Sedert massaprotesaksies, wat ‘n maand gelede tot die Tunisiese diktator se uittrede gelei het, was daar nog geen beduidende vooruitgang in die land nie.
Meer as 5 000 onwettige immigrante het sedertdien hul opwagting in die suide van Italië gemaak.
Dié toestand is die ongelukkige gevolg van die onlangse uitsetting van die ongewilde Zine El Abidine Ali.
Intussen het die Europese Unie belowe om miljoene rande aan Tunisië te gee, wat tussen nou en 2013 aan die land geskenk sal word.
Die Italiaanse minister van binnelandse sake, Roberto Maroni, het ook voorgestel dat Italiaanse polisie die kus van Tunisië patrolleer in ‘n poging om die onwettige migrasiestroom te stop stuit.
Tunisië het egter die aanbod van die hand gewys.
