Jaco Rossouw (34), ‘n mede-eienaar van die vulstasie, is op 6 Maart in die Muelmed-hospitaal in Pretoria opgneem nadat hy 95% brandwonde opgedoen het.
Die petroljoggie het die petrolbom deur Rossouw se kantoorvenster gegooi en het self brandwonde aan sy arms opgedoen.
Geskokte motoriste by die vulstasie het die vlamme op Rossouw se liggaam met ‘n brandblusser geblus.
Volgens lt. kol. Malasela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sal Joseph Maphurumela (32) en sy medepligtige Almon Mohlala (38) van moord aangekla word.
Maphurumela is in aanhouding en sal op 28 Maart in die hof verskyn vir sy borgtogaansoel.
Mohlala is verlede week in hegtenis geneem en op R1000 borgtog vrygelaat. Hy het glo by die vulstasie gewerk.
