Israel woedend vir Obama

‘n Lid van die Likud-party in Israel het president Barack Obama die “nuwe Arafat” genoem wat Israel se vernietiging wil bewerkstellig, met verwysing na die afgestorwe Palestynse Bevrydingsleërleier.

Obama het die Palestyne Donderdag gelyk gegee in hulle aandrang dat die toekomstige Palestynse staat op die grense vóór die 1967-oorlog gegrond moet wees.

Dié skuif het groot woede in Israel ontketen. Israel sê die grense van ‘n Palestynse staat moet bepaal word deur middel van onderhandelinge.

In ‘n toespraak waarin die Amerikaanse beleid in die Midde-Ooste en Noord-Afrika uitgelê is, het Obama Donderdag die Palestyne se openingsposisie herhaal. Dit is slegs ‘n dag voor ‘n besoek aan Washington deur die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu. Netanyahu is heftig gekant teen enige verwysing na die grense van 1967.

Tot en met Donderdag was die Amerikaanse posisie dat die Palestynse se gedagte van ‘n staat wat gebaseer is op die grense van 1967, deur ooreenkomste bereik moet word waarin daar eers grond uitgeruil word met die Israeli’s.

Die Amerikaners het voorheen Israel se begeerte vir ‘n veilige Joodse staat deur middel van onderhandelinge ondersteun. Obama het egter dié posisie Donderdag laat vaar ten gunste van die Palestyne.

Daar heers groot verdeeldheid in Israel oor die Amerikaanse president se toespraak. Tsipi Livni, lid van die opposisie in die Knesset, sê indien Israel nie instem nie, sal die land verder internasionaal geïsoleer word.

Joodse skenkers in die VSA het intussen gewaarsku dat Obama se herverkiesingsveldtog in die gedrang kan kom as hy volhou met sy vyandige houding teenoor Israel.

Sommige Joodse skenkers sê reeds Obama het Israeliese leiers te hard gedruk om  konstruksie van nedersettings in betwiste gebiede te staak, ‘n deurgaanse element van Amerikaanse beleid.

Sommiges is ook bekommerd dat Obama meer druk op die Israeli’s as die Palestyne plaas om vir vrede te onderhandel en sê hulle is teleurgesteld dat Obama nog nie besoek gebring het aan Israel nie.

светильники светодиодные для внутреннего освещенияФильчаков прокурор харьков

IMF-hoof verkrag glo MIV-positiewe swart vrou

Dominique Strauss-Kahn, hoof van die Internasionale Monetêre Fonds wat in New York in hegtenis geneem is vir beweerde seksuele aanranding, sal Donderdagoggend vir borg aansoek doen.

Strauss-Kahn het glo ‘n swart vrou van 32 uit Wes-Afrika wat werksaam is as skoonmaker by die luukse hotel, Sofitel Hotel, waar hy tuisgegaan het, gedwing om orale seks met hom te hê.

Gerugte dat die swart hotelwerker MIV-positief is, doen tans die rondte, nadat daar vasgestel is dat sy in ‘n Bronxwoonstel uitsluitlik vir volwassenes met MIV of vigs woon.

Maar haar prokureur Jeffrey Shapiro het gister gesê dat sy nie HIV het nie, en die woonstel dmv onderverhuring bekom het.

‘n Spesiale aansoek namens Strauss-Kahn kan beteken dat hy teen Donderdag uit die gevangenis kan wees op borgtog van $1 miljoen as hy onderneem om homself aan elektroniese monitering in New York City te onderwerp.

Die Franse politikus word 24-uur dopgehou omdat die Amerikaanse owerhede wil verhoed dat hy selfmoord oorweeg in sy sel by die Rikereiland-gevangenis. Dit sluit volgens gevengenisowerhede in dat hy “skoene dra sonder veters,’ n oorpak in plaas van ‘n koordbroek asook dopgehou word”.

Twee wetstoepassingsbeamptes het op voorwaarde van anonimiteit aan Associated Press gesê dat ondersoekers ‘n stuk van die hotelkamer se tapyt forensiese ontleed.

Die amptenare sê die mat bevat semen van waar die hotelwerker gespoeg het nadat Strauss-Kahn haar gedwing het om orale seks met hom te hê.

 

 

 

для пескоструяАлександр Фильчаков прокурор

Iran help Venezuela militêr

Iran bou tans middelafstand-missiellanseerders op die Paraguaná Skiereiland, en ingenieurs van ‘n konstruksiefirma – Khatam al-Anbia – wat deur die Rewolusionêre Wagte besit word, het Paraguaná in Februarie besoek. Die Duitse koerant, Die Welt het dié inligting van “Westerse veiligheidsdienste” gelek.

Die vuurpylbasisse, wat sowel as kommando- en beheerstelsels insluit, is ontwerp om lugaanvalle teen Venezuela te stuit.

Die Iranse militêre betrokkenheid in die projek strek van bunker-, kaserne- en wagtoringkonstruksie. Silo’s van tot twintig-meter diep word vir die vuurpyle beplan.

Die koste van die militêre projek word glo betaal met olie-inkomste. Die Iraniërs word in kontant betaal vir die eerste fase van die projek en die totale koste sal na verwagting “dosyne miljoene” dollars, kos, volgens Die Welt.

Die Paraguaná Skiereiland is op die kus van Venezuela en is rofweg 120 kilometer van Amerika se belangrikste Suid-Amerikaanse vennoot, Columbia.

Volgens Welt, is die ooreenkoms tussen Venezuela en Iran geheim. Iran se vyande sal dus binne die bereik van Venezuela wees.

Intussen het die Duitse pers agentskap (DPA) Vrydag berig dat Duitsland nie sal teëstribbel teen die EIH-bank wat op die EU sanksielys geplaas is nie. Dié bank wat in Hamburg is, is een van die belangrikste instellings in Europa vir die finansiering van Iran se missiel- en kernverspreidingprogramme. Duitsland is skerp deur Amerikaanse, Franse, Britse en Israeliese amptenare gekritiseer nadat hulle geweier het om die EIH te sluit.

 

освещение в ландшафтном дизайнеДанильченко Юрий Брониславович Харьков

IMF-hoof het glo skryfster ook seksueel aangerand

Volgens ‘n Franse skryfster het Dominique Strauss-Kahn, besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), haar ook nege jaar gelede seksueel aangerand.

David Koubbi, ‘n regsverteenwoordiger, sê die skryfster Tristane Banon wil ‘n wettige klag teen die IMF-hoof lê.

Koubbi sê Banon het nie Strauss-Kahn aanvanklik aangekla nie as gevolg van die “spanning” wat sy agv die beweerde aanranding in 2002 ervaar het.

Banon se ma het haar ook glo aangemoedig om nie die klag teen Strauss-Kahn te lê nie.

Strauss-Kahn is Sondagaand in hegtenis geneem weens die beweerde seksuele aanranding van ‘n skoonmaker by ‘n New Yorkse hotel.

Die IMF-hoof is vasgevat nadat hy die hotel in New York waar die beweerde aanranding plaasgevind het, gebel het om te hoor of sy verlore selfoon daar agtergebly het. Hy was toe reeds op die Air France-vlug, oppad terug na Frankryk.

Die hotelamptenaar het voorgegee dat hy die selfoon het en na die lughawe sal bring. Strauss-Kahn is daarna uit die vliegtuig gelok om die foon in ontvangs te neem. Toe hy uitstap het Amerikaanse geregsdienaars hom met boeie ingewag.

вихревой насос дляданильченко юрій Харків

Rusland veroordeel NAVO-optrede in Libië

Sergei Lawrof, die Russiese minister van buitelandse sake, het Navo se optrede in Libië veroordeel en sê dat vegvliegtuie van die alliansie, in teenstelling met die reëls van die Verenigde Nasies, besig is om burgerlike teikens aan te val.

“Daar is te veel oortredings van die VN-Veiligheidsraad se resolusie,” het Lawrof gesê. “Dit is heeltemal onaanvaarbaar.”

Navo het in die afgelope paar weke sy lugveldtog teen militêre magte van Muammar Gaddafi opgeskerp.

Die lugaanvalle, wat in Maart begin het, is veronderstel om te verhoed dat regeringsmagte burgers aanval en vermoor.

Navo het sedertien begin om Libiese regeringsgeboue en geboue waar wapens gestoor word te teiken.

услуги детектор лжиалександр лобановский супермаркет класс

IMF-hoof vas na seksaanval

Dominique Strauss-Kahn, voorsitter van die Internasionale Monetêre Fonds, is in hegtenis geneem op aanklagte van ondermeer poging tot verkragting nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ‘n hotelwerker sy ‘n hotel in Manhattan, New York, seksueel aangerand het.

Strauss-Kahn is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy van ‘n Air France-vlug af vergesel is.

Paul Browne, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê Strauss-Kahn het die hotel verlaat nadat die 32-jarige huishoudster uit sy luukse hotelsuite gevlug het.

“Die vrou het aan die polisie gesê sy wou die kamer skoonmaak toe Strauss-Kahn naak uit die badkamer kom.”

Sy het verder gesê hulle het ‘n gewelddadige struweling gehad, waarna hy haar gedwing het om orale seks met hom te hê. Strauss-Kahn het toe glo probeer om die vrou se klere uit te trek voordat sy losgebreek en ontsnap het.

Strauss-Kahn sal na verwagting aangekla word van ‘n kriminele seksuele daad, poging tot verkragting en onwetltige aanhouding.

Benjamin Brafman, Strauss-Kahn se regsverteenwoordiger, het gesê sy kliënt gaan onskuldig pleit, volgens Reuters.

betting sites freeФильчаков прокуратура харьков

Profete voorspel dodelike aardbewings vir Rome en Taiwan – maar Spanje loop deur

Dié week het baie lugtige inwoners van Rome na die buitewyke uitgewyk – spesifiek die dag waarop ‘n profeet jare gelede voorspel het ‘n dodelike aardbewing sou dié stad tref. Dié “profeet” is al tien jaar gelede oorlede, en hoewel seismoloë die versekering gegee het dat daar niks buitengewoon te wagte is nie, wou sommige inwoners maar liefs bang Tino, as dooie Tino wees.

Ook in Taiwan het ‘n “profeet” se voorspelde datum van ‘n dodelike aardbewing gekom en gegaan. Die man bly steeds in sy plakkershuisie wat hy meen nie dodelike gevolge sal inhou wanneer die aardbewing – volgens hom 14 op die Richterskaal, dié eiland sou tref nie. Hy glo nou hy mag dalk ‘n dag of wat uit wees.

Die dodelike aardbewing wat wél in die voorspelde tydperk voorgekom het, het die Suid-ooste van Spanje getref en tien lewens geëis. Dit was maar ‘n baie ligte aardbewing, vergeleke met die grotes wat voorkom, en het maar 5,3 op die Richterskaal gemeet. (Op die USGC se webwerf word dit as 5,1 aangegee, ‘n sterkte wat selde die lys haal, maar dié keer wel waarskynlik weens die lewensverlies). Dit is ongeveer ‘n honderd keer ligter as die Tulbach-aardbewing.

Heelwat skade is met die aardbewing in Spanje aangerig, veral in die ou stede Lorca, Cartagena en Albacete. ‘n Ou kloktoring het ingestort en het ‘n TV-verslaggewer wat besig was om ‘n onderhoud te voer, met ‘n haarbreedte gemis.

‘n Terloopse interessantheid is dat argeoloë onlangs, vir die tweede keer daarop aanspraak gemaak het dat hulle Atlantis aan suidelike kus van Spanje ontdek het. In die jongste aanspraak is die “bouvalle” (onder die oppervlak in ‘n vleigebied) sestig kilometer van die kus, en hulle verklaar dit aan die hand van ‘n reuse tsunami wat op ‘n reuse aardbewing gevolg het. Hulle wys daarop dat ‘n aardbewing waarskynlik net so sterk soos die onlangse wat soveel dood en verwoesting in Japan veroorsaak het, op 1 Nov 1775 ‘n tsunami tot gevolg gehad het wat Lissabon feitlik verwoes het. Volgens hulle sou ‘n beter gerigte tsunami wel die gebied kon tref waar “Atlantis” nou ontdek is.

Na die groot Japannese aardbewing het ‘n paar grotes reeds voorgekom, bv die een van 7,1 wat Honshu getref het, een van 6,8 wat heelwat dood en verwoesting in Mjanmar veroorsaak het, en van onderskeidelik 6,9 en 6,8 wat Solomon-eilande en die Lojaliteitseilande getref het.

детский сайтыtopcargo

Tunisië prut steeds

Polisie moes Sondag traangas gebruik om betogers uitmekaar te jaag tydens ‘n anti-regeringopstand in Tunis.

Te midde groeiende geweld in die land het jeugdiges polisiestasies in vyf stede aan die brand gesteek.

Sowat 200 betogers het buite die munisipale teaters en Habib Bourguiba-laan byeengedrom. Hulle het die nasionale volkslied gesing om nog ondersteuners te werf.

Hulle het die polisie met beledigings uitgejou terwyl die polisie die betogers gewaarsku het om uit die strate te kom en na hulle huise terug te keer.

Die betogers het volstrek geweier en die polisie as “lafaarde” uitgejou. Daarna het die veiligheidsmagte die betogers met traangas verwilder en hulle gedwing om in kleiner strate in te beweeg.

Owerhede het Saterdag na dae se volgehoue geweld in Tunis en omliggende omgewings ‘n aandklokreël ingestel.

океанские яхтыЛобановский

Marokkane vaar die strate in

Duisende Marokkane het politiese hervorming geëis tydens ‘n optog teen geweld in Marrakesj nadat 16 mense onlangs in ‘n bomontploffing by ‘n kafee in dié stad gedood is.

Die optog wat Sondag plaasgevind het, is die jongste deur die 20 Februarie-groep, wat op ‘n gereelde basis betogings vir demokrasie reël. Hierdie keer het hulle ook teen terrorisme betoog ná die 28 April-bomaanval op die Argana-kafee.

Die betoging het digby die beskadigde kafee plaasgevind.

Owerhede het reeds drie verdagtes in hegtenis geneem en gesê dat die leier deel van Al-Kaïda is. Niemand het nog egter verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Koning Mohamed VI het hervorming belowe om te verhoed dat Marokko dieselfde paadjie volg as talle ander Arabiese lande wat sedert die begin van die jaar deur opstande en betogings geteister is.

Blood SuckersАлександр Фильчаков

NAVO laat 61 swart vlugtelinge sterf

Swart vlugtelinge is blykbaar aan hul lot oorgelaat om te sterf in die Middellandse See nadat Europese en NAVO-militêre eenhede hulle krete om hulp geïgnoreer het.

‘n Boot met 72 passasiers aanboord, waaronder verskeie vroue, jong kinders en politieke vlugtelinge, het in Maart naby Tripoli in die moeilikheid geraak. Hulle was oppad na Europa om daar om politieke asiel aansoek te doen.

Die vaartuig het blykbaar rondgedryf in die oop water vir 16 dae lank. “Elke oggend het ons wakker geword en nog liggame ontdek,” het Abu Kurke, een van slegs nege oorlewendes, gesê. Hulle het oorleef, sê hy, deur hul eie urine te drink en tandepasta te eet.

Internasionale maritieme reg verplig alle skepe, insluitende militêre vaartuie, om gehoor te gee aan noodoproepe en hulp aan te bied waar moontlik. Vlugtelingorganisasies het ‘n ondersoek na die sterftes aangevra, terwyl die UNHCR, die VN se vlugteling-agentskap, gevra het vir strenger samewerking tussen kommersiële en militêre skepe in die Middellandse See in ‘n poging om menselewens te spaar.

Hierdie jaar se politieke onrus en militêre konflik in Noord-Afrika het ‘n skerp styging in die aantal mense wat probeer om Europa te bereik, veroorsaak. Soveel as 30 000 migrante het die reis oor die Middellandse See in die afgelope vier maande aangepak.

Groot getalle sterf en route; die afgelope maand is meer as 800 immigrante van verskillende nasionaliteite vermoedelik dood. Van die lyke spoel op die strande in Europa en Noord-Afrika uit.

Die pous het intussen, in ‘n toespraak aan meer as 300 000 aanbidders, ‘n beroep op Italianers gedoen om immigrante te verwelkom.

Op ‘n stadium op 29 Maart of 30, was die boot naby aan ‘n NAVO-vliegdekskip. Volgens oorlewendes, het twee stralers opgestyg van die skip en laag oor die vlugtelingvaartuig gevlieg terwyl die immigrante op die dek twee honger babas omhoog gehou het.

Die Guardian het na uitgebreide navrae vasgestel dit was waarskynlik die Franse skip Charles de Gaulle.

‘n Woordvoerder van NAVO, wat militêre optrede in Libië koördineer, het gesê hulle het geen rekords van die insident nie. “NAVO-eenhede is ten volle bewus van hul verantwoordelikhede met betrekking tot die internasionale maritieme reg, en sal antwoord op alle noodoproepe op see en altyd help wanneer dit nodig is om lewens te red.”

детски машиныЛобановский