Studies het ook getoon dat blootstelling aan beelde van bang gesigte, of gesigte van mense uit ‘n ander ras, verhoogde aktiwiteit in die amygdala veroorsaak.
Die vreesreaksie deur die amygdala kan versag word deur ‘n ander breindeel bekend as die rostrale antesingulaatkorteks, geleë in die frontale lob. In ‘n 2006-studie aan die Columbia Universiteit, het navorsers opgemerk dat mense minder aktiwiteit in die amygdale ervaar wanneer hulle bewustelik bang stimuli inneem as wanneer hulle onbewustelik bang stimuli ervaar. In die eerste geval, van bewustelike waarneming, is daar ‘n ‘n mate van emosionele beheer.
Die rol van die amygdala in die verwerking van vreesverwante stimuli word egter bevraagteken deur ander navorsing. Selfs in die afwesigheid van die amygdala, het sekere toetsgroepe steeds dadelik gereageer op vreeslike gesigte.
Onderdrukking van amygdale-aktiwiteit kan ook deur patogene veroorsaak word. Rotte besmet met die toksoplasmose parasiet is minder bang vir katte, en soms selfs katte urine-gemerkte areas opsoek. Hierdie gedrag lei dikwels daartoe dat hulle geëet word deur katte. Die parasiet reproduseer dan binne die liggaam van die kat. Daar is bewyse dat die parasiet homself konsentreer in die amygdala van besmette rotte.
Daar moet op gelet word dat verskeie breindele benewens die amygdala ook geaktiveer word wanneer individue met vreesbevange teenoor neutrale gesigte gekonfronteer word, naamlik die occipitocerebellar gebiede insluitend die fusiform gyrus en die inferior pariëtale/superior temporale gyri. Interessant genoeg, bang oë, wenkbroue en monde lyk asofdit afsonderlik gereproduseer word in die brein se respons.
