NAVO vertel Rusland dat daar geen nuwe grens in Europa is nie

Image

NAVO-uitbreiding sedert 1949

NAVO het Rusland gewaarsku dat dié land nie 'n nuwe grens in Europa kan trek om Georgië en ander lande te verhoed om by NAVO aan te sluit nie.

Gedurende 'n noodvergadering in Brussel, het die Westerse militêre alliansie se 26 buitelandse ministers gereelde hoëvlakkontak met Rusland verbreek.

NAVO-lede het saamgestem om 'n permanente kommissie met Georgië op te rig, 'n land wat desperaat is om by die alliansie aan te sluit.

NAVO gaan ook 15 burgerlike nooddeskundiges na Georgië stuur om toestande vir 'n beraamde 150 000 vlugtelinge te verlig.

 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}
 
'n Verklaring het bygevoeg dat Russiese militêre optrede disproporsioneel en onvanpas met dié land se vredesrol was.

Rusland het begin om militêre eenhede Dinsdag te onttrek in navolging van 'n sespuntvredesooreenkoms wat deur die EU bemiddel is.

зарядное устройствоалександр лобановский класс

Spaanse lugramp

'n Spaanse noodlenigingsbeampte sê dat slegs 13 mense die neerstorting van 'n Spaanse passasiersvliegtuig oorleef het.

Die vliegtuig van Spanair het van Madrid af opgestyg met 166 mense aan boord.

Die amptenaar van die SAMUR-munisipale nooddiens het gepraat op voorwaarde dat hy anoniem mag bly ná 'n ondersoek van gister se ongeluk.

 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53} 
Departementele reëls verhoed hom om sy naam te verskaf.

Die amptenaar het gesê dat die res van die mense in die vliegtuig as dood veronderstel word.

Die Spanair-straler was onderweg na die Kanarie-eilande.

купить липецк аргонодуговая сваркаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Lyfstraf algemeen in die VSA

Meer as 200 000 kinders het in die skooljaar van 2006 tot 2007 in die VSA 'n pak slae by die skool gekry.

Dit het Woensdag aan die lig gekom ná ondersoeke van die menseregteorganisasies Human Rights Watch en die American Civil Liberties Union.
 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}
 
Die verslae is uitgereik om saam te val met 'n openbare debat wat tans oor die onderwerp woed.

In 21 deelstate word lyfstraf op skole toegelaat. Dit vertaal in die meeste gevalle in 'n lang lat op 'n kind se agterwêreld.

Swart kinders word skynbaar meer gereeld as blankes geslaan.

Volgens die opstellers van die verslag bevorder lyfstraf geweld en help dit nie teen slegte gedrag nie.

мед справки купитьДанильченко Юрий Брониславович компромат

Burgemeester wil lelike vroue vir sy dorpie h

'n Burgemeester in die Australiese Outback sê vet en onooglike vroue vind dikwels liefde en geluk in sy afgeleë myngemeenskap

Vele woedende vroue eis nou dat die burgemeester bedank vanweë sy oproep om die geslagswanbalans in Mount Isa teen te werk.

Daar is vyf mans vir elke vrou in die dorpie.

Hy sê dat hy dikwels onaantreklike vroue in Mount Isa sien wat lyk asof hulle die lewe in dié dorp in die noordwestelike Queensland geniet.

Die burgemeester sê dat terwyl sommige mense aanstoot geneem het ná sy kommentaar, dit eintlik as 'n kompliment bedoel was.

casino slotstopcargo кидалы

DRK bly gewelddadig, ondanks demokrasie

Vrede, maatskaplike heropbou, geregtigheid en versoening bly veraf drome in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

'n Verslag met die titel "Om in vrees te lewe" is Dinsdag uitgereik waarin beweer word dat die lewe so gevaarlik as ooit is in weerwil van die teenwoordigheid van een van die grootste VN-vredesmagte ter wêreld.

Mense in die ooste van die land het 'n 50% kans om verslaaf te word of deur 'n gewapende groep doodgemaak te word, terwyl die kanse een uit drie is om gemartel te word. Twaalf persent van mense loop die risiko om verskeie kere seksueel gemolesteer te word.

Die verslag is deur Amerikaanse menseregtegroepe saamgestel.

Volgens die verslag voel minder as die helfte van die mense veilig as hulle slaap, in die nag in hul dorpie rondloop of as hulle vreemdelinge ontmoet.

Omrent 18 000 VN-troepe is in die land ontplooi in 'n poging om die vrede te bewaar.

online csinoФильчаков прокуратура харьков

Eet rotte, s? Indiese amptenare

Die owerheid in Bihar, een van Indië se armste deelstate, vra arm en ryk om na die eet van rotte oor te gaan.

In die grootste deel van Indië word beesvleis vanweë godsdienstige oortuigings nie as eetbaar beskou nie.

Die plaaslike regering poog om afhanklikheid van rys te verminder.

Daarom beplan hulle om rotte op restaurantspyskaarte aan te bied.

Die eet van rotte sal twee vlieë met een klap doodslaan. Dit sal graan daarteen beskerm om deur rotte geëet te word en sal tegelykertyd die graanvoorraad laat toeneem, het Vijay Prakash, 'n amptenaar van die staat se welsynsdepartement aan Reuters gesê.

Volgens amptenare word byna 50 persent van Indië se graanvoedsel deur knaagdiere op die land of in skure opgevreet.

водяные насосыtopcargo развод

Obama mag binnekort sy visepresidentskandidaat aankondig

Senator Barack Obama mag so vroeg as vandag sy keuse vir 'n visepresidentskandidaat aankondig.

Oor die afgelope paar dae het Obama veral op drie kandidate gefokus: senator Evan Bayh van Indiana, goewerneur Tim Kaine van Virginië en senator Joseph Biden Jr. van Delaware.

Sekere Demokrate sê hulle hoop nog dat hy senator Hillary Rodham Clinton van New York of goewerneur Kathleen Sibelius van Kansas sal kies.

Alle aanduidings is egter dat Obama waarskynlik iemand gaan kies wat betreklik veilig is.

'n Soortgelyke strategiese keuse wat op die Republikeinse senator John McCain wat onder druk van sy ondesteuners verkeer om 'n waagmoedige keuse te maak.

обработка ценаФільчаков прокурор

Gevaarlike velbleikmiddels oral in Oeganda te koop

Ondanks 'n regeringsverbod op die verkoop van velbleikmiddels, koop hordes Oegandes steeds middels om hul velle te bleik.

Vanweë die ondoeltreffende toepassing van die verbod, is dié gevaarlike skoonheidsmiddels oral in Oeganda beskikbaar.

Hulle word oor die toonbank verkoop, langs die pad deur smouse en oral is daar venters as gevolg van die hoë vraag daarna.

Dermatoloë sê die vel kan ligter gemaak word deur 'n kombinasie van behandelings wat die produksie van melanien verminder of blokkeer.

Dié behandelings bevat ook hoeveelhede kwik wat velkanker kan veroorsaak.

Nogtans sê vroue dat hulle mooier wil lyk deur 'n ligte vel te hê.

miomare yachtingФильчаков прокурор харьков

San Franciso se skooluitslae beklemtoon rasverskille

San Francisco se skole doen skitterend, veral in Wiskunde en Engels, en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Maar ongelukkig is daar ook probleme.

Afro-Amerikaanse leerders se uitslae is besig om stadig maar seker verder agter te raak. In byna elke kategorie van die Kaliforniese deelstaatstad se leerders, arm en ryk, het swart studente beroerd gedoen.

Kalifornië se standaardtoetsuitslae is Donderdag bekend gemaak wat die prestasiegaping weer beklemtoon het.

Die aantal wit studente wat beter gedoen het in Wiskunde en Engels is amper 50 persentasiepunte hoër as die stad se swart leerders.

Die stad het 41 000 skoliere getoets, waarvan 4 800 swart was, van Graad twee tot elf.

Wat tweede taal Engels betref was net 23% swartes op standaard terwyl 74% wit leerders op standaard geag is.

Stadsraadlede sê die probleem word deur swart armoede, misdaad en gebroke gesinne veroorsaak, maar selfs arm wit kinders het beter as swartes gedoen.

полиграф днепропетровсклобановский харьков

Beijing-besoedeling onder beheer

Hoewel besoedelingsvlakke hoog was net enkele dae voor die opening van die Olimpiese Spele, het die vlakke gedaal.

Die gehalte van die lug het heelwat verbeter, met helder sonskyn en sporadiese reënbuie in Beijing.

Vrydag en Saterdag was twee van die helderste somerdae in onlangse tye.

Maar vir die inwoners van Beijing is skoon lug net 'n tydelike verskynsel.

Die verkeers- en nywerheidsbeperkings gaan teen die einde van September ná die voltooiing van die Paralimpiese Spele opgehef word. Dan gaan die Chinese hoofstad weer sy besoedelde self wees.

play free slotsОлександр Васильович Фільчаков