het nie leiers wat vir ons opstaan en baklei nie. Ek kan by die dag sien hoe ons wit mense verarm. Almal praat van die nag van die lang mes as hulle in die strate afgehardloop gaan kom en al ons goed vat en ons kom doodmaak. Maar hulle is slimmer as dit. Almal sê as hulle nou die dag al ons goed vat dan gaan ons dit en dat doen. Maar hulle is lankal besig, hulle wurg maand na maand elke sent uit ons uit en verryk hulself. Ons het ons self toegebou in tronke want ons word dag na dag doodgemaak vir kleingeld. Ek sien geen toekoms vir my kinders nie, ek is lief vir my land, my taal, my volkslied, maar die voorste man in ons land, ons president is geen voorbeeld vir my en my kinders nie. Dit straal nie die beeld van die Afrikaner uit nie, kinders het nie meer maniere nie en geen respek vir ouer mense nie, want ‘n pak slae is mos verkeerd, ons generasie en almal voor ons is daar deur. Wys my een ou wat kan sê die pak slae wat hy op skool gekry het, het hom ‘n slegter mens gemaak, jy het geweet as jy jou onderwyser swak behandel, het jou stêrre gebrand, as jy nie jou werk doen nie, het jou stêrre gebrand, as jy jou hare nie reg was nie of jou naels te lank het jou stêrre gebrand, dit het jou selfrespek geleer en jou voorberei vir die harde realiteit van die lewe na skool.
Dan nog een laaste punt: Hoekom moet Afrikanerpartye altyd politiek en geloof gaan staan en meng. Verstaan my tog nou mooi, ek self is ‘n Christen, maar nie alle wit Afrikaners is nie. Waarom julle geloofsoortuiging op almal wil afdwing? Wanneer gaan julle besef dat die tye verander het en as julle verwag dat almal moet glo wat julle gaan glo gaan ons altyd verdeeld bly. Hoekom kan julle nie julle party bou op die beginsels waarin alle wit afrikaners glo nie. Die Bybel sê tog immers dat as jy bid moet jy na jou agterkamer gaan, die deur toemaak en met God ‘n persoonlike verhouding hê, nie op die straathoeke soos die Fariseers kliphard bid nie. Ongelukkig is ons mense en ons maak foute, sodra jy dan self eendag ‘n fout begaan gaan niemand kan sê jy is DIE Christen maar kyk wat doen jy nou nie. Die kans dat jy en jou buurman dieselfde geloofsoortuigings gaan he, is minimaal, maar ek kan jou belowe 99% van die tyd gaan jy en jou buurman dieselfde morele waardes hê, morele waardes soos jy sal nie steel nie, jy sal nie doodmaak nie, jy sal nie verkrag nie, jy sal nie kinders mishandel nie, jy sal nie diere mishandel nie, jy sal die land se wette gehoorsaam, jy sal die wette van die pad gehoorsaam ens. Basiese beginsels waarin 99% van ons wit mense glo, doen dit en sorg dat jy altyd die beste belange van jou mense op die hart dra en ons sal soos een man agter jou staan, daar is krag in getalle, ons as wit mense is die hart en siel van die land en ons kan die land maak of breek. Ek as enkeling kan niks doen nie maar saam is ons onstuitbaar.
Ek rig die brief aan ons Afrikanerleiers, hierdie is ‘n roepstem, ‘n pleidooi of noem dit ‘n smeekroep dat julle sal opstaan vir ons en ons nasie want julle sit in die regte posisies om ons te verenig en julle is die mense waarvoor ons gestem het om ons te lei en ons as gewone Suid-Afrikaner te verteenwoordig in die politieke wêreld. Hoekom duld ons dit, het die Afrikaner al sy durf verloor, dink julle ons voorvaders soul dit geduld het, hulle het teen die magtige Brittanje opgestaan in oorlog, ‘n handjie vol arm boere teen ‘n oormag. Maar wat reg is is reg, en wat verkeerd is verkeerd!
GAAN ONS BEKENDSTAAN IN DIE GESKIEDENIS AS DIE LAMSAKKIGE GENERASIE WAT MAAR NET TERUGGESTAAN HET TERWYL ONS ‘N TWEEDE ZIMBABWE WORD! STAAN OP BROERS, LOS DIE GESKILLE EN DIE ONDERLANGSE BAKLEIERY TUSSEN DIE LEIERS, STAAN OP, VIR DIT WAARVOOR ONS VOORVADERS HULLE LEWENS GEGEE HET, STAAN OP VIR ONS GROND EN LAND WAT ONS PA’S EN OUPAS MET HARDE WERK VIR ONS GELAAT HET. STAAN OP VIR DIT WAT REG IS. STAAN OP!!!
Omstreeks 15:50, Vrydag 19 November 2010, het ons , soos gewoonlik , in ons voorhuis gesit.
Die hek klokkiehet gelui.
My seun, Daviyd, is hek toe, want ons het ‘n klein “spaza”-winkel.
Die Polisie was daar. Hulle het hom gevra of ons alkohol verkoop.
Daviyd het gesê nee.
Hulle wou inkom en kom kyk, maar Daviyd het gesê dat hulle eers ‘n lasbrief moet hê.
Een van die swart polisielede het vir haar dienspistool gemik, maar toe sien sy Daviyd het nie ‘n wapen gehad nie.
Toe twee van die swart polisie oor die muur wou klim, het Daviyd sy pa gaan roep.
Daar was drie voertuie met min of meer agt swart polisie, mans en vrouens.
Hulle was baie aggressief.
Ons het gesê net twee mag inkom en kom soek; ons het ook gevra wat hulle kom soek het.
Hulle het gesê: “Julle sal sien wat ons kom soek het.”
Ons het gesê dat ons hulle dop hou, sodat hulle niks kan plant nie.
Ek het vir hulle gesê ek bel my prokureur, toe sê hulle ek kan twintig prokureurs bel.
Ek het toe vir mnr Voltan Senekal gebel en gevra wat ek moet doen.
Toe hulle sien ek is op die foon, onttrek hulle na hulle voertuie toe.
Voltan het advies gegee dat ek hulle moet inlaat want ek het niks om weg te steek nie.
Hulle het gesê hulle wag vir die bevelvoerder, brigadier Le Grange.
Toe hy hier aan kom het hy die honde-eenheid laat kom om vas te stel of daar enige dwelms op ons perseel is.
Daar was nou omtrent 10 – 15 swart polisielede en een wit polisielid (brigadier Le Grange) met ses voertuie.
Nie een het ‘n lasbrief gehad nie, nie eers die brigadier nie.
Hulle het beweer dat my kinders die “dwelms” wegsteek, omrede ek hulle nie wou inlaat nie.
Die kinders wou ons hondjies bêre, want ons was bang die hondjies byt hulle.
Daar is niks op die perseel gevind nie (behalwe gemmerbier) want ek en my kinders is nie skelms nie.
Hulle het almal in my dogter (15) se kamer gaan soek, haar opgemaakte bed omgekrap.
En onder haar breimasjien gesoek, en amper haar naaimasjien van haar lessenaar afgeruk.
En vier het daarna my seun (18) se kamer gaan deursoek.
Hulle het gevra wat die voëlsaad op die vloer was, toe hy sê dit was sy duif onder die bed s’n. Hulle gekyk of hy die waarheid praat, sy duif is inderdaad onder sy bed.
My kinders voel hulle privaatheid is geskend.
Waarom was dit nodig dat vyftien swart polisielede, vier wit mense kom probeer intimideer het?
Hier is drie van die ses voertuie se registrasienommers:
BRL 525 B
BRV 410 B
BNW 360 B
Meeste van die polisielede het nie naamborde opgehad nie, so kan ongelukkig nie hulle name verskaf nie, behalwe die brigadier s’n.
Mnr Piet Viljoen van die FW de Klerk Stigting aangehaal: “Hier keer een miljoen mense nog dat die Atlas sy skouers vir die land ophaal en staak. Maak dit vir hulle aangenaam om te bly”.
Kan ‘n mens anders as om hierdie oproep aan die regering van die dag met galgehumor te ervaar?
Kan daar meer onbeholpe soeke na redding uit die verraadsituasie se onafwendbare gevolge wees, van die vorige regering se FW de Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer en kader?
Die bewering van mnr Le Roux, dat dit die blankes is wat welvaart skep, is ‘n onbetwiste gegewe. Of die welvaartskeppers egter dit doen volgens mnr Le Roux in ‘n poging om die regering van die dag te dra omdat hulle wil, word ten sterkste betwyfel.
Wanneer (nie indien nie) die regering van die dag die land vernietig het, sal die Afrikaners daar wees om die stukke weer op te tel en van vooraf op te bou maar nie om hierdie dwase swart ANC-regering aan bewind te hou nie.
Ter opsomming van van mnr. Le Roux se oproep: Wat jy saai sal jy maai aan die einde van die seisoen en niks gaan dit verander nie.