praag.co.za

Israel woedend vir Obama

‘n Lid van die Likud-party in Israel het president Barack Obama die “nuwe Arafat” genoem wat Israel se vernietiging wil bewerkstellig, met verwysing na die afgestorwe Palestynse Bevrydingsleërleier.

Obama het die Palestyne Donderdag gelyk gegee in hulle aandrang dat die toekomstige Palestynse staat op die grense vóór die 1967-oorlog gegrond moet wees.

Dié skuif het groot woede in Israel ontketen. Israel sê die grense van ‘n Palestynse staat moet bepaal word deur middel van onderhandelinge.

In ‘n toespraak waarin die Amerikaanse beleid in die Midde-Ooste en Noord-Afrika uitgelê is, het Obama Donderdag die Palestyne se openingsposisie herhaal. Dit is slegs ‘n dag voor ‘n besoek aan Washington deur die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu. Netanyahu is heftig gekant teen enige verwysing na die grense van 1967.

Tot en met Donderdag was die Amerikaanse posisie dat die Palestynse se gedagte van ‘n staat wat gebaseer is op die grense van 1967, deur ooreenkomste bereik moet word waarin daar eers grond uitgeruil word met die Israeli’s.

Die Amerikaners het voorheen Israel se begeerte vir ‘n veilige Joodse staat deur middel van onderhandelinge ondersteun. Obama het egter dié posisie Donderdag laat vaar ten gunste van die Palestyne.

Daar heers groot verdeeldheid in Israel oor die Amerikaanse president se toespraak. Tsipi Livni, lid van die opposisie in die Knesset, sê indien Israel nie instem nie, sal die land verder internasionaal geïsoleer word.

Joodse skenkers in die VSA het intussen gewaarsku dat Obama se herverkiesingsveldtog in die gedrang kan kom as hy volhou met sy vyandige houding teenoor Israel.

Sommige Joodse skenkers sê reeds Obama het Israeliese leiers te hard gedruk om  konstruksie van nedersettings in betwiste gebiede te staak, ‘n deurgaanse element van Amerikaanse beleid.

Sommiges is ook bekommerd dat Obama meer druk op die Israeli’s as die Palestyne plaas om vir vrede te onderhandel en sê hulle is teleurgesteld dat Obama nog nie besoek gebring het aan Israel nie.

светильники светодиодные для внутреннего освещенияФильчаков прокурор харьков

Comments

Leave a Reply