praag.co.za

DRK bly gewelddadig, ondanks demokrasie

'n Verslag met die titel "Om in vrees te lewe" is Dinsdag uitgereik waarin beweer word dat die lewe so gevaarlik as ooit is in weerwil van die teenwoordigheid van een van die grootste VN-vredesmagte ter wêreld.

Mense in die ooste van die land het 'n 50% kans om verslaaf te word of deur 'n gewapende groep doodgemaak te word, terwyl die kanse een uit drie is om gemartel te word. Twaalf persent van mense loop die risiko om verskeie kere seksueel gemolesteer te word.

Die verslag is deur Amerikaanse menseregtegroepe saamgestel.

Volgens die verslag voel minder as die helfte van die mense veilig as hulle slaap, in die nag in hul dorpie rondloop of as hulle vreemdelinge ontmoet.

Omrent 18 000 VN-troepe is in die land ontplooi in 'n poging om die vrede te bewaar.

online csinoФильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply