Google is “baie, baie trots” op Wael Ghonim, die kuber-aktivis wie se Facebook-blad die rewolusie in Egipte aangehits het.
Ghonim is Google se hoof van bemarking in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.
“Ons is baie, baie trots op wat Wael Ghonim vermag het in Egipte,” het Schmidt, Google Inc. se uitvoerende hoof, in Barcelona gesê.
“Hulle het tegnologie ingespan, insluitend Facebook en Twitter, om gestalte te gee aan wat die mense graag wil hê.”
Ghonim het tydens ‘n onderhou op 60Minutes gesê die revolusie in Egipte kon nie sonder sosiale netwerke realiseer nie.
“Sonder sosiale netwerke, sou die revolusie nooit die nodige vonk gehad het nie,” het hy gesê.
“Sonder Facebook, Twitter, YouTube en Google, sou dit nooit kon gebeur nie.”
