China eis skietstilstand in Libië

China eis dat ‘n onmiddelike skietstilstand in Libië uitgeroep word en dat ‘n skikking deur onderhandeling gevind word.

China het gewaarsku dat indien die geweld aanhou dit omliggende lande kan destabiliseer.

“Ons glo dat die doel van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad se resolusie is om humanitêre doelwitte te beskerm en nie ‘n groter humanitêre krisis te skep nie,” het Jiang Yu, woordvoerder van die departement van buitelandse sake, gesê.

“Libië se soewereiniteit, onafhanklikheid, eenheid en territoriale integriteit moet gerespekteer word. Ons doen ‘n beroep op partye om dadelik ‘n skietstilstand uit te roep om te verhoed dat die konflik eskaleer. ‘n Voorsetting van die geweld sal die situasie vererger.”

Westerse vegvliegtuie het Libië verlede naweek begin aanval maar kon tot dusver nie daarin slaag om Moeammar Gaddafi, Libiese leier, te stuit nie.

instagramЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae