VSA onderhandel veto teen Israel

Die VSA het Dinsdag gesê hulle sal ‘n VN-Veiligheidsraadverklaring ondersteun dat Amerika “nie die legitimiteit van voortgesette Israeliese nedersettingsaktiwiteite aanvaar nie,” ‘n skuif wat daarop gemik is om ‘n sterker Palestynse vetoresolusie te omseil.

Maar die Palestyne het reeds die Amerikaanse aanbod verwerp ná ‘n vergadering laat Woensdag van Arabiese verteenwoordigers en gesê hulle is van plan om te druk vir ‘n vetobesluit Vrydag, volgens amptenare gemoeid met die kwessie.

Die besluit om die Amerikaanse aanbod te verwerp beteken waarskynlik dat die Obama-administrasie vir die eerste keer ooit ‘n vetostem in die VN-Veiligheidsraad sal uitbring.

Die VSA toon ‘n nuwe gewilligheid om uit die huidige impasse in die Midde-Ooste te breek, en oorweeg om aan sy belangrike bondgenoot, Israel, ‘n sterk boodskap te stuur.

Die Palestynse afvaardiging, saam met Libanon, die Veiligheidsraad se enigste Arabiese lidstaat, het die raad se president gevra om ‘n vergadering vir Vrydag te skeduleer. Dit is onduidelik of die Palestynse deur hul weiering bloot ‘n onderhandelingfoefie gemik op ‘n beter ooreenkoms met Washington gebruik.

Susan E. Rice, die Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, het Dinsdag die nuwe Amerikaanse aanbod tydens ‘n vergadering agter geslote deure met die Arabiese Groep,’ n blok van die Arabiese lande van Noord-Afrika en die Midde-Ooste gemaak. Sy het gedurende die vergadering die VSA verbind tot die ondersteuning van kritiek teen Israel se nedersettingsbeleid.

Rice het die sterkbewoorde verklaring in ruil vir die omseiling van die Palestynse vetoresolusie aangebied. In die verklaring sê die VSA dat Israel se beleid “‘n ernstige struikelblok vir die vrede is”.

Amerikaanse amptenare was nie beskikbaar vir kommentaar nie, maar twee van die Veiligheidsraad se diplomate het die aanbod bevestig. Hulle het gesê dit was ook nog nie seker dat die VSA se aanbod die Arabiese Groep tevrede sal stel nie, en meen dat die VSA gedwing kan word om die Palestynse resolusie te veto.

Die Verenigde State is geïsoleer in die groep van 15 lande op die raad. Feitlik al 14 ander lidlande is bereid om die Palestynse resolusie te steun, volgens die raad se diplomate. ‘n VN-resolusie van die Veiligheidsraad dra oor die algemeen groter politieke en regsbindende krag as ‘n verklaring van die raad se president.

Die Amerikaanse toegewing kom te midde van ‘n golf van opstand in die Midde-Ooste wat leiers in Tunisië en Egipte ontsetel het en ‘n uitdaging aan talle regerings in die gebied stel.

магазини іграшокЛобановский

Jordanië wil nagklubs sluit

Talle Moslemgemeenskapsleiers eis tans dat nagklubs en diskoteke in Jordanië gesluit moet word, aangesien “sulke vermaak die nasie se morele waardes aantas”.

Jordanië se grootste opposisiegroep, die Moslem-Broederskap, het in die verlede reeds sulke eise gemaak.

Die oproep Woensdag is egter deur ‘n hele aantal onafhanklike geestelikes ondersteun – ‘n teken dat die idee toenemend gewilder onder Moslems raak.

Jordanië se pro-Westerse regering glo nagklubs en diskoteke nodig is om  die invloei van buitelandse toeriste  – ‘n belangrike bron van inkomste – te verseker.

Tydens Woensdag se oproep het 109 geleerdes gesê nagklubs moedig onsedelikheid onder Jordanië se jeug, die grootste deel van die land se bevolking, aan.

безмасляные компрессоры ценатопкарго развод

Wêreldbank waarsku dat voedselpryse ‘gevaarlike’ vlakke bereik het

Internasionale voedselpryse het tot “gevaarlike vlakke” gestyg wat kan bydra tot politieke onstabiliteit, miljoene mense in armoede kan dompel en die koste van kruideniersware kan verhoog, volgens ‘n nuwe verslag van die Wêreldbank.

Die bank het ‘n verslag vrygestel Dinsdag waarin aangedui word dat internasionale voedselpryse met 29 persent in die afgelope jaar opgegaan het, net 3 persent minder as die hoogste ooit in 2008. WB-President Robert Zoellick het gesê dat die stygende pryse mense die hardste in die ontwikkelende wêreld getref het omdat hulle soveel as die helfte van hul inkomste aan voedsel spandeer.

“Kospryse is die sleutel en belangrikste uitdaging vir baie ontwikkelende lande vandag,” het Zoellick gesê. Die Wêreldbank skat hoër pryse vir mielies, koring en olie het 44,000,000 mense in uiterste armoede sedert verlede Junie gedompel.

Die verslag kom ‘n dag voordat ministers en sentrale bank hoofde van die Groep van 20 van die voorste ekonomieë in Parys ontmoet. Zoellick het gesê hy is bekommerd dat sommige lande kan reageer op voedselinflasie deur die verbod op uitvoere of prysbeheer, wat net die probleem sal vererger.

Die Wêreldbank se kosprysindeks het met 15 persent tussen Oktober en Januarie alleen toegeneem. Die toename is gedryf deur onstabiele globale handel in koring, mielies en sojabone. Koringtermynkontrakte het meer as verdubbel sedert hierdie somer, van $3,50 tot $7 ‘n maat, deels as gevolg van hoër vraag van ontwikkelende lande en ‘n groeiende biobrandstofbedryf.

Geïndustrialiseerde lande soos die Verenigde State word teen die prysstygings gekussing, want vars produkte is net ‘n fraksie van die totale voedselkoste. Maar in baie ontwikkelende lande, reageer pryse meer drasties.

Tussen Junie en Desember byvoorbeeld het koringpryse met 54 persent in Kyrgyzstan, 45 persent in Bangladesj en 16 persent in Pakistan, opgeskiet.

Zoellick het gewaarsku dat hoër pryse tot politieke onstabiliteit in lande soos Egipte en Tunisië kan lei. Albei lande is groot koringinvoerders en hoër graan koste kan die bestaande sosiale onrus vererger, het hy gesê.

“Dit is waar die internasionale stelsel moet probeer om bewus te wees van hierdie sake, en probeer om dinge te doen wat ten minste nie voedselpryse ook vererger nie,” het hy gesê.

под ключДанильченко Харьков

CBS-korrespondent wreed verkrag op Tahrirplein

Op Vrydag, 11 Februarie, die dag toe die Egiptiese president Hosni Mubarak uitgetree het, is die Amerikaanse nuusstasie CBS se hoof buitelandse korrespondent Lara Logan seksueel aangerand.

Die vreugde wat op Tahrirplein geheers het, het sy vir ‘n “60 Minutes” storie gaan dek. Sy en haar span en hul veiligheidswagte is egter te midde van die vieringe omring deur ‘n anti-Westerse element. Dit was ‘n groep van meer as 200 mense wat tot waansin opgesweep was.

In die drukgang van die skare, is sy van haar nuussspan geskei . Sy is daarna oorval en wreed en aanhoudend seksueel aangerand. Sy is uiteindelik gered deur ‘n groep vroue en ongeveer 20 Egiptiese soldate.

Sy is daarna herening met die CBS-span, het teruggegaan na haar hotel en dadelik teruggekeer na die Verenigde State op die eerste vlug die volgende oggend. Sy is tans in die hospitaal waar sy herstel.

Daar sal geen verdere kommentaar van CBS Nuus en korrespondent Logan en haar familie wees nie. Sy het versoek dat haar privaatheid gerespekteer word.

kids modaданильченко юрий брониславович прокурор

Libië loop ook deur

Onluste wat lande in die Midde-Ooste teister, het nou ook in Libië uitgebreek.

Sowat 2 000 mense in die stad Bengazi betoog, en die polisie onder klippe gesteek. Die polisie het gereageer deur die betogers met rubberkoeëls, waterkanonne en traangas tot orde te probeer dwing.

Volgens die BBC het die betoging losgebars nadat ‘n advokaat wat baie krities teenoor die bewind is, gearresteer is. Die advokaat is later vrygelkaat, maar die betoging het voortgegaan.

Die meeste waarnemers wat die uitbreek van nuwe oproer in die Arabiese en omliggende wêreld voorspel, het Libië van die lys uitgesluit. In Maandag se Christian Science Monitor is die onlustekanse in nege lande, wat Egipte en Tunisië insluit, breedvoerig bespreek, maar geen woord is oor Libië gerep nie.

Die ander lande waar onluste reeds losgebars het of verwag word, is Marokko, Algerië, Soedan, Jordanië, Sirië, Bahrein en Iran. Jemen het ook reeds onder onluste deurgeloop.

для финскойлобановский супермаркет класс

Israel sluit diplomatieke missies

Israel se ministerie van buitelandse sake het tydelik hul diplomatieke missies in vier lande gesluit weens terreurdreigemente teen Israelse teikens.

Die dreigemente is blykbaar gekoppel aan die herdenking van die dood van ‘n voormalige Hezbollah-bevelvoerder, Imad Mughniyeh, wat in 2008 in ‘n ontploffing in Sirië dood is. Hezbollah hou Israel vir die ontploffing verantwoordelik en het al herhaaldelik wraak gesweer.

Israel se Nasionale Veiligheidsraad het Israelse- en Joodse reisigers gewaarsku dat hulle teikens kan wees in Turkye, Egipte, Georgië, Venezuela, Armenië, die Ivoorkus, Mali en Mauritanië.

Beamptes wil nie sê watter diplomatieke sendings gesluit is nie, maar vier van die missies is in die lande waaroor waarskuwings uitgereik is.

Die Israelse regering het vroeër vanjaar ‘n soortgelyke waarskuwing uitgereik.

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sê ‘n “aardbewing” is op pad na die Arabiese wêreld, maar dat hy “vir die beste hoop.”

Netanyahu het Maandag na die onrus in die streek verwys asook na die uittrede van die Egiptiese president Hosni Mubarak.

Hy sê hy hoop dat Israel sy bestaande vredesooreenkoms sterker kan maak en nuwe ooreenkomste teken.

Israel en Egipte het ‘n vredesooreenkoms in 1979 geteken.

Intussen het onrus in Bahrein opgevlam. Duisende betogers het na die plein in die Bahreinse stad Manama gestroom in ‘n rebellie wat sterk aan dié in Egipte herinner.

Ooggetuies het gesê die botsings het uitgebreek toe ongeveer 2000 mense die liggaam van ‘n betoger Ali Mushaima vergesel het deur Sjiïetiese dorpies na sy huis. Hy is deur die land se veiligheidsmagte gedood.

Diplomate sê Bahrain se protes kan meet of meer Sjiïetie sal druk vir hervorming wat hulle ‘n groter stem en beter ekonomiese vooruitsigte sal gee.

Ontleders sê die grootskaalse onrus in Bahrain, ook die tuiste van die Amerikaanse Vloot se Vyfde Vloot en ‘n plaaslike banksentrum, kan mede-gemarginaliseerde Sjiïete in die nabygeleë Saoedi-Arabië, die wêreld se grootste olie-uitvoerder, tot opstand oorreed.

Bahreinse polisie het gesê die roubeklaers het gebots met vier polisiebeamptes in patrollievoertuie op die toneel toe een van hulle gebreek het en die ander drie probeer het om die voertuig te verwyder. Een persoon, Fadhel Salman Matrook, is gewond en later in die hospitaal dood.

Bahrein, wat in teenstelling met Arabiese Golf eweknieë min spaar kontant het om te gebruik vir sosiale probleme, het ook gesê dat hulle ‘n ekstra $417.000.000 op items soos kossubsidies gaan bestee, en pogings om die publiek voor te berei vir moeilike tye gaan laat vaar.

мультики про трансформерівФильчаков прокурор

Google trots op opstoker

Google is “baie, baie trots” op Wael Ghonim, die kuber-aktivis wie se Facebook-blad die rewolusie in Egipte aangehits het.

Ghonim is Google se hoof van bemarking in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

“Ons is baie, baie trots op wat Wael Ghonim vermag het in Egipte,” het Schmidt, Google Inc. se uitvoerende hoof, in Barcelona gesê.

“Hulle het tegnologie ingespan, insluitend Facebook en Twitter, om gestalte te gee aan wat die mense graag wil hê.”

Ghonim het tydens ‘n onderhou op 60Minutes gesê die revolusie in Egipte kon nie sonder sosiale netwerke realiseer nie.

“Sonder sosiale netwerke, sou die revolusie nooit die nodige vonk gehad het nie,” het hy gesê.

“Sonder Facebook, Twitter, YouTube en Google, sou dit nooit kon gebeur nie.”

кардиган для школы для девочкиФильчаков прокурор отзывы

Ras = vrees

Die amygdala is ‘n belangrike deel van die brein se struktuur in die neurobiologie van vrees. Dit is betrokke by die verwerking van negatiewe emosies (soos vrees en woede). Navorsers het hiperaktiwiteit in die amygdala waargeneem wanneer pasiënte dreigende gesigte sien of gekonfronteer word met skrikwekkende situasies.

Studies het ook getoon dat blootstelling aan beelde van bang gesigte, of gesigte van mense uit ‘n ander ras, verhoogde aktiwiteit in die amygdala veroorsaak.

Die vreesreaksie deur die amygdala kan versag word deur ‘n ander breindeel bekend as die rostrale antesingulaatkorteks, geleë in die frontale lob. In ‘n 2006-studie aan die Columbia Universiteit, het navorsers opgemerk dat mense minder aktiwiteit in die amygdale ervaar wanneer hulle bewustelik bang stimuli inneem as wanneer hulle onbewustelik bang stimuli ervaar. In die eerste geval, van bewustelike waarneming, is daar ‘n ‘n mate van emosionele beheer.

Die rol van die amygdala in die verwerking van vreesverwante stimuli word egter bevraagteken deur ander navorsing. Selfs in die afwesigheid van die amygdala, het sekere toetsgroepe steeds dadelik gereageer op vreeslike gesigte.

Onderdrukking van amygdale-aktiwiteit kan ook deur patogene veroorsaak word. Rotte besmet met die toksoplasmose parasiet is minder bang vir katte, en soms selfs katte urine-gemerkte areas opsoek. Hierdie gedrag lei dikwels daartoe dat hulle geëet word deur katte. Die parasiet reproduseer dan binne die liggaam van die kat. Daar is bewyse dat die parasiet homself konsentreer in die amygdala van besmette rotte.

Daar moet op gelet word dat verskeie breindele benewens die amygdala ook geaktiveer word wanneer individue met vreesbevange teenoor neutrale gesigte gekonfronteer word, naamlik die occipitocerebellar gebiede insluitend die fusiform gyrus en die inferior pariëtale/superior temporale gyri. Interessant genoeg, bang oë, wenkbroue en monde lyk asofdit afsonderlik gereproduseer word in die brein se respons.

туры в хорватию из калининградалобановский александр досье

Italië moet Tunisiese inval trotseer

Tunisiërs in aansienlike getalle wys hul misnoeë met die politieke toestand in hul land deur die Mediterreense See na Europa oor te steek.

Sedert massaprotesaksies, wat ‘n maand gelede tot die Tunisiese diktator se uittrede gelei het, was daar nog geen beduidende vooruitgang in die land nie.

Meer as 5 000 onwettige immigrante het sedertdien hul opwagting in die suide van Italië gemaak.

Dié toestand is die ongelukkige gevolg van die onlangse uitsetting van die ongewilde Zine El Abidine Ali.

Intussen het die Europese Unie belowe om miljoene rande aan Tunisië  te gee, wat tussen nou en 2013 aan die land geskenk sal word.

Die Italiaanse minister van binnelandse sake, Roberto Maroni, het ook voorgestel dat Italiaanse polisie die kus van Tunisië patrolleer in ‘n poging om die onwettige migrasiestroom te stop stuit.

Tunisië het egter die aanbod van die hand gewys.

to beАлександр Фильчаков Васильевич

Palestynse regering, Hamasteenvoeter, bedank

Die Palestynse premier Salam Fayyad sal Maandagoggend sy regering se bedanking aan president Mahmud Abbas bied, het ‘n senior beampte Sondag aan AFP gesê.

Iran se Ayatollah Ali Khamenei het die vernietiging van Israel op sy webblad voorspel, berig die Huffington Post.

“Die dag sal beslis kom dat die nasies van die Midde-Ooste die vernietiging van die Sionistiese regime sal sien,” het Khamenei op die webblad gesê.

“Hoe vinnig dit sal gebeur, hang af van hoe Islamietiese lande en Moslem-volke die situasie benader.”

Die president van die VSA het ook reageer op die bedanking van Mubarak. “Die mense van Egipte het gepraat, hul stemme is gehoor en Egipte sal nooit weer dieselfde wees,” het Obama gesê. “Egiptenare het ons geïnspireer. Hulle het dit gedoen deur te wys dat die verkryging van geregtigheid deur middel van geweld, ‘n leuen is. Want in Egipte was dit die morele krag van geen geweld, geen terrorisme, geen sinnelose moord, wat geregtigheid laat seëvier het. “

Hamas-woordvoerder Sami Aboe Zuhri in Gaza het gesê: “Die bedanking van die Egiptiese president Hosni Mubarak is die begin van die oorwinning van die Egiptiese revolusie. Dié oorwinning was dansky die opofferinge en die standvastigheid van die Egiptiese volk. Ons doen ‘n beroep op die nuwe Egiptiese leierskap om onmiddellik die blokkade van Gaza en Rafah (grens) permanent op te hef en oop te stel sodat mense vryelik kan beweeg om hulle in staat te stel om die heropbouproses van Gaza te begin. “

play onlineФільчаков прокурор