Eet rotte, s? Indiese amptenare

Die owerheid in Bihar, een van Indië se armste deelstate, vra arm en ryk om na die eet van rotte oor te gaan.

In die grootste deel van Indië word beesvleis vanweë godsdienstige oortuigings nie as eetbaar beskou nie.

Die plaaslike regering poog om afhanklikheid van rys te verminder.

Daarom beplan hulle om rotte op restaurantspyskaarte aan te bied.

Die eet van rotte sal twee vlieë met een klap doodslaan. Dit sal graan daarteen beskerm om deur rotte geëet te word en sal tegelykertyd die graanvoorraad laat toeneem, het Vijay Prakash, 'n amptenaar van die staat se welsynsdepartement aan Reuters gesê.

Volgens amptenare word byna 50 persent van Indië se graanvoedsel deur knaagdiere op die land of in skure opgevreet.

водяные насосыtopcargo развод

Maak 'n opvolg-bydrae