Gevaarlike velbleikmiddels oral in Oeganda te koop

Ondanks 'n regeringsverbod op die verkoop van velbleikmiddels, koop hordes Oegandes steeds middels om hul velle te bleik.

Vanweë die ondoeltreffende toepassing van die verbod, is dié gevaarlike skoonheidsmiddels oral in Oeganda beskikbaar.

Hulle word oor die toonbank verkoop, langs die pad deur smouse en oral is daar venters as gevolg van die hoë vraag daarna.

Dermatoloë sê die vel kan ligter gemaak word deur 'n kombinasie van behandelings wat die produksie van melanien verminder of blokkeer.

Dié behandelings bevat ook hoeveelhede kwik wat velkanker kan veroorsaak.

Nogtans sê vroue dat hulle mooier wil lyk deur 'n ligte vel te hê.

miomare yachtingФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae