Waar is God in ons politieke smart en pyn?

Geloftefeeste op 16 Desember is om die draai. In diepte gaan dit om ‘n kontrak, ‘n soort verbond tussen God en mens. In hierdie geval ‘n gemeenskap van gelowige Afrikaners wat in 1838 die dood in die oë gekyk het.

Die vraag wat menige gelowige hom/haar in SA afvra is hoe dit moontlik is dat die God van Bloedrivier, wat die Afrikaner deur soveel smart en pyn gelei het, kan toesien of toelaat dat ‘n volk wat die vaandel van die geloof hoog gedra het, oorgegee word aan ‘n owerheid soos wat ons het? Dan is daar die vryheidsoorloë en uiteindelik die konsentrasiekampe wat verdere vrae oproep. En, wat van Israel wat as volk in ‘n Noordryk en Suidryk verdeel is en na die grondgebiede van vreemde gode weggevoer is. Een wat van die sg. haulokast?

Daar is eintlik nie ‘n antwoord hierop te gee nie. Elke antwoord is subjektief en ‘n rasionalisasie. Daar hang eintlik ‘n misterie oor alles. ‘n Onverklaarbaarheid. Dit gaan ook gepaard met verset wat dreig om die oorhand te kry. Dit is ‘n verset wat dreig na verwyte in die rigting van die transendente! Dus verwyte wat gerig word aan God wat, volgens sommige, afwesig is.

Om verdere sout in die wonde te smeer is daar ‘n verhaal te vertel van ‘n eenvoudige vroutjie in Georgia, een van die latere deelstate van die kommunistiese Sowjet-Unie. Sy was arm. Sy het by ‘n klerewassery gewerk. Sy was diepgelowig. Sy het deels as skoonmaker in die Russies-Ortodokse Kerk gewerk. Sy het daagliks op haar knieë voor die altaar gebid vir ‘n kind. Sy het toe reeds vier miskrame in vier jaar gehad. Sy het beloftes aan God gemaak wat sy sou hou. As God ‘n seun vir haar sal gee, belowe sy om die kind in die vrese van die HERE groot te maak. Ja, nog verder, sy sou die seun in die kerk en vir geloof grootmaak. Hy sou priester word.

Wonder bo wonder het sy verwag. Dit was ‘n swaar swangerskap. Die kind het gedurig gedreig “om af te kom”. Maar, ‘n seuntjie is gebore. Hy het ‘n fisiese gebrek gehad. Hy is met ‘n slap armpie gebore. Die liggaamlike gebrek het uiteindelik geestelike letsels gelaat. Hy het waterpokkies oorleef.

Sy moeder het woord gehou. Uiteindelik het sy hom na die Russies-Ortodokse teologiese seminarium in Tiflis (nou Tbilisi) gestuur. Hierdie seun was egter nooit lus vir die teologie nie. Hy het ook nie oor die persoonlikheidseienskap vir die bediening beskik nie. Hy was egosentries. Koppig. Hy het gevoel dat die lewe hom iets skuld. In akademiese geselskap het minderwaardig gevoel. Terselfdertyd was hy brutaal en wreed.

Op ‘n dag tel hy ‘n tydskrif op en lees artikels oor die kommunisme. Hy voel dadelik aangetrokke tot die idees van Trotsky, Karl Marx en Lenin. Hy assosieer so sterk met die ondergrondse beweging teen die regering van die Tzar, dat hy as teologiese student onder sensuur geplaas en uitgeskop word. Hierna was hy ‘n dissipel van die godlose kommunisme.

Na die Russiese Rewolusie van 1917 word hierdie jongman in 1920 deur Lenin aangestel as Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party. ‘n Magtige posisie. Hierdie jongman wat bestem was vir die teologie het in die teologie van die rewolusie opgegaan. Hy was Josef Stalin (1879-1953). Sy doopnaam is Ioseb Besarionis dze Jughashvili.

Na Lenin se dood in 1924 neem Stalin die leisels oor. Hy volg sy magsoorname op deur meedoenloos van die leiers van die Kommuniste Party ontslae te raak. In die 1930’s sleep hy stigtersvaders van die USSR hof toe omdat hulle “vyande van die volk” (the people) was. Sy terreur was spesifiek ook gerig op die intellektuele elite van die Russiese volk. Sy akademiese armoede het hom wraaksugtig gemaak.

Terwyl Josef Stalin deur sy moeder letterlik van God “afgebid” is en bestem was vir die teologie, het hy in lewe as dialektiese materialis en ongelowige, meer as enige iemand anders in die geskiedenis Christene doodgemaak en kerke in museums omskep.

Hoe rym dit alles? Miskien is daar ‘n leser hiervan wat kan verduidelik!

стоимость брекетов на зубыАлександр Фильчаков Васильевич

Politici leer stadig

Politici leer stadig. Indien ooit. Dit is die jaar 1970. Min of meer, want ek kan die dag en datum nie presies onthou nie. Maar die gebeurtenis is in my brein ingegraveer. Ek is jonk, ambisieus en begeester. Die plek is die stadsaal van Pretoria. Die geleentheid: die kongres van die Nasionale Party van Transvaal is in sitting. Daar hang spanning in die lug. Die eerste tekens van ‘n breukspul sweef reeds rond.

Die knelpunt waaroor dit gaan is die reg van die Nieu-Seelanders om Maori’s in hulle besoekende span na SA in te sluit. ‘n Belaglike saak, sou ‘n mens dink. Hoe kan SA nou voorskryf aan ‘n buitelandse moondheid wie in ‘n nasionale span ingesluit mag word, al dan nie. Daar is twee kampe: die Hertzog-mense teenoor die uitwaartse beleid van John Vorster. Albert Hertzog redeneer dat dit die dun wig is wat die dyke sal breek. Vorster is die Eerste Minister. Die tragiek van die saak is nie die tema waaroor dit gaan nie, maar hoe die politieke voorbokke van die NP dit hanteer het.

John Vorster volhard dat die sportbeleid nie verander nie. Hertzog vra hoedat die sportbeleid dieselfde kan bly as Maori’s voorheen nie welkom is nie, maar voortaan welkom sal wees.

Die kongres is egter, soos menige vorige keer, ‘n rubberstempel van die leierskap. ‘n Ordemosie word voorgestel dat daar gestem word. Daar word nie oor ordemosies gepraat nie. Daar is ook nie per geslote stembriefie gestem nie. Dit is hande-opsteek. Diegene wat daarteen gestem het dat Maori’s nie die land mag besoek nie, moes opstaan, hulleself identifiseer (naam, kiesafdeling, ens.). Die teenstemme se name en besonderhede is in Die Transvaler, die destydse mondstuk van die NP, gepubliseer. Hulle is geïntimideer, geïsoleer en geostraseer. Die netto-resultaat: Albert Hertzog, Jaap Marais, Willie Marais en ander LV’s verlaat die NP en stig die Herstigte Nasionale Party.

Intussen het baie water in die see geloop. Die dyke het gebreek. Daar is boedel oorgegee. Die Afrikaner is ernstig verdeel. Die jaar is 2009. Die geleentheid: die Vryheidsfront se Jeugkongres vind in Orania plaas. Tot dusver het die VF op kampusse, soos op Pretoria, die morele hoëgrond beset. Daar is heethoofde onder hulle. Daar is ongeduld oor die gebrek aan vordering. Die een wil dit en die ander wil die pas volgens die bevele van die senior leiers markeer. Intussen was daar die rebellie van die vorige leier van die Jeugarm. Soos tipiese politici word daar gekonkel oor wie die gedissiplineerde en uitgestote rammetjie-uit-nek Van Rensburg moet vervang. Daar word koppe getel. Daar word gevind dat die voorkeurkandidaat van die leierskap nie die paal gaan haal nie. Wat doen een van die senior leiers van die VF? Presies soos verwag kan word! Hy gebruik die lat om orde te skep. Die Gauteng-jeugarm word ongrondwetlik verklaar, omdat hulle nie volgens die “boek” van voorskrifte betyds binne die spesifieke tydraamwerk gereorganiseer het nie.

Die resultaat? Onmin. Tweespalt. ‘n Uitstappery. Die solidariteit is verbreek. Nog meer: die broederskap verkrummel en nog ‘n dyk breek.

Bogenoemde twee gevalle herinner my aan my kuier in 1968 by staatspresident “Blackie” en tant Nellie Swart op hulle plaas “De Aap” naby Brandfort in die Vrystaat. Ons gesels oor leierskap. Ek vra: “Watter leier is na u mening die grootste van hulle almal”. Ek het bedoel Afrikanerleier! Oom Blackie was gou om te antwoord: “Twee name staan uit. Dr. H.F. Verwoerd en dr. D.F. Malan.” Hy vertel ‘n verhaal met ‘n lewensles vir ware leierskap.

Dit is die jaar 1947. Die verkiesing van 1948 loer om die hoek. Die Verenigde Party van Smuts is aan die stuur. Die Afrikaners is verdeel tussen Sappe (die VP), die Afrikanerparty van Klasie Havenga en die gesuiwerde Nasionale Party van J.G. Strydom (die latere eerste minister). Die Hoofleier van die Nasionaliste is dr. D.F. Malan. Hy is oud-predikant. Hy is self bejaard. Die plek: dit is die Raadsaal van die Vrystaatse Republiek in Bloemfontein. Die tema: die wenslikheid van samewerking tussen die Nasionale Party van D.F. Malan en die Afrikanerparty van Klasie Havenga. Daar is duidelik twee kampe. Die “hardegat” gesuiwerdes, onder die leiding van J.G. Strydom (die leeu van die Noorde) en ondersteun deur H.F. Verwoerd en mev. Ebel Jansen (vrou van die toenmalige Goewerneur-generaal) is teen ‘n politieke alliansievorming met die Afrikanerparty. Dr. D.F. Malan, ondersteun deur dr. Eben Dönges verwoord die noodsaak van samewerking.

Die spanning laai op. Twee onversoenbare standpunte staan teenoor mekaar. Die donker houtpanele en swaar skilderye aksentueer die historisiteit van die oomblik. En dan gebeur die onverwagte: iemand uit die “liberale Kaapse kant” ten gunste van samewerking staan op en beledig die brullende Leeu van die Noorde. Dit lyk asof die swaar gordyne skielik versteen. Hiermee neem J.G. Strydom nie genoeë nie. Hy staan op. Grom dat hy hom nie sal laat beledig nie. Gryp sy breërandhoed en aktetas en stap dubbeldeure se kant toe. Toe Strydom opstaan, toe volg H.F. Verwoerd en mev. Jansen. Die konsekwensie is duidelik: skeuring is aan die orde van die dag. Nog ‘n dyk breek. Verdeel en heers …

Dr. Malan steun met sy swaar kop op sy hand wat onder die ken staan gemaak is. Hy sien hoe Strydom die middelpaadjie afstap. Hy besef die krieke aard van die moment. Toe Strydom die antieke koper-deurhandvatsel vasvat om die deur oop te maak en finaal uit te stap plof die hand van Malan op die stinkhouttafelblad neer. Hy blaf ‘n skor bevel uit: “Hans, kom terug … ek het jou nodig … ek sê kom terug!”.

Hans Strydom, die Leeu van die Noorde, het omgekyk en diep in die oë van Malan ingekyk en die opregtheid raakgesien. Strydom het sy greep op die handvatsel verslap. ‘n Paar sekondes stilgestaan en die oomblik oorweeg. Hy het met afgemete tree na dr. Malan terug gestap en sy sitplek ingeneem. Verwoerd die denker en die vurige Mabel Jansen het gevolg. Die geredekawel is gestop. Daar is eenparig besluit om in alliansie met die Afrikanerparty te gaan. Die verkiesing het gekom en gegaan en dr. D.F. Malan het op sy bejaarde leeftyd van bykans tagtig eerste minister van die Unie geword. Oom Klasie, soos ek hom as kind geken het, is die portefeulje van Finansies gegee. So het die “goue jare” van aanvanklike NP-bewind begin.

Later het J.G. Strydom met die aftrede van dr. D.F. Malan die eerste minister geword. Ja, D.F. Malan het ook geweet dat daar ‘n tyd is om uit te tree, om die leierskap aan iemand anders te gee. Die begaafde Hendrik Frensch Verwoerd het nog later eerste minister geword en ‘n republiek uitgeroep. Met die steek van ‘n dolk in sy hart, het die Afrikaner stelsel matig doodgebloei …. tot waar ons vandag is. In sak en as!

 

радиоуправляемые вертолетикиФильчаков Александр Васильевич

Duskant die Rubicon

“Die Rubicon oorsteek” is spreekwoordelik ‘n onomkeerbare daad. Die Rubicon is ‘n 29 kilometer rivier in Italië. Hierdie idioom is ontleen aan Julius Caesar wat die Rubiconrivier in 49 vC oorgesteek het, ten spyte van ‘n Romeinsregtelike verbod om so te doen. Die Rubicon was die grens tussen Noord en Suid Italië en om die Rubicon oor te steek was gesien as ‘n rewolusionêre daad van aggressie.

Binne die Suid-Afrikaanse konteks is die verwagting, deur minister “Pik” Botha – ten minste aan ons amptenare verbonde aan buitelandse missies geskep – dat president P.W. Botha by die Natalse kongres van die Nasionale Party verrykende beleidsveranderinge sou aankondig. Op daardie stadium was die skrywer hiervan die Saakgelastigde van Suid-Afrika by die SA Ambassade in Den Haag, Nederland. In ‘n spesiale communiqué van die Minister is ons daarop bedag gemaak om die toespraak van die President onmiddelik by vrystelling aan belangrike meningsvormers uit te stuur.

Die presidensiële beleidstoespraak sou vooraf aan Missies gestuur word. Daar was ‘n gees van afwagting. Die teleksmasjiene is dopgehou, maar die toespraak het nie gekom nie. Die aand van die lewering van die toespraak het ons Nederlandse politici en joernaliste na die Ambassade uitgenooi. Die bedoeling was om die toespraak stuk vir stuk tot hulle beskikking te stel. Die antiklimaks kon nie groter gewees het nie. In teenstelling tot die geskepte verwagting het mnr. P.W. Botha ‘n uitdagende toespraak gemaak. Sy wysvinger het ten hemele gewys. Hy was nie bereid om die wit Suid-Afrikaners op ‘n pad van “abdikasie en selfmoord” te lei nie. Sonder wit Suid-Afrikaners, het die President gesê, sal die land deur “faksiegeweld en armoede” in chaos gedompel word. Hy het geen respek vir rewolusionêre anargiste wat Afrika in ‘n sterwende vasteland verander het nie. Mandela en “sy vriende” was in die tronk, het Botha bygevoeg, omdat hulle “’n rewolusie beplan het”. Hy sal hulle net vrylaat as hulle geweld afsweer.

Jare later, ja, kort voor die dood van president Botha, het ek ‘n gesprek van twee Nederlandse joernaliste met hom gereël. Die bejaarde president het ingewillig en was bereid om kwart oor tien een oggend met hulle te praat. Die gesprek het tot 15h00 die middag voortgeduur. Die gesprek met Botha is op band opgeneem.

Een van die vrae wat ek aan die joernaliste voorgestel het om met die president op te neem was wat die waarheid aangaande die Rubicon toespraak was. Die gryse Botha het onomwonde verklaar dat hy verskillende insette van sy ministers gekry het. So het hy advies gekry oor wat hy moes sê om verhoudinge met die buiteland te normaliseer. Botha het egter onomwonde verklaar dat hy op geen gegewe stadium laat blyk het dat hy wel verrykende politieke stappe sou aankondig nie. Hy het ook geen suggestie gemaak dat mnr. Nelson Mandela vrygelaat sou word nie. Dit was dus aannames wat sonder sy medewete en toestemming gemaak is.

Hierdie storie het my onwillekeurig laat dink aan ‘n gebeurtenis in New York. Dit was die bewindsfase van president J.B. Vorster. Die betrokke minister het ‘n toespraak voorberei wat ‘n tipe Rubicon was. Hy het sy privaatsekretaris in my teenwoordigheid opdrag gegee om die toespraak, vergesel van ‘n dekbrief aan “die baas” (dus mnr. Vorster) te stuur. Indien mnr. Vorster nie teen 15h00 terugkom nie, sal aanvaar word dat hy akkoord gaan, is in die dekbrief geskryf. Die brief is aan die privaatsekretaris gegee en toe ons wegstap het die minister bygevoeg: “Teleks dit en trek dan die prop van die teleksmasjien uit!”.

 

подсветка картин иФильчаков прокуратура харьков

Die skandaal rondom die ‘inligtingskandaal’

Voor die uittrede van minister “Pik” Botha as destydse minister van buitelandse sake, het hy met groot sorg die geskiedenis van buitelandse sake laat skryf. Groot was my verbasing dat daar in hierdie belangrike stuk werk nie ‘n woord gerep word oor twee hoofdirektorate onder mnr. Botha wat koverte projekte bedryf het nie. Hierdie stand van sake het die hele inligting-”skandaal” in herinnering geroep.

Die inligtingtragedie van die tagtigerjare het die direkte gevolg gehad om die befaamde generaal Hendrik van den Berg (hoof van die nasionale intelligensiediens) en die belasterde drs. Connie Mulder (minister van inligting) en Eschel Rhoodie (direkteurgeneraal van inligting) te onttroon. Die verdere gevolge van die “skandaal” was dat president John Vorster in oneer deur die staatsgreep uit die mag gestel is. Minister Connie Mulder moes bedank. Voor dit was hy die kroonprins van die Nasionale Party. Dr. Eschel Rhoodie het eers landuit gevlug, is in Frankryk gearresteer (sonder om sy vrou in te lig wat iewers in ‘n hotel tevergeefs op hom sit en wag het), hier in Potgieterstraat in die tronk gesmyt, later onskuldig bevind en is per eersteklasvliegkaartjie terug na Europa. Veel later het hy weens ‘n hartaanval op ‘n tennisbaan in Amerika gesterf, ver van die land waarvoor hy op ‘n stadium alles gegee het.

Die Vorster/Van den Berg/Mulder-era is opgevolg deur P.W. Botha en R.F. Botha. Dit het bekend gestaan as “die coup van die Bothas” en wraak van Robert Charles Barry, die toenmalige ouditeur, kontroleurgeneraal en voorganger van Rhoodie by inligting. Een militêre vuis, die vuis van Vorster se veiligheidspolisie, is vervang deur die sekurikrate (die weermag en sekretariaat van die staatsveiligheidsraad). Hierdie omruiling van die mag het ook uiteindelik sy logiese uiteinde in die politieke kapitulasie van F.W. de Klerk, die vrylating van Nelson Mandela en oorname deur die ANC gevind.

Die beweegrede vir die oorname van die Bothas en die vernietiging van Vorster en Mulder deur die Bothas het rondom die geheime projekte van Eschel Rhoodie en sy inligtingsdepartement gedraai. Suid-Afrika was die skyf van die kommunisme in die Koue Oorlog tussen Oos en Wes. “Pik” Botha se buitelandsesakedepartement – of die streepbroekbrigades, soos hulle geheet het, is nie vertrou om die politieke boodskap van afsonderlike vryhede effektief te bemark nie. Daarom is die departement van inligting in die binne- en buiteland ontplooi, om as propaganda-arm die politieke boodskap van afsonderlike vryhede te verwoord. Die department van inligting se werksaamhede is egter nie deur die Wet op amptelike geheime gedek nie en om dit deur wetgewing te doen, sou slapende honde wakker maak. Daarom moes ‘n ander weg gevind word. Hierdie weg was die geheime rekening van die Weermag. Die ambisieuse P.W. Botha en opponent van Connie Mulder was die betrokke minister.

Die hooftaak van die inligtingsmanne by buitelandse missies was die bemarking van die politiek van afsonderlike ontwikkeling. Bemarking moes met konvensionele asook onkonvensionele metodes geskied. Politieke fronte is wêreldwyd tot stand gebing. Agente is onplooi en miljoene rande is in ‘n veldtog, wat op sielkundige oorlogvoering neergekom het, geïnvesteer.

Met R.F. Botha aan die politieke stuur van buitelandse sake is die inligtingsmanne teen wil en dank by missies aanvaar, maar altyd as tweederangse diplomate hanteer. Inligtingsmanne is as attachés, of aangelaptes, ontvang. Hier en daar was daar ‘n raad en in ander gevalle ‘n residentminister (‘n diplomatieke titel hoër as dié van ‘n raadgewer) op die diensstaat van ‘n ambassade aangestel, maar die tweede-in-bevel was deurgaans ‘n streepbroekdiplomaat van buitelandse sake. Die teenkant van die munt was natuurlik dat hoofde van missies grootliks in die duister was oor die “politieke” doen en late van inligtingsmanne. Dit is aan die diskresie van inligtingshoofde oorgelaat om die hoofde van missies in te lig, as en wanneer nodig.

Onder die leiding van die dinamiese Eschel Rhoodie het die departement van inligting, ondersteun deur generaal Hendrik van den Berg se nasionale intelligensiediens, as ‘n effektiewe propaganda-instrument ontwikkel. Die moreel onder die amptenare was hoog. Die departement is uitgebou as ‘n alternatiewe “departement van buitelandse sake”. As en wanneer B.J. Vorster die mag sou oorgee aan Connie Mulder, waarna Connie Mulder vir Eschel Rhoodie sy minister van buitelandse sake sou maak, is wyd en syd gespekuleer.

Onder die leiding van die Rhoodie-broers en onder aansporing van Connie Mulder is gesoek na ‘n alternatiewe politieke beleid, wat konsosiatiewe demokrasie, Lijphart se model, geheet het.

Die wêreldwye aanslag teen SA het natuurlik in die guns van die departement van inligting getel. Die ANC het inmiddels geslaag, om met die hulp van Westerse moondhede apartheid tot ‘n “misdaad teen die mensdom” te verklaar. Die boodskap wat menige ambassadeur deur minister Botha na die kabinet gestuur het, was dat die wêreldwye aanslag teen SA kan lei tot internasionale sanksies en selfs die blokkade van Suid-Afrikaanse vliegtuie en skepe. Dus ‘n totale isolasie van die land.

Die departement van inligting was egter die voorstander van ‘n idee dat SA net deur onkonvensionele metodes gered kon word. Dit het behels:

  • Die skepping van geheime frontorganisasies in die belangrikste Westerse lande.
  • Die geheime ontplooiing van agente, wat politici en joernaliste, in die buiteland ingesluit het.
  • ‘n Uitgebreide gasteprogram om buitelandse meningsvormers te toon welke projekte in die binneland van stapel gestuur is om swartes vanuit hul armoede en onderontwikkeling op te hef.

Soos te verstaan, is agente en medewerkers in harde kontant betaal, maar is kwitansies nie gevra nie. Watter buitelanders sou dan meewerk as dit ‘n vereiste was?

Die swak skakel of Achilleshiel in die operasionele raamwerk van die inligtingsdepartment was dat die geheime fondse deur die Weermag gekanaliseer is. Die politieke vyande van Vorster, Mulder en Rhoodie sou hierdie swakte in die politieke magspel tot eie voordeel uitbuit. Na bewering is projekte en dokumente na die media gelek. Op hierdie stadium is dit miskien ongewens om nadere besonderhede oor die personalia en taktiek van die politieke oorname te gee. Feit is dat die Bothas oorgeneem het en dat die buitelandse komponent van die voormalige departement van inligting deur die departement van buitelandse sake opgeneem is.

Die logiese verwagting is natuurlik dat alle voormalige geheime projekte gesluit sou word. Nee, inteendeel, die ambisieuse “Pik” Botha het genoeg politieke slinksheid en diepte gehad om te weet dat hy nou die alleenverantwoordelikheid vir die politieke oorlewing van SA in die buiteland dra. Derhalwe moes die koverte projekte gewoon voortgaan en in intensiteit verhoog! In die reorganisasie van buitelandse sake is die volgende koverte hoofdirektorate tot stand gebring:

  • Hoofdirektoraat strategiese beplanning met as opdrag die diskreditering van die ANC en van bevrydingsteoloë; en
  • hoofdirektoraat ekonomiese projekte, om desinvestering teen te werk.

Hierdie hoofdirektorate is stelselmatig mee weggedoen toe die klok vir die Nasionale Party in die onderhandelingspolitiek gelui en die grafskrif ook vir buitelandse sake geskryf is. Hier rondom 1992 is die dokumente van beide hoofdirektorate op groot skaal vernietig en het politieke geheueverlies oorgeneem. Derhalwe is die dokumente nie tot die beskikking gestel van diegene wat die geskiedenis van buitelandse sake geskryf het nie.

Om puntjie by paaltjie te plaas: die vermeende inligting-”skandaal” van die tagtigerjare is deur ‘n ware skandaal in die negentigerjare opgevolg. Tot dusver het geen haan daarna gekraai nie.

для девочек игриФільчаков прокурор

‘Goeie grondwet’ is ‘n mite

Christo LandmanDit het ‘n stereotipe geword dat die Suid-Afrikaanse grondwet (1996) “die beste ter wêreld is”. As iemand ‘n twyfelagtige ding kwyt raak en ‘n volgende én nog ‘n volgende persoon herhaal dit, ontstaan ‘n persepsie. ‘n Persepsie wat uitkring word ‘n stereotipe. ‘n Stereotipe is ‘n sosiale konstruksie met wye aanhang. Volgens sosiale wetenskaplikes is dit besonder moeilik om ‘n stereotipe af te breek.

Die vraag is dus: is dit waar dat die SA Grondwet die beste ter wêreld is? Hierdie stereotipe kan net gedekonstrueer word, as die grondwet self aan indringende kritiek onderwerp word. Hierdie artikel beoog presies die dekonstruksie van die SA Grondwet!

Dit is van groot betekenis dat Suid-Afrika in die verskanste grondliggende bepalings getipeer word as “een, soewereine demokratiese staat” (a.1), wat artikel 235, die reg op selfbeskikking, wesenlik van nul en gener waarde maak. Ook in artikel 235 word die reg op selfbeskikking van ‘n gemeenskap ondergeskik gemaak aan die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking”, dus binne die raamwerk van ‘n eenheidstaat (a.1).

In hierdie eerste artikel word net op die Menseregte-akte, Hoofstuk 2 van die Grondwet, gefokus. Die Handves word beskryf as die hoeksteen van die demokrasie in SA (a.7). Die Handves bind die staat en staatsorgane [a.8(1)] asook ‘n persoon en ‘n regspersoon [a.8(2)].

Reeds by die aanvang van die dekonstruksie moet die klem op die sg. beperking-van-regte-klousule (a.36) van die grondwet geplaas word. Hiervolgens kan ‘n reg in die handves beperk word [a.36(1)]. Die beperking van ‘n reg is onderhewig aan faktore soos redelikheid en regverdigbaarheid in ‘n oop en demokratiese samelewing. Dit is redelik om te aanvaar dat die grondwetlike hof uiteindelik sal besluit wat redelik en regverdigbaar is, maar gesien die feit dat die howe in die proses van transformasie, dus verafrikanisering verkeer, is dit voor die handliggend dat presidensieel aangestelde regters die ghong van die staatshoof sal slaan.

Naas die beperking-van-regte-klousule word sommige artikels van die Handves reeds in ander artikels beperk, soos later uit die analise sal blyk. Daarnaas moet bygevoeg word dat wetgewing van die regering ‘n artikel van die Handves nader kan bepaal en dus beperk.

Die gelykheidsklousule (a. 9) is ‘n goeie voorbeeld waar hierdie klousule reeds deur werkreservering vir swartes tot nadeel van wittes beperk word en waar die wet op gelykheid verdere inhoud daaraan gee. Artikel 9 beoog gelykheid maar in 9(2) word legitimiteit aan wetgewende en ander maatreëls gegee wat daarop bedag is om voorkeur aan persone te gee wat deur onbillike diskriminasie benadeel is. Wetgewing wat gelykheid nader kwalifiseer definieer die benadeelde persone as swart.

Artikel 11 verklaar ewe vroom dat elkeen die reg op lewe het. Op grond hiervan is die doodstraf afgeskaf. Die ongebore kind word egter van ‘n reg op lewe uitgesluit en kan binne die perke van tydsraamwerke geaborteer word. Selfs sonder goedkeuring van ouers op die vroeë ouderdom van twaalf jaar.

Die reg op vryheid en sekerheid van die persoon (a.12) word bely, maar dit het al staande praktyk geword dat witmense laat op ‘n Vrydag of oor die naweek in hegtenis geneem word, om borgtog en die verkryging van die dienste van ‘n prokureur te bemoeilik. In aanhouding word ook die reg op sekerheid en beheer oor die eie liggaam [a.12(2)] genegeer, wanneer aangehoudenes in toestande aangehou word waarin verkragtings moontlik is.

Daar is groot twyfel of die reg op privaatheid (a.14) deur die owerheid van die dag en sy organe gerespekteer word. Daar is bewyse dat die gesprekke en korrespondensie van persone sonder hulle toestemming bekom en ontleed word.

Terwyl die akte godsdiensvryheid (a.15) bely, word godsdiensbeoefening by staats- en staatsondersteunde instellinge beperk deurdat ‘n orgaan van die staat die reëls bepaal ingevolge waarvan dit toegelaat word. Hier is dus ‘n direkte politieke ingreep in die reg op godsdiens.

Dit staan elke burger vry om ‘n politieke party te stig (a.19(1)(a)), maar desondanks word die stigting van ‘n politieke party onderhewig gemaak aan allerlei voorskrifte en bepalinge van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Deelname van ‘n gestigte party aan ‘n nasionale verkiesing kan soveel as vyf honderd en veertig duisend rand beloop. Indien so ‘n party nie ‘n setel verwerf nie, word die deposito verbeur.

Die reg op vryheid van beweging en verblyf (a.21) maak dit wesenlik onmoontlik vir die owerheid om te beplan, want ‘n persoon (of persone) en selfs gemeenskappe kan oornag besluit om van bv. ‘n landelike gebied na ‘n stedelike gebied te verhuis, sonder werk of vaste adres. Artikel 26 in sake die reg op toegang tot geskikte behuising moet met artikel 19 saamgelees word. Hierdie ongebreidelde reg werk die krotwoonbuurtes in die hand en is strydig met die reg op vrye beweging in moderne regstate soos Duitsland. In Duitsland is ‘n persoon wat van een gebied na ‘n ander verhuis verplig om by vertrek by die polisie af te teken en by aankoms in die nuwe gebied te registreer. Registrasie is net moontlik as daar bewys is van ‘n vaste adres en werk. By registrasie word ‘n “Ausweiss” of identifikasiedokument uitgereik; ‘n dokument wat verlang word selfs by die huur van ‘n DVD of aankoop van ‘n motor.

Die reg op ‘n vakbond (a.23(2)(a)), wat aan kollektiewe bedinging verbind is, gee aan arbeiders regte wat nie net tot nadeel van die land in die geheel kan strek nie, maar tewens die regte van werkgewers oorheers.

‘n Knelpunt in die handves van regte is die eiendomsklousule (a.25). ‘n Persoon kan sy eiendom ontneem word ingevolge ‘n geldende regsvoorskrif of wet (a.25(1)) wat deur die owerheid van die dag uitgevaardig kan word. Ook die reg op eiendom is dus ‘n relatiewe reg wat onderhewig aan die politieke ideologie gemaak word. Ook hier speel “regstellende aksie” ‘n rol. Persone wat hulle eiendom in die verlede ontneem is, ingevolge bv. die beleid van afsonderlike ontwikkeling, kan binne die nuwe konteks weer daarop aanspraak maak (a.25(7)). Die owerheid-van-die-dag word nie verhinder om grond-, water-, en verbandhoudende hervormings deur te voer nie (a.25(8)).

Die reg van die kind (a.28) en die kind se beste belang na die oordeel van die howe kan die reg van ‘n ouer oorwoeker. Soos bv. in die geval van die reg op aborsie kan selfs ‘n twaalfjarige kind sonder ouerlike medewete of toestemming besluite neem.

Die reg op onderwys (a.29) is ‘n knelpunt in SA. Die reg op onderwys in ‘n openbare skool word onderhewig gemaak aan die onderwysorgane van die staat se oordeel of daardie onderwys “redelikerwys doenlik” is (a.29(2)). Insgelyks word diegene wat hulle kinders in “onafhanklike skole” wil plaas in die nadelige posisie geplaas dat daar nie ‘n reg uitgeoefen kan word op belastinggeld vir die instandhouding van onafhanklike skole nie. Selfs aan openbare onderwysinstellinge word ouerlike organe in bestuursliggame onderhewig gemaak aan die politieke diskresie van ‘n onderwysorgaan, soos in onderwyswette beliggaam word. Bestuursliggame word in feite substrukture van die onderwysorgane en daarmee word die onderskeid tussen organe van die burgerlike samelewing teenoor organe van die staat opgehef. Hierdie tendens is strydig met artikel 31(1)(b) wat duidelik verklaar dat persone nie die reg ontsê mag word om saam met ander lede van ‘n gemeenskap hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie.

Terwyl die reg op taal en kultuur (a.30) geformuleer is, word Afrikaans en die ander inheemse swart tale onderhewig gemaak aan die owerheid se keuse van Engels as algemene bestuurstaal. Dít ten spyte van die feit dat daar elf amptelike tale is (a. 6).

Uit die bg. analise of dekonstruksie kom dit voor dat die beginsels wat in die handves van regte vervat is, nie fundamenteel is nie, maar relatief. Die relatiwiteit van die beginsels word beoordeel en bepaal deur die owerheid-van-die-dag. Indien ‘n instelling van die burgerlike samelewing die owerheid-van-die-dag in die hoër howe en uiteindelik in die grondwetlike hof wil aanvat, gaan dit gepaard met ‘n geweldige finansiële las om regspraktisyns en hofkostes te betaal. Ook in hierdie opsig word instellinge van die burgerlike samelewing in ‘n nadelige posisie geplaas.

In ‘n opvolgartikel sal besin word in hoe ‘n mate die res van die grondwet aan die eise van ‘n gedesentraliseerde en gedifferensieerde regstaat voldoen.

top 10 freeДанильченко Юрий Брониславович

Geldmors: ‘n Tydverdryf van die ANC

Die politieke onwil van die regering-van-die-dag om Hoofstuk 9-Instellinge van die Grondwet te rasionaliseer en daarmee miljoene Rand te spaar is duidelik.

Op 31 Julie 2007 het ‘n ad hoc-komitee van die parlement ‘n verslag van 265 bladsye oor die Hersiening van Hoofstuk 9 en geassosieerde instellinge die lig laat sien. Die verslag is teen 2009-11-18 nog nie ter tafel geneem nie. Intussen is nuwe kommissarisse by die Kommissies vir ‘n verdere termyn van 5 jaar aangestel. Die chaos duur voort!

‘n Wye aantal menseregte-instrumente maak deel uit van die 1993 en 1994 grondwette. Hierdie instellinge is in Hoofstuk 9 van die 1994 Grondwet vervat. Die doelwit van die instrumente is die volledige transformasie van die samelewing. Ook om grondwetlike regering in SA te versterk. Die instellinge sou onafhanklik van die regering funksioneer. Desondanks maak die betrokke Ministers aanbevelings aan die President en die President doen die aanstellings. Daar is dus duidelike politieke inmenging.

Tien jaar later besluit die regering dat ‘n veel-party ad hoc-komitee van die parlement die prestasies van die instellinge sou ondersoek. Die ad hoc Komitee moes vasstel of die uitkomste van die kommissies in verhouding is tot die finansiële insette.

Die volgende instellinge moes voorleggings maak en voor die ad hoc Komitee van die Parlement verskyn:

* Die Openbare Beskermer

* Die Menseregte-kommissie

* Die Nasionale Jeugkommissie

* Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuur-gemeenskappe

* Die Pan SA Taalraad

* Die Kommissie vir Geslagsgelykheid

* Die Ouditeur-generaal

* Die Finansiële en Fiskale Kommissie

* Die Verkiesingskommissie

* Die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid

* Die Staatsdiens-kommissie

Elkeen van bg. instellinge beskik oor ‘n presidensieel-aangestelde voorsitter en raad, asook ‘n hoofuitvoerende beampte, in terme van finansiële wetgewing en voorskrifte, asook ‘n eie administrasie.

Die algemene bevindinge van die ad hoc-Komitee is dat die begrotings deur een instelling in die parlement beoordeel moet word; dat die voorsitters van die Kommissies deur die instellings self aangewys word; dat daar uniforme kriteria gebruik word in die aanstelling van lede; dat ministers nie inspraak in aanstelling sal hê nie; en dat ‘n toesighoudende komitee by die Speaker gesetel sal wees en nie by portefeulje-komitees nie. Daar is ook bevind dat daar spanning en oorvleueling tussen die instellinge is en dat gesagslyne tussen die uitvoerende hoofde daarvan en die uitvoerende lede onduidelik is.

Aangesien daar elf instellinge ondersoek is en oor elkeen ‘n verslag uitgebring is, word slegs in hierdie artikel op die uitkomste van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Reg van Taal-, Godsdiens- en Kultuur-gemeenskappe gefokus. Die parlementêre verslag verklaar, onder meer, dat na vier jaar op daardie stadium in die bestaan van die 185 Kommissie:

* Dat die Kommissiewet, Wet 19 van 2002, nie verstaan is nie.

* Dat die werksverhouding tussen die voorsitter van die Kommissie en die kommissarisse nie uitgeklaar is nie en deur spanning gekenmerk word.

* Dat die gemeenskapsbegrip met betrekking tot gemeenskapsrade nie opgeklaar is nie.

* Dat die kriteria waaraan gemeenskapsinstellinge moet voldoen vir erkenning by die Kommissie nie geproklameer is nie.

* Dat te veel geld aan salarisse in verhouding tot die funksies van die Kommissie bestee word.

* Dat klagtes uit die burgerlike samelewing onvoldoende hanteer is.

By die skryf van hierdie artikel het ‘n verdere twee jaar verloop. ‘n Nuwe voorsitter en kommissarisse is sedert 1 Januarie 2009 aangestel. Dit wil voorkom asof kultuur-, godsdiens- en taal-instellinge – van ten minste uit die Afrikaanse taalgemeenskap – nie weet wat die Kommissie sedertdien doen nie.

Die onafwendbare konklusie waartoe geraak word is dat daar ‘n politieke onwil by die regering-van-die-dag is om die verslag van die ad hoc-Komitee van die parlement ter tafel te neem en die bevindinge te implementeer. Daar is ook ‘n laksheid om die Hoofstuk 9-instellinge sinvol te rasionaliseer, duplikasies uit te skakel en koördinasie te bewerkstellig. Sommige van die Kommissies, soos tewens die geval by die Kommissie vir Gemeenskapsregte, is hoofsaaklik indiensnemingsorganisasies, sonder behoorlike bestuur en uitkomste betreffende die bevordering en die beskerming van taal-, godsdiens- en kultuur-regte. Daar moet gevra word hoe die Kommissie meen om regte te bevorder en te beskerm as sodanige kultuur-, taal- en godsdiensregte na ses jaar van die bestaan daarvan nie by wyse van alternatiewe aktes – tot die individuele regte-akte van hoofstuk 2 van die grondwet – geformaliseer is nie. Kommissarisse sonder behoorlike kennis van grondwetlike regte en prosesse is aangestel en sonder diepgaande opleiding in openbare posisies geplaas, waarvoor hulle nie opgelei en doeltreffend is nie.

 

профессиональная гигиена полостиалександр лобановский класс

Die moderne armoede-vraagstuk aangespreek

Dit is duidelik dat die armoede-probleem die grootste enkele probleem is wat die toekoms van SA destabiliseer. Destabilisasie kan op die lange duur politieke opstande inhou. ‘n Politieke rewolusie kan ‘n diktatuur in die hand werk. Dit beteken ook fisiese onsekerheid: moord en doodslag en diefstal, ingevolge waarvan die armes van die rykes steel en in die proses moor en brand.

Die aanspreek van armoede vra ‘n swaar hand. Dit verg dikwels drastiese maatreëls wat binne ‘n demokrasie kontra-produktiewe politieke en staatkundige gevolge inhou. Daar is altyd ‘n politikus en party wat teer en floreer op die griewe van die kiesers. Die een se politieke brood is die ander se uittree-dood. Derhalwe is die probleem wesenlik onoplosbaar, die politieke oogmerke en beloftes ten spyt.

Die oorsake van swart armoede moet gesoek word in die ontembare bevolkingsontploffing. Gesinsbeplanning soos in die Westerse wêreld is onbekend. Dikwels is dit die blinde noodlot en onbeteuelde drange wat tot groot gesinne ly. Inkomste en fatalisme word nie met vermoëns en beplanning uitgebalanseer nie. Van die belangrikste redes in die plofbare bevolkingsgroei in SA is:

* Die reg op vrye vestiging vanaf die landelike gebiede na die stedelike ruimtes volgens eie onbelemmerde keuse, dikwels sonder werk of vooruitsig op behoorlike huisvesting.

* Die onder-ontwikkelde stamgebiede in die voormalige etniese nasionale state.

* Oorgrens-bevolkingsverskuiwings uit buurlande soos Zimbabwe en andere.

* Arbeidswetgewing wat produktiewe boere noodsaak om te meganiseer en dus om van hulle werkers ontslae te raak.

* Die beloning van buite-egtelike geboortes met staatsubsidies.

Die arm-blanke-vraagstuk is egter vanweë geringe getalsterktes eiesoortig. Dat die klem na 1993 in die opheffing van die armes – weg van die blankes na die swartes – verskuif het, is waarskynlik ‘n belangrike faktor. Daarmee tesame het politieke werkreservering ten bate van die swartes en tot nadeel van wittes ‘n belangrike inset gemaak. Dat lae opvoedingspeile en seker ook genetiese armoede in ‘n mindere of meerdere mate medebepalend is, kan nie buite rekening gelaat word nie.

Die onmag van die demokrasie is dat maatreëls ter bekamping van armoede onpopulêr is en dikwels tot ‘n politieke omruiling van die mag, ten gunste van die armes in ‘n sosialistiese mag-staat kan degenereer. Maar met ‘n politieke wil en ystervuis kan die swart armoede-probleem hok geslaan word. Dit sluit in:

* Sluiting van die grense om buitelanders uit te hou.

* Terugwenteling van swart gesinne uit die etniese state na hulle state van oorsprong.

* Ordelike verstedeliking gepaardgaande met gekwalifiseerde verblyfreg in stedelike gebiede met die voorvereiste van ‘n vate adres en werk.

* Terugbring van lyf- en doodstraf vir ernstige oortredings.

* Herinstelling van stamowerhede en erkenning van die leierskap van tradisionele owerhede.

* Intrekking van minimumlone en bevordering van volle indiensneming.

* Welsynstoelae vir die armes en ellendiges maar dan met gepaardgaande dienslewering (opruiming van villus in swart woongebiede, vee van strate, ens.).

* Instandhouding van openbare tuine en parke.

* Herintegrasie van swartes in die landbou, veral in die etniese state.

* Grensnywerheidsontwikkeling rondom die swart etniese stamgebiede.

* Stimulering van tuisnywerhede.

Die blanke-armoede-probleem verg egter ‘n totaal andersoortige strategie. Hierdie voorgestelde strategie kan alreeds nou en veral onder die harde hand van swart regerings ingestel word. Dit behels:

* Vervang armblanke verstedeliking met blanke verlandeliking. Die oproep moet wees: trek julle wortels in die stede op en vestig julle op die platteland!

* Indiensneming van armblankes op plase en boerderye deur vermoënde boere.

* Die daarstelling van volkseie skole, veral op primêre onderwysvlakke.

* ‘n Klemverskuiwing vanaf akademiese onderrig na vakmansopleiding en handewerk.

Dit is nie so lank gelede nie dat armblankes vir meer welvarende blankes op plase as werknemers en selfs bywoners gewerk het. Die kinders op die omliggende plase is in plaasskole onderrig. Dikwels van graad 1 tot standerd 4. Die adel van ‘n volk kom nie noodwendig uit die rykes en slimmes nie, maar ook uit mense wat na aan die natuur leef. Deur in grond te vroetel is daar terapie. Armoede is nie armoede as daar ‘n koei of twee te melk is, as hoenders hulle eiers vir die tafel le en as vars groente uit die klam grond getrek en voorberei word.

Die slotsom waartoe gekom word is dat daar weinig aan die swart armoede-vraagstuk gedoen kan word. Diegene wat te bang is om in te gryp en die natuur sy gang laat gaan, sal vind dat hierdie fatalisme sy eie oplossings bied. Oplossings van toenemende werkloosheid, voedseltekort en siektes. Daar is wel iets aan die blanke armoede-probleem te doen. Die vraag is of die Afrikaners die moed en daadkrag het om die probleem by die horings te pak en aan te spreek. Onthou: ‘n volk red homself!

районная стоматологическая поликлиникаФильчаков прокурор отзывы

Berlyn, ‘n les vir Suid-Afrika

Dit is ‘n skokkende twintig jaar wat verby is, toe die Berlynse skandmuur spreekwoordelik geval het. So gaan die jare ongemerk verby! Stadig maar onverbiddelik.

Dit moet onthou word dat die 160 kilometer Berlynse muur van skande nie daar was om die kapitalistiese Wes-Duitsers uit te hou nie, maar om die gevangene burgers van die kommunistiese DDR in te hou. Insgelyks moet geboekstaaf word dat die muur nie geval het omdat die keiharde kommunistiese ideologie verkrummel het nie, maar juis omdat die ideologie van die kommunisme die toets om welvaart vir die bevolking te skep, miserabel gedruip het.

Enige ideologie wat ‘n greep op die vryheid en denke van ‘n beskaafde gemeenskap het, kan net bly staan as sodanige dogma sigbare welvaart, ekonomiese voorspoed en persoonsvryheid as uitkoms het. Wat dus vir die kommunistiese ideologie geld, geld ipso facto vir die ideologie van die huidige Suid-Afrikaanse politieke “teologie”. As welvaart ingeboet word, sal die huidige regime val. So seker soos die afbraak van die Berlynse muur.

Om die impak van Berlyn op die wêreldpolitiek te verstaan, moet goed onthou word dat Oos-Berlyn die spog-stad van die kommunistiese wêreld in die algemeen en van die Duits-Demokratiese Republiek (DDR) in die besonder was.

Dit moet Westerse politieke kortsigtigheid ten laste gelê word dat Duitsland na afloop van die Tweede Wêreldoorlog – soos die spreekwoordelike kleed van smarte van die gekruisigde Jesus – onder die alliansievennote geografies opgeveil en verdeel is. Die Unie van Sosialistiese Sowjet Republieke (USSR) het met Oos-Duitsland weggestap en hulle rug op die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Frankryk gedraai. Dit was die begin van die Koue Oorlog tussen Oos en Wes.

Die politieke etiek van lieg en bedrieg was eie aan die kommunistiese ideologie. So is die Duitsers vir geslagte lank daarvan beskuldig dat dit die Nazi’s was wat vyftienduisend Poolse offisiere vermoor het. Na die val van die USSR het dit geblyk dat dit Stalin se Bolsjewieke was. Iemand het daardie tyd geskryf dat ‘n kommunis vertrou kan word om ‘n kommunis te wees – verder niks! Daar is geen kollektiewe gewete nie, net propaganda.

Die USSR het die Duits-Demokratiese Republiek tot stand gebring: ‘n kommunistiese staat wat deur Duitse kommuniste onder toesig van die USSR regeer sou word. Die USSR het ‘n propaganda-strategie rondom die DDR ontplooi, wat waarskynlik iets met die briljante Duitse mentaliteit en vindingrykheid te make gehad het. Belangrik is dat die Duitse “volke” reeds in die eerste eeu van die opkoms van die Christendom ‘n reputasie vir tegnologiese innovasies, politieke vindingrykheid en welvaart gehad het. Potsdam, die hoofstad van die Brandenburg-provinsie, het bv. min of meer hier rondom 1992/93 die duisendjarige bestaan daarvan gevier.

Aan die ander kant was daar ‘n kenmerkende kommunistiese kortsigtigheid wat die basiese lesse van ‘n gesonde mensbeskouing buite rekening gelaat het. Die kommunistiese politici het geredeneer dat die diktatuur van die proletariaat, dus van die werkersklasse, die menslike ego tot selfverryking vernietig en dat die werkers hulle vryheid vrywillig aan die staat oorgedra het.

Die resultaat van hierdie mensvreemde ideologie op die DDR is dat die werkers hulle lus vir harde werk verloor het. Produktiwiteit het tot niet gegaan. Die infrastruktuur het gedisintegreer. Die paaie van die DDR het soos Suid-Afrikaanse weë begin lyk: vol slaggate.

Innoverende Oos-Duitsers het allerlei maniere uitgevind om die kommunistiese gevangenisskap te onvlug. Tonnels is gegrawe, lugballonne is ontwerp om Oos-Duitsers na Wes-Duitsland te neem.

In kort: met die val van die muur in 1989 was die Oos-Duitsers sowat 200 jaar agter die Wes-Duitsers.

Wes-Berlyn het egter soos ‘n blom in die woestyn oopgemaak en sy ware kleure gewys. Die infrastruktuur is gemoderniseer. Nuwe praggeboue – soos die Europa-sentrum – het in Wes-Berlyn die hoogte ingeskiet.

Selfs die verweerde geboue in Oos-Duitsland self, het soos die muur van skande geween oor wat een staat aan ‘n ander kan doen.

Die verrykendste gevolg van opeenvolgende generasies, het op twee soorte gemeenskappe gewys:

* Wes-Berlyners met ‘n sterk trek vir persoonlike en politieke vryheid wat welvaart nagestreef en geskep het.

* Die Oos-Berlyners wat kollektiviste geword het, sterk in hulleself gekeer is en met ‘n gebrek aan selfvertroue, het al die tekens van smart en rou vertoon.

Nie net in die oë van Oos-Duitsers nie, maar ook die donker, ongeverfde vaal-grys geboue van die kommunistiese argitektuur het saam met die muur self trane gestort en wanhoop uitgeadem.

Die groot vraag is of die verenigde federale Republiek van Duitsland en sy mense hulle nog gaan wreek op diegene wat hulle die politieke modder ingesleep het?

In 1992, toe ek met die vertrek van die Duitse President uit Bonn (die tydelike hoofstad) na Berlyn, die Suid-Afrikaanse Ambassade in Berlyn heropen het, is ek by geleentheid meegedeel dat daar veral in Oos-Duitsland ‘n groeiende Neo-Nazi-gevoel aan die ontwikkel is. Op daardie stadium is elke moontlike Joodse sinagoge in Berlyn deur die militêre opgepas. Van tyd tot tyd is rapporteer dat ‘n vark-kop by ‘n sinagoge gelaat is. Meeste nagklubs het geweier om gekleurdes toe te laat. Die Afrika-mens is soms van treine afgegooi … en so sou ‘n mens kon aangaan.

Dit is soms moeilik om die waarheidsgehalte van beriggewing oor die Tweede Wêreld Oorlog te beoordeel. Die USSR het propaganda tot ‘n wetenskap ontwikkel. Die oorwinnaar het die geskiedenis geskryf en herskryf.

Wat egter vasstaan is dat die Duitse volk uit die as opgestaan het. Miljarde is in Oos-Duitsland spandeer om die Duitse wanbalans tussen Oos en Wes te herstel. In die Ooste is daar na dekades van verval weer gepleister en geverf. Die primitiewe Trabant-motortjies is met Mercedez en BMW’s vervang. Die telefoonstelsels is afgeskryf en met ultra-moderne tegnologie vervang. Winkels en restaurante het soos paddastoele in die Ooste oornag verrys.

Soos reeds geskryf, is die les van Berlyn dat ‘n volk nie onderdruk kan word nie, dat vryheid en welvaart ‘n basiese, fundamentele en onvernietigbare drang is wat elke mens, kragtens menswees, adem. Ja, ‘n politieke ideologie wat sy burgers verarm, is gedoem om onder te gaan. Dit is net ‘n kwessie van tyd!

 

липецк оборудованиеФільчаков прокурор

Eensames van die ortodokse geloof se godsdiensrewolusie

In die soeke na ‘n verdraagsame gespreksruimte het die Nuwe Hervormingsnetwerk (NHN) op 31 Oktober 2004 tot stand gekom. Op hierdie dag het ‘n groep mense wat hulle rug op die ortodokse leerstellinge aangaande Jesus gedraai het in Centurion vergader, onderweg na ‘n nuwe spiritualiteit. Met ortodoksie word bedoel dáárdie Christene wat die leer en lewe van Jesus, op patroon van die Grieks-heidense filosofie, vermitologiseer het. Dit is die Jesus wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria, wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig en vir die sondes van die mens gesterf het en sit aan die regerhand van God. Hierdie Jesus-idee het van ewigheid tot ewigheid geleef, het ‘n mens met twee nature (God en Mens in een) en ‘n middelaar tussen die mens en God geword.

Die NHN-samekoms is op 31 Oktober 2009 soos volg in herinnering geroep:

  • ‘n Dagkonferensie van meer as honderd – klaarblyklik uitgelese ondersteuners van die Nuwe Hervormde Netwerk (NHN) – in samewerking met die Renaissance-gemeente van dr. Abel Pienaar, met as doelwit die “soeke na ‘n eietydse spiritualiteit”; en
  • ‘n artikel oor ‘n gesprek van Neels Jackson (die Beeld-joernalis) met Pieter van der Merwe (die voorsitter van die NHN).

Merkwaardig is die feit dat Jackson van Beeld nie ‘n woord oor die inhoud en uitkomste van die konferensie geskryf het nie.

Logos versus mitologie

Dr. Abel Pienaar van die Renaissance-gemeente het die konferensie ingelui met die tema van “ewolusie van spiritualiteit”. Met eietydse spiritualiteit bedoel Pienaar ‘n ruimte waar mense ontmoet en na wetenskaplike waarheid streef (die logos) en nuwe spiritualiteit (die mythos) vind.

Perspektief op Jesus van Nasaret

Die Ou Testamentiese geleerde en geestelike vader van die NHN, prof. Sakkie Spangenberg, het dit gehad oor die Jood Jesus. Spangenberg het pas ‘n boek gepubliseer oor Jesus van Nasaret. Spangenberg verwys na ‘n verskeidenheid van gepubliseerde werke wat ‘n groot invloed op sy lewe het:

  • J.H. Charlesworth (1991) se Jesus’ Jewishness: Exploring the place of Jesus in Early Judaism.
  • P. Kennedy (2006) se Modern Introduction to Theology: New Qustions for Old Beliefs.
  • G. Vermes (2001) se Jesus and the World of Judaism.

Soos die Nederlandse teoloog H.M. Kuitert, in sy Filosofie van de theologie, beklemtoon Spangenberg dat Jesus buite die konteks van die Judaïsme ondenkbaar is. Soos Bultman beklemtoon Spangenberg dat Jesus ‘n Jood was en nie die eerste Christen nie. Vir Kuitert in sy Jezus: nalatenschap van het Christendom moet ware spiritualiteit verlê van Jesus na God. So gesien is die teologie van Spangenberg – op patroon van Kuitert “een terug-na-God-beweging. Jesus moet terug gebring word waar hy hoort as bystelling van God. Sonder dat Spangenberg na hom verwys, betitel James D. Tabor (2008) sy boek Restoring Abrahamic Faith. Tabor verklaar, soos Spangenberg, dat “the religion that finally developed into classic, orthodox Christianity, two to three hundered years after Jesus, is a radical departure from Biblical Faith (p.4).

Spangenberg tipeer die meestersverhaal van die Christendom as ‘n verhaal in krisis, waarin kerklik gevormde mites aangaande Jesus in konflik met die werklike rol en lewe van die historiese Jesus verkeer.

Hierdie konflik tussen rede en geloof kom byvoorbeeld in die volgende teenstellinge na vore:

  • As Jesus ontvang is van die Heilige Gees, dan is hy nie die beloofde seun van Dawid nie. Dan moet die Messias nog kom.
  • As Jesus God is wat mens geword het, dan sit hy nie aan die regterhand van God nie, maar dan is hy God self.
  • As Jesus God is, dan het die duiwel God op die tempeldak versoek en is God gekruisig.

Spangenberg beroep hom op Hunt (Bringing God back to Earth, 2004) wat daarop neerkom dat ‘n geloofwaardige Christendom vandag Jesus moet sien as ‘n feilbare mens wat vanaf die wieg tot die graf mense inspireer om na sy voorbeeld goed te doen. Soos Küng glo Spangenberg dat weens die invloed van keisers Konstantyn (275-337) en Theodotius (346-395) en die uitwerking van die Grieks geïnspireerde konsilies van Nicea (325), Konstantinopel (381) en Chalcedon (451), is die Joodse Messianisme verander in ‘n kerk van nie-Jode. Die Triniteitsleer verteenwoordig ‘n punt in die ontknoping van die Christendom ingevolge waarvan die Christendom gemoduleer is op ‘n heidense godsdiens, haal Spangenberg vir Kennedy (2006) met instemming aan.

‘n Stem uit die gehoor gaan akkoord met Spangenberg en verklaar dat die mitiese Jesus van die kerkvaders en van die daaropvolgende Rooms-Katolieke teologie die logos aangaande die historiese Jesus so oorskadu, dat selfs die logos van die teologie ‘n mythos geword het.

Die Thomas-evangelie as buite-Bybelse dokument

Dr. Piet Muller beklemtoon dat vroeg-christelike Nag Hammadi-geskrifte, soos die Thomas-evangelie, besig is om die hele begrip van die ortodokse Christendom radikaal te verander. Muller tipeer die Thomas-evangelie as ‘n Joodse boek wat die geheime woorde van Jesus bevat en kontrasteer dit met die deurgaans Griekse boeke van die Nuwe Testament.

Die Thomas Evangelie bring die Koninkryk van God vanaf die transendente na die aardse terug. Die Koninkryk is in ons (verwysende na die hart of siel as setel van geloof) en om ons (in die werke van die mens). Die pad na heiligmaking is volgens Muller “onthutsend en eensaam”, maar die blye boodskap van Jesus is dat ons almal kinders van God is.

Die les van alle godsidees van verskillende godsdienste

Prof. Kobus Kruger, voormalige departementshoof van Godsdienswetenskap aan UNISA, stel hom welwillend krities op teenoor alle religieuse rigtings en soek in alle godsdienste na ‘n teorie wat in een omvattende raamwerk geakkommodeer kan word. Vir Kruger is godsdiens ‘n menslike noodsaak.

Die hoorder kry die indruk dat die boodskap van Kruger daaruit bestaan dat die verskillende godsdienste kulturele verskynsels is wat as noodsaak uit menslikheid binne ‘n bepaalde konteks en geskiedenis voortspruit. Godsdienste is antwoorde op die menslike situasie. In hierdie situasie speel lyding en dood asook eksterne gevare en die onbekendheid van die toekoms belangrike rolle. In al hierdie manifestasies kan die godsdienswetenskaplike belangrike raakpunte ontdek wat die ooglopende verskille oorbrug.

Oorsigtelik

Die boeiende wetenskaplike lesing van dr. Gerrit Genis oor die mens se plek in die kosmos het die boodskap verwoord dat ‘n reis deur dieptyd en ‘n stilstaan by die mikro- (klein) en makro- (groteske) realiteite waarin ons leef ons tot nederigheid dwing.

Ds. Gert Janse van Rensburg van die Renaissance-kerk het aangedui binne watter konteks hierdie algemeen teologiese en wetenskaplike besinning oor die mens en sy wêreld binne die konteks van sy geloofsverband kan manifesteer.

інтернет магазин іграшокДанильченко Юрий Брониславович

Swaziland het die kolonialisme voorlopig oorleef

Die grootste enkele skade wat die Britse kolonialisme en imperialisme in Afrika gedoen het, is om die Westminster-stelsel van een-mens-een-stem op ‘n andersoortige sosiale werklikheid af te forseer. Die resultaat is dat vreemde ideologieë (sosialisme, kapitalisme, ens.) binne ‘n veelpartystelsel die stamgerigte sosiale orde ontwrig en selfs vernietig het. Een van die weinige Afrikalande wat voorlopig die aanslag teen die tradisionele orde oorleef het, is Swaziland.

Swaziland

Swaziland is maar ‘n katspoeg weg van SA. Derhalwe is die aanslag op Swaziland vanuit ‘n ANC- en Kommunisties-beheerde SA heftig en venynig; die laaste ideologiese kanonskote is nog nie afgevuur nie.

Die stryd teen tradisionele leierskap het ‘n lang aanloop. In 1894 het Swaziland onder die voogdyskap van die Transvaalse Republiek gestaan.

  • Tussen 1894 tot 1902 het die Britse administrasie in SA ook heerskappy in Swaziland gevoer.
  • In 1903 het die Britte direkte beheer oor Swaziland uitgeoefen. Op hierdie stadium is ‘n Britse Adviserende Raad in Swaziland tot stand gebring.
  • In 1921 is simboliese erkenning aan koning Sobuza II verleen, maar dan sonder uitvoerende mag.
  • In 1944 is erkenning aan koning Sobuza II verleen en is hy met uitvoerende magte beklee.
  • In 1964 het die Koning ‘n Interne Raad tot stand gebring wat hierdie jaar aan ‘n verkiesing deelgeneem, wat as die Umbokodvo-beweging bekend gestaan het. Genoemde beweging het al die setels van die Parlement ingeoes.
  • In 1966 het die Britte pogings aangewend om ‘n Westerse tipe grondwet, met ‘n grondwetlike monarg aan die stuur, op Swaziland af te dwing.

In 1968 het Swaziland ‘n onafhanklike land geword. ‘n Verkiesing is in 1972 gehou en het die Umbokodvo-beweging vyf en sewentig persent van die stemme op hom getrek. Die opposisieparty het bekend gestaan as die Verenigde Demokratiese Beweging van die Mense (PUDEMO). Koning Sobuza II het toe stappe geneem om van die Britse veelpartybestuurstelsel weg te beweeg en het in 1973 die parlement ontbind. Die rede wat hy aangevoer het, is dat die Britse veelpartystelsel vreemd aan die kultuur van die Swazi’s is en ideologieë ingevoer het wat verdelend op die samelewing ingewerk het. Die koning het volle beheer oorgeneem, partye verbied en vakbonde ontbind.

Swazifisering

Aanvanklik is ‘n Liqoqo as ‘n soort oppergesagdraende adviesraad ingestel, maar ook hier het die politieke ideoloë hulle invloed laat geld en die gesag van die koning ondermyn. Koning Sobuza II is in 1982 dood en hierna het koningin Dzeliwe as regentes opgetree. In 1984 is koningin Dzeliwe deur koningin Ntombi vervang, om daarmee die weg te baan vir haar enigste seun, prins Makhosetive, om die troon oor te neem en wel as Mswati III. Laasgenoemde het in 1986 die troon bestyg.

Dit is interessant dat die monarg in samewerking met die koninginmoeder regeer. Haar raad en advies moet ingewin word. Sy is protokollêr tweede in senioriteitsorde. Die eerste minister is die nommer drie. Klaarblyklik is dit nie sonder meer so dat die seun van die regerende koning ipso facto sy vader sal opvolg nie. Nee, ‘n geheime raad van adviseurs neem ‘n besluit, met inagneming van bevoegdheid, bekwaamheid en wenslikheid.

Wat natuurlik ‘n pluspunt in Swaziland is, is dat dit ‘n min of meer homogene land van verwante Swazistamme is. Derhalwe is dit moontlik om hierdie klein land op ‘n tradisionele wyse te regeer. Die resultaat is positief, ten spyte van armoede (in Westerse terme gemeet):

  • Daar is sosiale wet en orde.
  • Geweldpleging is minimaal.
  • Die bevolking is vriendelik en hulpvaardig.
  • Die sosiale weefsels in die samelewing het behoue gebly.

Suid-Afrika

In SA is die politieke toneel dramaties anders. Die Britse kolonialisme het van ‘n veelrassige, veeletniese en veeltalige land een unitêre staat gemaak. Die kolonialisme is ‘n gevoelige slag toegedien toe die Nasionale Party van 1948 die politieke leisels ter hand geneem het. Toe is die Britse kolonialisme in trurat gegooi. Wyle dr. Hendrik Verwoerd het besef dat die enigste oorlewing van ‘n Westerse samelewingsorde in Suid-Afrika geleë was in ‘n federale staat wat vir etnisiteit en tradisionele leierskap voorsiening sou maak. Universiteite is aangemoedig om etnoloë en volkekundiges op te lei. Volkekundiges is ingespan om die administrasie te begelei. Die individu is binne ‘n eie beskawings- en kultuurkonteks geïntegreer.

Die Boer-Brit-geveg

Ongelukkig het die politieke verdelingslyn tussen Boer en Brit onverpoos voortgeduur en is die beleid van afsonderlike ontwikkeling as blakende rassisme geïnternasionaliseer. Die Britse sakesektor het alles in werking gestel om grensnywerhede te ondermyn en die tuislande onwerkbaar te maak. Daarmee het ‘n vloedgolf van swartes na die oorontwikkelde vier provinsies gevloei.

Die dolk wat Hendrik Frensch Verwoerd se dood beteken het, was die doodslag van ‘n Westerse beskawing en so is die weg geskraap vir die politieke glybaan van eerste ministers Vorster en Botha, totdat F.W. de Klerk die land volledig uitverkoop het. Die tragedie van die moderne SA is aan almal bekend en die bloed het sedertdien nooit ophou vloei nie.

Implikasie

Wat Swaziland so interessant maak, is dat die Verwoerd-politieke eksperiment aldaar waargemaak kan word. Miskien is dit in die belang van die Afrikaner om op ‘n georganiseerde wyse in Swaziland betrokke te raak en te bly, ten einde te verhoed dat die linkse politieke ideoloë ook daar die tradisionele orde versteur en ontwrig.

организация освещения в ландшафтной средеданильченко юрій броніславович

Afrika: Relatiewe sukses deur radikale mislukking?

Ná ‘n lang besoek aan Zambië ‘n week of wat gelede, het die vraag daarna by my opgekom of die pad na relatiewe sukses in Afrika deur radikale ekonomiese mislukking loop? Is die falende staat in Afrika die voorwaarde vir politieke en eknomiese hervorming?

Die vraag word gevra in die lig van die feit dat Zambië sedert sy onafhanklikwording in 1964, onder die miserabele politiek van Kenneth Kaunda, op die voorpunt was van die koor teen Britse Imperialisme en die Suid-Afrikaanse beleid van afsonderlike vryhede. Wat meer is, Kaunda se “United Independence Party” (stigting: 1959) se sosialisme het die voortou geneem om privaat-ekonomiese instellinge te nasionaliseer. Kaunda se donker kant het die land van 1964 tot 1991 oorskadu. In 1972 het Zambië ‘n eenpartystaat geword. In 1973 was Kaunda die enigste presidensiële kandidaat en moes die bevolking net "ja" of "nee" vir sy kandidaatskap as president stem.

Die gety het egter in 1990 begin draai toe landwye oproer losgebars het. Daar was pogings om die Kaundaregering deur staatsgrepe omver te werp. Populistiese steun vir Frederick Chiluba se “Movement for Multi Party Democracy” (MMD) het Kaunda gedwing om ‘n demokratiese verkiesing uit te skryf.

Die verkiesing van 1991 was vir die humanisme en sosialisme van Kaunda ‘n gevoelige slag, toe Frederick Chiluba 81 persent van die stemme (125 verkose kandidate uit 150) op hom getrek het. Die lesse wat Chiluba geleer het, is dat die utopie en drome van Kaunda in ‘n nagmerrie ontwikkel het. Die ekonomie is gestabiliseer deur ‘n vryemarkekonomie. Die nasionalisering van eiendom, myne en nywerhede omgekeer deur hulle te privatiseer. Die Kaunda-ideologie is in trurat gegooi. Sodanig dat Zambië stadig maar seker besig is om te herstel.

Wat was my verbasing groot om by die vertrek uit Johannesburg waar te neem dat nege uit die tien passasiers op weg na Zambië blank is. Nog groter was die verrassing dat die hotel, waar tuisgegaan is, soos ‘n geoliede masjien met ‘n blanke hoofbestuurder uit SA gewerk het. Netjies aangetrekte hoë amptenare en politici het met hulle luukse motors opgedaag om die koelte van die hotel op te soek. Die arrogansie van die regerende elite is veral op die vrouens se gesigte te lees. Saans was die restaurante vol van sakemense uit SA, uit die VSA en uit Duitsland. Die tuine was netjies. Die werkers vriendelik en behulpsaam.

Wat ons geëet en gedrink het, is klaarblyklik uit SA ingevoer. Selfs Clover se produkte was vrylik beskikbaar. Bekende winkels soos Metro en ander het hulle deure oopgemaak. Net jammer dat alles, ja alles, dubbeld die prys vergeleke met SA is. ‘n Lekker koue Heineken het ons R40, 00 by die hotel uit die sak gejaag.

Die hotel was inderdaad op eerstewêreldstandaard, maar net buite die hekke daarvan het die somberheid van Afrika om ons toegeslaan. Die kontras was veral groot toe die Suid-Afrikaanse ambassade besoek is. Die onversorgdheid van die gebou en tuine was opsigtelik, maar die vriendelikheid van die SA ambassadeur ‘n pluspunt.

Om die kroon oor alles te span word ons deur die hoofamptenaar van die Zambiese Graan-aankopekorporasie meegedeel dat Zambië, vir die eerste keer in jare, ‘n oorskot van graan het. Op ‘n ander plek word ons meegedeel dat die kommersiële (wit) boere eintlik uit Zimbabwe en SA afkomstig is. Daar word selfs gespog dat swart opkomende Zambiese boere vanjaar na beraming 1800 ton mielies produseer. Agter geslote deure word ons vertel dat die staat goeie saad en kunsmis kosteloos aan swart boere gee en dat die swart boere die helfte van die saad aan (blanke) kommersiële boere teen goeie afslagpryse verkoop. Die staat koop ook mielies by voorkeur van swart boere. Dus bemark die kommersiële (wit) boere van hulle mielies deur swart opkomende boere. Intussen word die persepsie geskep dat die swart opkomende boere besig is om produktief te raak. Dit is Afrika!

Die hervormingspolitiek van Fredick Chiluba is onder Levy Mwanawasa (2001) voortgesit. As president het hy die Zambiese antikorrupsiekommissie tot stand gebring. Die kiesstelsel is hervorm. ‘n Kommissie vir grondwetlike hervorming (CRC) is tot stand gebring en ‘n “National Constitutional Conference” (NCC) is besig om ‘n nuwe grondwet op te stel. Die hervormingsproses word deur die huidige president, dr. Rupiah Banda, voortgesit.  

Tussen die rommel en puin van politieke idealisme is die blankes herontdek en word hulle waardeer. Die Afrikaners word aldaar verwelkom. Die besef groei dat Afrikaners nie deel het aan die wrange vrugte van Britse Kolonialisme nie. David Livingstone het Noord-Rhodesië in 1855 vir die Verenigde Koninkryk “ontdek”. Cecil John Rhodes glimlag in sy graf, want min het hy in 1888 geweet dat Engels die enigste amptelike taal van ‘n land sal word wat later as Zambië bekend sou staan. Die sowat sewentig inheemse tale – soos Bemba, Lozi, Tonga, Kaonda, Lunda en Njanja – skep die konteks vir een amptelike taal.  

Ten spyte van goeie landbougrond en die nuwe ontwikkelinge is Zambië egter nog steeds een van die armste Afrikalande. Sowat twee-derdes van die land lewe onder die broodlyn en het ‘n kleiner per capita inkomste as in 1964 by onafhanklikheid. Kindersterftes beloop 70 uit 1000. Die gemiddelde lewensverwagting is 38,63 jaar. MIV-positief beloop 14,3 persent en sowat 800 000 kinders is wees of het net een ouer.

Wat die toekoms vir Zambië inhou, weet g’n mens nie. Daar is egter wel hoopvolle tekens. Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat as Suid-Afrika in ‘n ekonomiese moeras wegsink, die hele Suider-Afrika die dieptes ingesleep sal word. Miskien besef belangrike Westerse lande die gevolge van ‘n degeneratiewe Suid-Afrika en die effek daarvan op die subkontinent. Die implikasies daarvan vir die wêreldpolitiek is “too gastly to contemplate”, het John Vorster in een van sy helder oomblikke iewers gesê, toe SA nog Suid-Afrika was.

creatureДанильченко Юрий прокурор

Die probleem is ‘n beskawingskonflik

Inleiding

Dr Nico Smit betoog in sy artikel “Wittes, pas aan in SA, of pas op”(Beeld, 2009-09-12) dat witmense vrede moet maak met die sosiale konteks van ‘n verafrikaniseerde Suid-Afrika, of anders! Die vraag is: “of anders wat?”

Outeurs

Reeds vroeër maar sedert die negentigerjare het ‘n aantal belangrike werke oor die filosofiese grondslae in die denke van die Bantoesprekende volkere van Afrika die lig gesien. Hiervan is die populêre werkie, “Saam in Afrika”(1992), van A.S. van Niekerk waarskynlik die bekendste. Insgelyks het die Rooms-Katolieke filosoof, A. Shutte, “Philosophy for Africa” (UCT, 1994) ‘n belangrike bydra gelewer om Afrika-denke duidelik te maak. Z.C. Mzoneli het reeds in 1983 ‘n opspraakwekkende tesis by Berkeley geskryf oor Oeboentoe in sy “Liberation and Zulu Christianity: Towards a Theology of Communicative Praxis and Christian Hope”. Op sy beurt het die politikus en filosoof L. Senghor so vroeg as 1963 (Oxford University Press) ‘n belangrike werk oor “Negritude and African Socialism” gelewer.

Blank/Swart botsings

Van Niekerk (1992) sien dit so dat Blank/Swart-denke magte is wat teen mekaar bots en stoot. Hierdie diepgewortelde beskouinge kom ook by die stedelike swartes voor, skryf die sendingwetenskaplike van die NGK, Crafford (1990). Shutte tipeer die lewenstyl van swartes as Afrosentriese Kommunalisme wat teenoor die Eurosentriese Individualisme van die blankes te staan kom. J.D. Dengerink (1948) maak ‘n belangrike onderskeid tussen Westerse gedifferensieerde teenoor nie-gedifferensieerde gemeenskappe. Sy “Critisch-historisch onderzoek naar de sociologische ontwikkeling van het beginsel van ‘soevereiniteit in eigen kring’” plaas kommunalisme en individualisering van die samelewing in ‘n logiese raam.

Agenda

Ten einde goed te begryp wat bedoel word met Senghor se “Negritude”, word gepoog om te let op die volgende aspekte in Afrika-denke: die kontekstuele wêreldbeskouing, die onderliggende mensbeskouing, ‘n persepsie oor die samelewing, die godsidee en die Ubuntu-lewenshouding.

Kontekstuele wêreldbeskouing

Afrikane ervaar die werklikheid as ‘n netwerk van transendtale lewenskragte. Hierdie lewenskragte word deur Senghor (1983) seriti noem. Transendensie wil sê dat kosmiese lewenskragte van God kom en na God terugkeer. Midde in hierdie lewenskragte soek die Afrika-mens na sinteses tussen die veelvoude van botsende belange. Die kosmos word getipeer as “vital force in active participation” (vgl Shutte, 1994).

Onderliggende mensbeskouing

Midde in hierdie kosmiese lewenskragte is die selfheid of ek-heid van die mens verbind, ja, met wederkerige verhoudinge verweef. Die mens eksisteer te midde van kosmiese en sosiale lewenskragte wat buite die mens om bestaan. Omdat die mens in verhouding tot verskillende lewenskragte leef, beskik hy derhalwe oor verskillende persoonlikhede. Want, om mens te wees is om ooreenstemming te bereik. Solidariteit met die omgewing vra van die Afrika-mens dat hy/sy in ‘n Europese huishouding soos een van die huisgenote sal optree, net om dan tuis te kom en ‘n ander blaai om te slaan. Die individu is dus ‘n funksie van die samelewing. Die kwaad lê buite die mens. Die kwaad word vergestalt deur ‘n duisternis van bomenslike magte wat deur magiese praktyke ingespan kan word om ‘n ander mens te benadeel (te toor!). Daarom dat reinigingseremonies van groot belang is om die kwaad te verdryf, of om vyandige voorvadergeeste weg te stuur.

‘n Persepsie oor die samelewing

Die Afrika-samelewingsidee is gemeenskapsverbonde. Senghor noem die samelewing die “civilization of the universal”, ingevolge waarvan die samelewing meer is as die optelsom van die lede daarvan. Die samelewing is dus ‘n organiese geheel ingevolge waarvan elke individu aangewese is op en verbind is aan die totaliteit. Mulago sonder die begrip “participation” uit as tiperend van verhoudinge in die samelewing.

Die Godsidee

God is die hoogste trap in ‘n hiërargie van lewensvorme. Die mens is geposisioneer tussen God en alle ondergeskikte lewensvorme. God gee die seriti en maak dit ook tot niet. Die kosmiese lewenskragte wat van God afkom word via die leiers, wat nader aan God leef, na die gemeenskap op ‘n beginsel van eweredigheid verdeel. ‘n Materiele manipulasie van lewenskragte tot voordeel van die enkeling bring die individu in botsing met God en met die gemeenskap self. Die mens staan nie in ‘n direkte verhouding tot die Oenkoeloenkoeloe, die Groot Een nie, want die voorvadergeeste is die bemiddelaars tussen God en gemeenskap en die bemiddelaars van voorspoed wat uit die kosmiese lewenskragte ontgin moet word. God is dus beide transendent bo alles verhewe, maar dan tog vanweë die kosmiese lewenskragte wat uit God ontspring immanent in alles vir almal.

Oeboentoe

Volgens Mittner (1995) is daar groot onduidelikheid aangaande Oeboentoe. Mzoneli (1983) tipeer Oeboentoe as opname in ‘n soort sakrale post-rewolusionêre gemeenskap van “caring en sharing” (Khoza, 1995). Dit is ‘n Afrika-bewussyn wat van die lede daarvan vereis dat afstand geneem sal word van ‘n Westerse waardestelsel. Opname gaan egter gepaard met ‘n voorafgaande rewolusionêre lewenshouding wat Mzoneli (1983) Oekoento noem. Die verhouding tussen Oeboentoe en Oekoento word treffend verduidelik met ‘n bloedige ontmaagding van ‘n vroulike lewensmaat. Opname in die huwelik is eers moontlik as bloed gevloei het. Die verhouding tussen Oeboentoe en Oekoento is dus teenoorgesteldes en teenstrydig maar desondanks aanvullendes. 

Gevolgtrekkings

Die Afrika-samelewingsidee staan haaks op die Westerse liberale siening aangaande die samelewing. Wat ons in SA waarneem is ‘n konflik tussen twee denksisteme. Wat Nico Smit eintlik vra is dat witmense in SA hulle eie beskawingserfenis moet opgee en deel word van die Afrika-werklikheid. In Smit se beredenering van sy standpunt bevestig hy in wese Mzoneli se argument in sake die bebloede rewolusionêre voortrap na Oeboentoe, die utopie, waarna Smit smag. Die prys is egter te groot om te betaal. Binne hierdie kultuur-historiese situasie is dit gepas dat Afrikaners soos Eurokaners sal optree om hulle beskawingserfenis te vrywaar.

 

 

воздуха компрессораФильчаков Александр Васильевич

Onbevoegdheid die teelaarde van rassisme

Radio RSG se oggendprogram PRAAT SAAM, onder die leiding van Freek Robinson, het op 3 September 2009, ‘n twee-uur lange program oor die tema van rassisme uitgesaai.

Vir eers die samestelling van die paneel. Dit is uit die bespreking duidelik dat die paneel met die ideologiese oogmerke sodanig saamgestel is, naamlik om ‘n lyn van denke te beklemtoon dat kleur eintlik net vel-diep gaan en dat “onder die vel” alle mense eenders is. Daarmee is die ideologiese doelwitte van ‘n liberaal-humanistiese antropologie of beskouing aangaande die mens gedien. Anders gestel: die deelnemers aan die program het ‘n “akademiese” saak probeer uitmaak ten gunste van ‘n sosiale determinisme. Maak die ekonomiese speelveld gelyk en alle mense, ten spyte van kleurverskille, is dan gelyk. Wat ookal onder gelyk verstaan moet word. Vir ‘n akademikus wat ‘n ander standpunt inneem – dus ‘n standpunt dat daar drie oorhoofse rasse (Kaukasiërs, Negroïede, Mongoloïede) is – is natuurlik polities nie korrek nie en kom op beroep-selfmoord neer.

Ter wille van gesonde meningswisseling en gebalanseerde debat sou dit dus beter gewees het om ook persone in die gesprek te betrek wat ‘n standpunt kan verdedig:

  * Dat die uiterlike fenotipiese eienskappe van ‘n mens innig en onafskeidbaar verweef is met die genotipiese potensiaal van ‘n mens.

  * Dat die verskille tussen die rasse dus ook van verskillende temperamente en essensialiteite getuig.

  * Dat Kaukasiërs Westerse beskawingsgenote is wat gedesentraliseerde en gedifferensieerde beskawingswaardes deel, ten spyte van taal- en kultuurverskilkle.

  * Dat dominante Negroïede lande, soos in Afrika, geneig is tot totalitêre staatsformasies en magsmisbruik.

  * Dat Derde Wêreldlinge tot dusver nie daarin kon slaag om dieselfde ekonomiese welvaartspeile te bereik as Westerse demokrasieë nie.

Dit is natuurlik in hierdie tweede kategorie van denke gewoon so dat daar wel grysgebiede tussen die rasse is, waarin individue bo die gemiddeld presteer en uitstyg.

Daar is ‘n derde kategorie van persone wat bekend staan as die biologiese deterministe. Hierdie kategorie gaan uit van die standpunt dat die genotipiese eienskappe van die rasse grense skep en skanse daarstel wat die potensiaal van die mens sodanig beperk dat van uitstyging min sprake is. Die mens is dus ‘n gevangene van sy kultuur en beskawing.

In hierdie geval word verwys na die baie bekende Nederlandse psigoloog, J.H. van den Berg, die skepper van die Teorie van Metabletika, wat in die tagtigerjare na agtienmaande studie aan die destydse Universiteit van die Noorde tot die slotsom geraak het dat die agterstand tussen Kaukasiërs en Negroïede in SA sodanig is dat die agterstand nie in honderde jare uitgewis sal kan word nie. Oor hierdie standpunt is Van den Bergh natuurlik in Nederland gekruisig, want binne die tydsraamwerk waarbinne hy navorsing gedoen het was genetiese studies ‘n verbode terrein.

Hoe dit ookal sy, empiries is dit gewoon so dat ‘n ieder en ‘n elk die verskillende rasse sonder moeite van mekaar onderskei en uitken. Nog verder: dat rasseverskille met beskawings- en kultuurverskille gepaard gaan. Rassisme word versterk deur die empiriese waarneming dat Negroïede gemeenskappe nie-gedifferensieerde sosialistiese gemeenskappe is, wat gekenmerk word deur radikale armoede en ellende. In SA is dit verswarende faktore dat die nuwe bewindhebbers se prestasies in openbare ampte deur radikale mislukking gekenmerk word. Beeld rapporteer ‘n paar dae gelede dat bykans alle plaaslike owerhede finansiële bankrotskap in die oë staar. Maatskappye en boerderye wat aan Negroïede persone oorgedra is, ontspoor mettertyd. In kort: die gebrek aan prestasie en ‘n Westerse werksetiek versterk die stereotipe van rassisme.

Die volgende waarnemings van ‘n buitelandse joernalis is nogal insiggewend.

Bram Vermeulen, die Nederlandse joernalis van “het jaar 2009” het pas ‘n lesenswaardige boek gepubliseer oor sy ervaringe as buitelandse korrespondent van die NRC Handelsblad, die NOS TV Joernaal, die VRT asook die Nederlandse Wereldomroep. Die boek is getiteld “Help, Ik Ben Blank Geworden en is uitgegee deur Promethius/NRC Handelsblad Amsterdam/Rotterdam (241 paginas).

Vermeulen kom na SA met ‘n tipiese linkse geestesinstelling, assosieer sterk met die sg. onderdrukte swartes, maar word oor tyd “ongeneeslijk blank”. Hoe dieper Vermeulen in die problematiek tussen wit en swart delf, hoe meer het “Zwarte vlekken in mijn integratiedroom” (60p.) vorm aangeneem, skryf hy. In Nederland het Vermeulen nooit blank gevoel nie, maar “in Afrika was ik ongeneeslijk blank geworden” (61p.). Blank beteken in Afrika soveel meer as alleen die kleur van die vel, ontdek hy (62p.). Hy siteer ‘n blanke wat verklaar dat “wij (de blanken) en zij (de zwarten) verschillen van elkaar zoals de dag van de nacht en dat zal nooit veranderen” (131p.). Vermeulen kyk terug op sy verslaggewing van insidente oor sewe jaar en kom met betrekking tot die moorde tot die gevolgtrekking dat hy toe “onzin had uitgekraamd” (65 p.).

Die geestelike ommekeer wat Vermeulen maak is dat, in plaas daarvan dat hy integreer met die swart massas – die hoofdoelwit van sy koms – hy verder wegdryf en sy blankheid ontdek. Hy tipeer dit so:

“… ik haalde mijn doelstellingen niet. … ik integreerde niet … ik dreef er steeds verder vandaan. Ik faalde zoals Johan (Nel) had gefaald. Ik bleef proberen, telkens weer, totdat ik zeker wist dat mijn falen niet te vermijden was.” (p. 49).

Die oorhoofse gevolgtrekking waartoe Vermeulen kom is dat die groeiende rassisme in SA sedert 1993 die direkte resultaat is van die brutale plaasmoorde, xenofobie teen buitelandse swartes en verkeerdstellende aksie (affirmative action). Blank en Swart in suider Afrika verteenwoordig twee mekaaruitsluitende beskouings oor die lewe, oor private eienaarskap van grond en van besittings.

Hy kom tot die ongelooflike gevolgtrekking dat “echt opgaan in een andere cultuur, assimileren, integreren of wat voor een naam politici er ook aan geven, onmogelijk is” (237p).

Die waarde van Vermeulen se boek lê daarin dat die verskil tussen wit en swart nie ‘n kwessie van pigmentasie is nie, maar dat pigmentasie saamval met twee mekaar uitsluitende sosiale ordes wat in een en dieselfde staatsverband onverenigbaar is. Die vraag bly onopgelos hoe twee gemeenskappe – Wes-europees teenoor Afrikasentries – met twee verskillende staatsidees vreedsaam deurmekaar in een en dieselfde staat kan bly bestaan.

Wat die RSG-gekose akademici nie verstaan nie, is die werking van die paradoks. Dit wil sê dat ‘n goedbedoelde beleid (soos gedwonge integrasie) presies die teenoorgestelde uitkomste kan hê as wat voorsien is. In hierdie verband word gewys na die gesprek van Freek met Jansen, die nuwe “ingevoerde” rektor van die Universiteit van die Vrystaat wat gedwonge integrasie op koshuisvlak voorstaan en beplan om deur te voer. Oor hierdie standpunt het ek ‘n brief aan die Redakteurs van Die Volksblad en Beeld geskryf; ‘n brief wat nie gepubliseer is nie, maar wat in die geheel oor die werking van die paradoks weergegee word.

Ten slotte is die vraag belangrik of rassisme verdedig kan word en watter stappe en maatreëls geneem kan word om rassisme hok te slaan. In die eerste plek sal die nuwe bewindhebbers van SA die begrip meritokrasie moet herontdek. Dit beteken dat ras en kleur geen rol mag speel in die aanwysing van bepaalde persone vir bepaalde betrekkings nie. In hierdie geval sou Jansen, wat van elders af ingevoer is om ‘n polities-korrekte sein uit te stuur, heelwaarskynlik nie die Rektor van die Vrystaats Universiteit geword het nie. Dit beteken ook met eens dat die “affirmative action”-beleid nek-om gedraai sal word.

Tweedens sal die Negroïede meerderheid moet staak om in hulle taalgebruik die begrip Afrikaan net vir Negroïede te reserveer. Die begrip Afrikaner dui juis die verbondenheid van Afrikaners met die Afrika-kontinent uit. In die Ngunitale word byvoorbeeld na Kaukasiërs as Abelungu en na Afrikaners as Amabunu verwys, terwyl die begrip Abantu (die mense) vir die Negroïede gereserveer word. Om rassisme hok te slaan sal die Negroïede afstand moet doen van ‘n kollektivistiese samelewingsbegrip en ruimte moet inruim vir ‘n gedifferensieerde multikulturele samelewingsidee.

Insgelyks sal daar in die landsadministrasie uitkomsgebaseerde politieke bedryf moet word. Daarmee word bedoel dat die administrasie moet werk.

Om telkens in ‘n selfverskonende mentaliteit ter verdoeseling van oneffektiwiteit te verval dat dit wat nou onder ANC bewind gebeur die resultaat van apartheid en kolonialisme is, is loutere snert.

In kort: daar is ‘n direkte eweredige verband tussen rassisme en onbevoegdheid. Onbevoegdheid verskerp die stereotipe dat net Kaukasiërs ‘n hoogsbeskaafde land kan regeer.

free slots free playЛобановский

Mosies van vertroue is eintlik gatlek

Dit is nou reeds vir baie jare deel van die politieke agenda dat politieke leiers ultra vires besluite neem en dan daarna goedkeuring vir sodanige optrede of besluit(e) by die betrokke politieke gesagsliggame vra. Met ultra vires word bedoel dat sodanige leier buite die raamwerk van sy/haar magte optree en dan met terugwerkende krag goedkeuring vir sodanige daad vra. 

‘n Ander metode van magsbeheer is dat die herkiesing van nasionale leiers nie by wyse van geslote stembriefies geskied nie en dat ‘n element van intimidasie ook hierin teenwoordig is. Stem teen die leier en jy is jou kabinetslid-status kwyt. Leiers is dan ook dikwels omring deur ‘n eie mafioso, ‘n mafiagroep wat die party beheer.

In baie ander gevalle is leiers soveel magte gegee dat hulle kon maak en breek soos hulle wil. In hierdie verband openbaar die Afrikaner politiek nogal totalitêre trekke. Persone wat vrae vra en beleid bevraagteken word as “moeilikheidmakers” gebrandmerk en geïsoleer.

In die Nasionale Party van na 1948 het die wesenlike mag eintlik by die nasionale leier en sy kabinet berus. Kongresse was rubberstempels. Leiers het gebak en gebrou soos hulle wou. Een so ‘n historiese geval was die beroemde debat van dr. Albert Hertzog, die “moeilikheidmaker” met eerste minister John Vorster, die onbetwiste leier, in die Stadsaal van Pretoria. Dit was in die tydsfase van die laat sestigers. Die aard van die debat was ‘n belaglike storie, maar nietemin simptomaties van totalitêre Afrikaner-politiek. John Vorster wou aanvaarding kry vir die insluiting van Maoris in Australiese rugbyspanne; ‘n interne Australiese aangeleentheid wat desondanks in terme van die NP se sportbeleid onaanvaarbaar was.

Albert Hertzog, die legalis, het redeneer dat dit die dun punt van die wig is en dat hierdie daad die sportbeleid van die NP tot integrasie wysig. John Vorster antwoord dat die sportbeleid dieselfde bly, maar dat Maoris welkom is. Dit is logies dat in hierdie tipies politieke stellingname daar ‘n innerlike teenstrydigheid is: die sportbeleid kan nie dieselfde bly as die deur vir Maoris, wat voorheen geslote was, dan oopgemaak word.

Die voorsitter van die NP-kongres was minister M.C. Botha. Botha het die saak tot stemming gebring, by wyse van ‘n mosie dat die sportbeleid van die NP dieselfde bly maar dat Maoris welkom is. Daar is deur Hertzog en Marais opklaring oor die teenstrydigheid gevra en geen bevredigende antwoorde is gegee nie. “Die sportbeleid bly dieselfde maar Maoris is welkom!” Daar is gestem. Daar is uit die gehoor gevra dat die stemming by wyse van geheime briefie sou plaasvind. Dit is geweier. Hande is opgesteek.

Diegene wat teen die mosie gestem het moes opstaan en hulle name moes genotuleer word. Die volgende dag is die teenstemmers se name in die NP-pers gepubliseer. Duidelik dus ‘n strategie van intimidasie. Daarna is ‘n mosie gestel van volle vertroue in die wonderlike leierskap van eerste minister Vorster.

Die gevolg hiervan was dat dr. Hertzog, Jaap Marais, Willie Marais en ander uitgestap het en die eerste stappe geneem het in die daarstelling van die Herstigte Nasionale Party (HNP).

‘n Volgende voorbeeld is die hantering van die politieke onderhandelingsproses deur F.W. de Klerk. De Klerk en sy onderhandelingsraad het duidelik te veel magte gehad. Onlangs het drie voormalige NP-ministers (Fourie, Venter en Delport ) by ‘n vergadering van die FAK verduidelik hoe die onderhandelinge ontspoor het. Hulle was teen die uitkomste daarvan. Hulle het De Klerk gewaarsku. Die skuld is post facto vierkantig op die skouers van De Klerk en Roelfie geplaas. Hulle kon uitgestap en rumoer gemaak het. Hulle het nie. Stilswye is kondonasie, het reeds Sokrates gesê. Daar is op ‘n volkstemming besluit. Die mosie waaroor gestem moes word was sodanig dubbelslagtig geformuleer dat elke Jan Rap en sy maat dit sou wou ondersteun. De Klerk het egter die uitslag geïnterpreteer as ‘n mosie van volle vertroue in sy leierskap en in die proses wat uitgeloop het, soos ons dit nou ken.

Die jongste geval van ‘n mosie van volle vertroue is die manier waarop die Vryheidsfront die Mulder-toetrede tot die Zuma-kabinet post-facto gekondoneer het. Insgelyks is daar eenparige goedkeuring vir die besluit gegee, terwyl ons weet dat dit onwaar is. Daar is waarskynlik nie per geslote stembriefie gestem nie. Die metode wat gevolg is het die valse beeld van eenparigheid geskep.

Die lesse wat die geskiedenis ons leer is dat in ‘n grondwetlike demokrasie die magte van leiers duidelik omskryf, beperk en bepaal moet word. Insgelyks moet wye debat oor kernaangeleenthede plaasvind en ‘n geheime stemming oor sodanige saak gehou word. Die status van leiers moet van tyd tot tyd by wyse van geslote stemming getoets word. Kollektiewe saam-praat en saam-dink is beter as ‘n leier wat vir die groep wil besluit.

Suid-Afrika is vandag in die gemors waarin hierdie land is, as gevolg van die tipe leierskap en magte waaroor sodanige leiers beskik het.

Die groot vraag is wanneer die Afrikaner-politiek so volwasse sal word, dat van leiers verwag en selfs geëis sal word om intra vires op te tree, dus binne die beperking van die magte waaroor hulle beskik?

kong onlineлобановский политик