Man steek homself aan die brand

‘n Man het homself voor ‘n nasionale monument in sentraal-Amsterdam, Nederland, aan die brand gesteek, het polisie en ooggetuies gesê.

Foto’s van Woensdagmiddag se dramatiese voorval het sosiale netwerke en webtuistes binne enkele minute gehaal.

Een foto het die slagoffer wat op sy rug lê gewys, terwyl omstanders probeer het om die vlamme met hul jasse dood te slaan.

Nooddienste het by die Dam-plein opgedaag om die vlamme met water te blus.

‘n Gedeelte van die plein is afgesper terwyl die slagoffer behandeling ontvang het. Hy is daarna na ‘n hospitaal geneem.

“‘n Persoon het homself op die Dam aan die brand gesteek,” het polisie in Amsterdam op Twitter gesê.

Daar is geen onmiddellike inligting oor die man se toestand of sy identiteit beskikbaar nie.

Ooggetuies het aan die Nederlandse nasionale uitsaaier NOS gesê die man het Nederlands met ‘n buitelandse aksent gepraat en dat hy glo geen “politieke motief” gehad het nie.

поставка насосного оборудованияОлександр Фільчаков прокурор

Keniane dagvaar Verenigde Koninkryk oor marteling

Vyf Keniane beskuldig die Britse regering van marteling tydens ‘n opstand teen die voormalige koloniale moondheid meer as 50 jaar gelede en sal Woensdag getuienis aan die Britse Hooggeregshof lewer, het hul regsverteenwoordigers gesê.

Die drie mans en twee vroue sê hulle is aan kastrasie, seksuele misbruik en mishandeling in strafkampe onderwerp en eis nou ‘n verskoning en finansiële vergoeding van die Britse regering.

‘n Saak is namens hulle deur die regsfirma Leigh, Day & kie. by die Hooggeregshof in Londen in 2009 geliasseer.

“In hierdie opspraakwekkende saak sal die eisers, wat in hul sewentiger- en tagtigerjare verkeer, 6 400 km vanaf landelike Kenia reis om getuienis by die Hooggeregshof in Londen vanaf 6 April 2011 te lewer,” sê die prokureursfirma op sy webtuiste.

Brittanje se Times-koerant berig in vandag se uitgawe dat 300 kartondose vol dokumente wat pogings deur Brittanje om die opstand te onderdruk, aantoon vanjaar ontdek is toe die Hooggeregshof die regering beveel het om alle relevante bewyse te produseer.

Getuienis

Volgens die Times is die ontbrekende materiaal – meer as 1 500 lêers wat voorheen vermoedelik verlore geraak het of vernietig is – in 1963 vanuit Kenia verwyder en na Brittanje geneem slegs enkele dae voor Kenia se onafhanklikheidsverklaring soos wat beamptes getuienis probeer verwyder het wat “Haar Majesteit se regering in die verleentheid mag stel”.

Historici beraam dat soveel as 150 000 vermeende lede van die Mau Mau, ‘n weerstandsbeweging wat deur Keniaanse stamme van stapel gestuur is, tussen 1952 en 1960 sonder verhoor aangehou en in Brits-beheerde kampe geplaas is.

Prokureurs vir die vyf Keniane hoop dat die saak, as dit suksesvol is, sal lei tot ‘n vergoedingsprogram vir duisende ander mense wat menseregtebeamptes glo die slagoffers van Britse marteling tydens die koloniale heerskappy was.

Die Britse Foreign Office oftewel ministerie van buitelandse sake, het gesê hy is bewus van die regsoptrede en verwelkom ‘n ope debat, maar aanvaar nie die vergoedingseise nie en gaan hulle op grond van aanspreeklikheid en tydsbeperkinge teenstaan.

влагоотделитель на компрессорАлександр Фильчаков прокурор

Ondergrondse kernsentrales?

Terwyl Japan sukkel om die ramp by die Fukushimakernkragsentrale onder beheer te bring, is Indonesië besig om ‘n nuwe strategie wat die moontlike gevolge van ‘n kerninsident kan verminder te oorweeg.

Die New Scientist berig dat die regering van Indonesië ‘n ondersoek na die haalbaarheid vir die gebruik van ondergrondse kernreaktors gelas het.

Die logika is dat indien iets verkeerd gaan, vul die operateurs eenvoudig alle toegangspunte van die aanleg met beton, begrawe die bestraling, en loop weg.

games casino online freeданильченко юрій броніславович компромат

NYT nie meer gratis aanlyn nie

Die New York Times gaan binnekort nie meer gratis wees nie. Vanaf April 4, sal daar nie meer vrye toegang tot die New York Times se webwerf wees nie.

Lesers sal in staat wees om 20 artikels gratis aanlyn te lees, maar verdere toegang sal tussen $15 en $35 kos.

Daar is warm debat wat woed oor hoe en of die betaalmuur sal werk en mediakenners in die besonder is gretig om te sien of die Times se oplossing om hul dalende inkomste te stuit, aanlynlesers gaan vervreem.

Die papiertiere in Suid-Afrika gaan die kwessie met ‘n arendsoog volg.

 

автодиагностика купить ценаtopcargo развод

Rusland waarsku dat aanvalle teen VN-resolusie is

Rusland het Maandag gesê hy is bekommerd oor die uiteindelike doel van die lugaanvalle op Libië en meen dit kom op “inmenging” wat nie deur die Verenigde Nasies goedgekeur is nie, neer om die Libiese rebelle te help .

“Ons sien in die media dat soldate wat deel van die operasie is, sê hulle doelwit is om burgers te beskerm,” het Sergei Lafrow, minister van buitelandse sake van Rusland, gesê.

“Maar aan die ander kant sien ons verslae, en niemand ontken dit nie, dat die koalisie Moeammar Gaddafi se magte bombardeer en daardeur die gewapende rebelle ondersteun.”

“En dit is ‘n duidelike teenstrydigheid. Ons glo dat ‘n koalisie-tussentrede in ‘n burgeroorlog nie deur die VN-resolusie goedgekeur is nie,” het Lavrov gesê.

Lavrov se kommentaar dui daarop dat daar kommer in Moskou bestaan oor die uiteindelike doel van die lugaanvalle om Gaddafi te dwing om as leier uit te tree en die rebelle daardeur te ondersteun.

Rusland het buite stemming gebly tydens die stemming vir die resolusie wat die militêre operasie gemagtig het.

social mediaДанильченко Юрий Брониславович Харьков

VSA wil Libiese rebelle bewapen

Moeammar Gaddafi is in gesprekke met Westerse “vriende” om ‘n “waardige oplossing” vir die konflik wat in Libië aangaan te vind, het die koerant Asharq Al-Awsat Saterdag berig.

Die koerant het verskeie bronne aangehaal wat beweer dat die Libiese leier op hierdie “vriende”, wie se name nie genoem word nie, staatmaak om die internasionale gemeenskap te oortuig om die lugaanvalle te staak en ‘n oplossing te onderhandel.

Volgens die koerant het Gaddafi se seun, Saif Al-Islam, die land verlaat om ‘n “dringende plan” uit te werk om verdere agteruitgang van die politieke en militêre situasie te stuit.

‘n Hoë-vlak Libiese afvaardiging, gelei deur die parlement-speaker Moehamad Abul-Qasim Al-Zawi, het in Tunisië aangekom en is nou op pad na ‘n geheime bestemming vir voortgesette gesprekke, het die koerant berig.

Intussen het die Washington Post berig dat die VSA en ander Westerse lande dit oorweeg om die Libiese rebelle met wapens te voorsien.

детские игры для детейФильчаков

Madonna se skool na die maan

Die bestuurders van Madonna se liefdadigheidsorganisasie in Malawi is afgedank nadat hulle byna R30 miljoen op ‘n skool wat nooit sal gebou word nie, geblaas het.

Die verdoemende oudit van Raising Malawi het bevestig dat die geld vir die elite akademie vir meisies nooit vir bouwerk gebruik is nie, en dat die planne van die baan is.

Die uitvoerende direkteur, Philippe van den Bossche, die vennoot van Madonna se voormalige persoonlike afrigter, is in Oktober weg ná kritiek op sy bestuurstyl en uitgawes by die skool, volgens die New York Times.

“Dit het ingesluit wat ouditeure beskryf het as buitensporige uitgawes aan salarisse, motors, kantoorruimte en gholfbaanlidmaatskap, gratis behuising en ‘n motor en bestuurder vir die skool se direkteur,” het die koerant gesê.

Die skrapping van die Raising Malawi Academy for Girls – gerugsteun deur prominente Hollywood-figure en Madonna se medewerkers in Kabbalah – is in Januarie aangekondig. Dit het die Malawiese regering onkant gevang en woede onder inwoners wat hul huise afgestaan ​​om plek te maak vir ‘n 117-akker konstruksieterrein naby die hoofstad, Lilongwe, veroorsaak.

Die manier waarop Bossche toesig oor beide die bouplanne en die kurrikulum gehou het, was blykbaar die rede waarom die projek misluk het, volgens die ouditverslag.

“Philippe se vlak van wanbestuur en die gebrek aan toesig was totaal en dit het veroorsaak dat die projek en die gebrek aan sukses van die spelers op die grond in ‘n groot mate ‘n gevolg van sy onvermoë om die projek, mense en finansies doeltreffend te bestuur, was.”

Die oudit het ook ‘n vernietigende oordeel oor Anjimile Oponyo uitgespreek, wat veronderstel was om die skoolhoof te wees. “Haar charisma oorskadu ‘n gebrek aan substantiewe kennis van die praktiese toepassing van opvoedkundige ontwikkeling, en haar swak bestuursvaardighede is ‘n groot bydraer tot die huidige finansiële en programmatiese chaos.”

Trevor Neilson, ‘n stigter van die groep, het gesê al die geld is bestee op die ongeboude skool, die meeste daarvan op argitekte, salarisse en twee motors vir werknemers wat nog nie aangestel is nie.

“Ten spyte van [hierdie uitleg], het die projek nie grond gebreek nie, geen titelakte vir die grond bestaan nie en ‘n verrassende gebrek aan verantwoordelikheid aan die kant van die bestuurspan in Malawi en die bestuurspan in die Verenigde State heers.”

Konstruksie van die gebou was vir voltooiing in Desember vanjaar beplan.

Maar Madonna, wat het ‘n seun en ‘n meisie van Malawi aangeneem het, het daarop aangedring die werk sal voortgaan in die land. “Daar is ‘n ware opvoedingskrisis in Malawi,” het sy gesê. “Sewe-en-sestig persent van meisies gaan nie na ‘n sekondêre skool nie, en dit is eenvoudig onaanvaarbaar. Ons span gaan hard werk om dit in elke manier wat ons kan om te keer.”

casino slotДанильченко

Rassistiese baniere van Obama by kampus

Kampuspolisie by die Universiteit van Kentucky in die VSA het ‘n ondersoek  geloods na twee voorvalle waarin ‘n banier opgehang is waarop rassistiese verwysings na president Barack Obama voorgekom het.

Polisiewoordvoerder Jay Blanton sê ‘n professor het die eerste een op 15 Maart  op ‘n deur van die UK School of Law gevind en dit ingehandig.

‘n Regstudent het die ander banier Donderdag op ‘n busskuiling aangetref. Ches Clark het gesê hy het ‘n banier gekry wat sê: “Hoe spel jy Nigger? Obama.”

Iemand het glo baie moeite gedoen om die letters uit ‘n spyskaart te sny, te plak en te kopieer, volgens die polisie.

фильтр влагоотделитель для сжатого воздухаФільчаков прокурор

Japan: Bestralingsvlakke 10 000 keer hoër

Werkers wat brandwonde opgedoen het terwyl hulle probeer het om een van die Fukushima-reaktors te verkoel, is aan bestralingsvlakke blootgestel wat 10 000 keer hoër is as wat aanvanklik gemeen is.

Aanduidings is dat ‘n belangrike beskermingskapsule vir kernbrandstof by die kernaanleg moontlik gebars het.

Dit kan ‘n groot terugslag beteken ten spyte van moeilike vordering om bestralingslekkasies te bekamp na die aardbewing en tsoenami wat Japan twee weke gelede getref het.

Meer as 700 ingenieurs werk in aflosskofte om die ses reaktors by die Fukushima-aanleg te stabiliseer. Hulle moes egter uit sekere areas van die aanleg onttrek toe drie werkers wat ‘n kabel in Eenheid 3 vervang het, aan hoë vlakke van bestraling blootgestel is.

Twee van die werkers is hospitaal toe geneem met moontlike bestralingsbrandwonde nadat water wat met bestraling besmet is hulle stewels binnegedring het.

“Die besmette water het 10 000 keer die hoeveelheid bestraling bevat as wat water moet hê as dit in ‘n reaktor wat normaal funksioneer sirkuleer,” het Hidehiko Nishiyama,’n beampte by ‘n Japanese kernkragagentskap, gesê.

“Dit is moontlik dat die reaktor skade gely het.”

Beamptes het vroeër gesê dat klein ontploffings by die reaktor skade veroorsaak het. Hoë vlakke van bestraling wat besig is om uit te lek dui daarop dat die skade meer is as wat aanvanklik geglo is.

Eenheid 3 is ook die enigste een wat plutonium in sy brandstofmengsel gebruik, wat giftiger is as die uraan wat in die ander reaktors gebruik word.

Intussen moedig Japan duisende mense wat naby die Fukushima-aanleg bly om eerder te verhuis.

China het ook bekend gemaak dat twee Japannese reisigers wat in die land binnegekom het aansienlike hoë vlakke van bestraling toon.

Japan het nog nie erken dat mense, behalwe vir die drie werkers by die reaktor, aan hoë bestraling blootgestel word nie.

хрустальные люстрыФильчаков прокурор харькова

China eis skietstilstand in Libië

China eis dat ‘n onmiddelike skietstilstand in Libië uitgeroep word en dat ‘n skikking deur onderhandeling gevind word.

China het gewaarsku dat indien die geweld aanhou dit omliggende lande kan destabiliseer.

“Ons glo dat die doel van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad se resolusie is om humanitêre doelwitte te beskerm en nie ‘n groter humanitêre krisis te skep nie,” het Jiang Yu, woordvoerder van die departement van buitelandse sake, gesê.

“Libië se soewereiniteit, onafhanklikheid, eenheid en territoriale integriteit moet gerespekteer word. Ons doen ‘n beroep op partye om dadelik ‘n skietstilstand uit te roep om te verhoed dat die konflik eskaleer. ‘n Voorsetting van die geweld sal die situasie vererger.”

Westerse vegvliegtuie het Libië verlede naweek begin aanval maar kon tot dusver nie daarin slaag om Moeammar Gaddafi, Libiese leier, te stuit nie.

instagramЛобановский Харьков