My motor is Donderdag (3 Desember tussen 11:00 en 14:30) voor die Wonderpark-inkopiesentrum in Pretoria Noord, gesteel terwyl ek en ‘n vriendin na die fliek Liefling gaan kyk het. Let wel– blatant gesteel onder die oë van ‘n swart karwag!
Ek en my seun woon op ‘n plaas sowat 12 kilometer buite Pretoria in die Kameeldrif-Wes distrik. Tydens die afgelope drie maande is my seun se bakkie, ons waterpomp, ‘n dragtige koei, en ander gereedskap, uit ons skuur gesteel. My seun is verlede jaar deur ‘n indringer-boef in sy regterbeen geskiet toe hy om die huis geloop het om te gaan kyk hoekom die honde blaf. Hulle het hom vasgebind, ons huis leeggestroop en die drie honde vergiftig.
Die enigste voertuig (wiele) wat ons nog oorgehad het was my motor, wat ook al voorheen in ‘n kaping betrokke was — nou is dit ook gesteel.
Jou aanval op Anneli Botes maak my naar. Sy hét die waarheid gepraat, maar, volgens die Woord mag ons mos nie ons naaste haat nie en moet ons 70X7 vergewe wanneer iemand teen jou sondig. Liewe genade tog — ek, as toegewyde Christen, begin nou aan die Woord te twyfel!
Anders-om, gaan lees asseblief weer Dirk Herman se artikel op Rapport-
Weekliks se voorblad (5 Desember) en besluit waar pas jy in! Moontlik
is jy ‘n ANC- en ‘n Malema aanhanger. Glo my, my liewe vriend, hierdie
denkwyse van jou gaan jou nog duur te staan kom wanneer ‘n koeël jou
of een van jou dierbare gesinslede, in die agterkop gaan tref! Lees
asb. die tragiese teregstelling van die Potgieter gesin op Rapport se
voorblad.
Dis met ontreddering dat ek ook gelees het dat die NWU swart studente
getalle wil vermeerder. Waar dink jy gaan ons Blanke Afrikaners ‘n
akademiese heenkome vind wanneer ons laaste Blanke tersiêre
huisvesting (NWU) ook aan die swartes present gegee gaan word? Die
universiteite van Johannesburg (U.J) en Tukkies is tans besig om te
sink onder die al hoe groter wordende getalle swart studente wat wil
studeer. Waar kry hulle beurse? Wie finansier hulle? Is jy een van die
skenkers en ondersteuners?
Ja Anders-om, dis presies soos toe FW de Klerk ons land bloedloos aan
die ANC oorgegee het voor 1994!
Aan ons dapper Anneli Botes: By vas, en moenie van standpunt verander
nie. Ek sluit graag af met die volgende (hopelik) bemoedigende
aanhaling uit die Woord: ” Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs
(Ps. 4:7). Mag die waarheid en regverdigheid seëvier!”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.