China ontmoet Libiese rebelleleier

Chinese owerhede het Maandag aangekondig dat die Libiese opposisieleier Magmoed Jibril Beijing binnekort sal besoek.

Dié aankondiging plaas weereens die aandag op China se betrokkenheid by dié Noord-Afrika-land se voortslepende burgeroorlog en word beskou as nog ‘n terugslag vir die Libiese diktator, Moeammar Gaddafi.

China se departement van buitelandse sake het in ‘n verklaring van net een sin gesê Jibril sal Dinsdag en Woensdag in China wees. Geen ander inligting oor die besoek is nog beskikbaar nie.

Jibril is die voorsitter van die uitvoerende komitee van die nasionale oorgangsraad, ‘n vereniging van rebellegroepe wat Gaddafi uit die kussings probeer lig.

China het in die eerste paar maande van die burgeroorlog in Libië nie betrokke geraak nie, maar het in die afgelope paar weke stappe geneem om die twee kante aan te moedig om ‘n ooreenkoms te bereik.

Chinese diplomate in Katar het vroeër in die maand ook met die rebelleleier Moestafa Abdel-Jalil vergader.

no deposit pokerФільчаков прокурор

Valke sal moet inklim na SAAB se bekendmaking

“Die feit dat SAAB nou erken dat daar omkoopgeld betaal was in die wapenaankope-transaksie met Suid-Afrika en dat name genoem word, moet die gevolg hê dat die Valke onmiddellik ondersoek instel. Ander ondersoeke soos die van die Ouditeur-Generaal en Openbare Beskermer het wel vroeër bevind dat daar nie ongerymdhede was nie, maar dat daar baie bewerings gemaak is van omkopery wat nie bewys kon word nie.
Nou dat daar wel bewyse na vore tree kan die Valke nie anders as om die saak te ondersoek nie. Die wapenaankope-program was nog altyd omstrede as gevolg van bewerings van korrupsie en omkopery en hier is nou ‘n geleentheid dat hierdie saak ondersoek kan word en tot ‘n einde gebring kan word wat tot voordeel nie net van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal wees nie, maar ook tot voordeel van die hele Suid-Afrika,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

светильник светодиодный промышленныйДанильченко Юрий Харьков

Britte en Amerikaners dryf grondpagstelsel, ook in SA

Harvard en ander groot Amerikaanse universiteite is besig om deur Britse verskansingsfondse en Europese finansiële spekulante groot dele van Afrika se landbougrond te koop of te huur en sodoende duisende mense van hul grond af te verdryf, volgens ‘n nuwe studie.

Navorsers aan die Californiese Oakland-instituut sê buitelandse beleggers trek voordeel uit “grondgryp”, wat dikwels nie die beloofde voordele van werksgeleenthede en ekonomiese ontwikkeling oplewer nie en tot omgewings- en maatskaplike probleme in die armste lande ter wêreld kan lei.

Die nuwe verslag oor grondaankope in sewe Afrikalande dui daarop dat Harvard, Vanderbilt en baie ander Amerikaanse universiteite met groot skenkingsfondse die afgelope paar jaar swaar in Afrikalande belê het. Baie van die geld is gekanaliseer deur middel van die Londense firma Emergent Asset Management, dws een van Afrika se grootste grondfondse, wat deur voormalige JP Morgan- en Goldman Sachs-valutahandelaars bedryf word.

Die navorsers van die Oakland-instituut meen dat Emergent se kliënte in die VSA tot $500 miljoen van die mees vrugbare landgrond opgekoop het met die verwagting dat dit 25% se opbrengste sal oplewer.

Emergent sê hulle tree verantwoordelik op. “Ja, universiteitskenkingsfondse en pensioenfondse is langtermynbeleggers,” het ‘n woordvoerder gesê. “Ons belê in Afrika se landbou en die oprigting van ondernnemings en werkskepping. Ons is besig om dit op ‘n verantwoordelike manier te doen… Die bedrae is groot. Dit behels honderde miljoene dollar. Dit is nie grondgryp nie. Ons wil die grond meer waardevol maak. Om groot te wees, maak ‘n impak. Skaalekonomieë kan meer produktief wees.”

Chinese en Midde-Oosterse maatskappye is voorheen geïdentifiseer as “grondgrypers” omdat hulle groot stukke grond in ontwikkelende lande aankoop om goedkoop voedsel vir hul eie bevolkings te kweek.

Die maatskappy wat Harvard se beleggingsfondse bestuur, het geweier om kommentaar te lewer. “Dit is die Harvard-bestuur se beleid om nie beleggings of ‘n beleggingstrategie te bespreek nie en daarom kan ek nie die verslag bevestig nie,” het ‘n woordvoerder gesê. Vanderbilt het ook geweier om kommentaar te lewer.

Oakland het gesê beleggers oorbeklemtoon die voordele in aanbiedings vir die betrokke gemeenskappe. “Maatskappye kan komplekse lae van maatskappye en filiale tot hul eie voordeel in ‘n swak gereguleerde omgewing skep. Ontleding van die kontrakte onthul dat baie van die aanbiedings slegs enkele werksgeleenthede sal voorsien en duisende mense van hul grond af sal dwing,” sê Anuradha Mittal, Oakland se direkteur.

In Tanzanië bepaal die memorandum van verstandhouding tussen die plaaslike regering en die Amerikaanse Development Corporation AgriSol Energy, tesame met Iowa Universiteit, dat die twee vernaamste plekke – Katumba en Mishamo – se vlugtelingnedersettings soveel soos 162 000 mense gedwonge sal moet verskuif voordat die $700-miljoenprojek kan begin. Die vlugtelinge bedryf reeds 40 jaar lank hul boerdery daar.

In Ethiopië is ‘n proses van “dorpskepping” deur die regering aan die gang om tienduisende mense uit die tradisionele gebiede in nuwe sentra te vestig, terwyl groot grondtransaksies met internasionale maatskappye onderhandel word.

Die grootste grondtransaksies in Suid-Soedan, waar tot 9% van landbougrond deur Noorse beleggers opgekoop is, is tussen ‘n Texas-maatskappy en ‘n plaaslike koöperasie van hoofmanne beding. Die huurkontrak van 49 jaar behels die gebruik van 400 000 hektaar teen ongeveer $25 000 en stel die maatskappy in staat om alle natuurlike hulpbronne, olie en hout inkluis, te ontgin. Die maatskappy, gelei deur die voormalige Amerikaanse ambassadeur Howard Eugene Douglas, sê dat hy voornemens is om aansoek te doen vir VN-gesteunde koolstofkrediete wat vir hom miljoene dollar per jaar aan inkomste kan beteken.

In Mosambiek, waar tot sewe miljoen hektaar landbougrond potensieel vir beleggers beskikbaar is, is verskansingsfondse besig om saam te werk met Suid-Afrikaanse sakeondernemings om groot stukke bos- en landbougrond vir beleggers in Europa en die VSA op te koop. Die regering gaan glo belasting vir tot 25 jaar afskryf, maar min werksgeleenthede sal geskep word.

“Die skaal van die grondhandel is skokkend,” sê Mittal. Hy sê dié beleggingstrategie kan voedselpryse en die risiko’s van klimaatsverandering verhoog.

Navorsing deur die Wêreldbank en ander dui daarop dat nagenoeg 60m hektaar – ‘n gebied die grootte van Frankryk – die afgelope drie jaar deur buitelandse maatskappye in Afrika gekoop of gehuur is.

“Die meeste van dié transaksies word gekenmerk deur ‘n gebrek aan deursigtigheid, ten spyte van die ernstige implikasies wat konsolidasie van beheer oor globale voedselmarkte en landbouhulpbronne deur finansiële ondernemings kan inhou,” sê die verslag.

Frederic Mousseau, beleidsdirekteur by Oakland, sê: “Hierdie voedselonsekerheid word ‘n veel groter bedreiging vir die wêreld se veiligheid as terrorisme. Meer as een miljard mense in die wêreld ly honger… Die meeste van die wêreld se armes is steeds afhanklik van klein plase vir hulle bestaan, en die spekulante neem dit weg terwyl die beloofde vordering nooit gebeur nie.”

Dit mag dalk verklaar waarom PLAAS, verbonde aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Britse en Amerikaanse fondse aanwend om Afrikanerboere ideologies van hul plase te probeer afdwing. Die organisasie produseer ‘n groot hoeveelheid anti-Afrikaanse ideologiese stof wat radikale grondhervorming in Suid-Afrika aanbeveel. Dit sal landbougrond in Suid-Afrika spotgoedkoop maak en dmv ‘n pagstelsel aan buitelandse beleggers beskikbaar stel wat dan nie markpryse daarvoor sal hoef te betaal nie.

игрыдля 7 летДанильченко Харьков

Yale staak anti-semitisme studierigting

Die Anti-Defamation League, die invloedryke Joodse lobbie, is woedend oor Yale, die roemryke Amerikaanse universiteit, se besluit om sy studiekursus oor anti-semitisme te kanselleer.

‘n Fakulteitskomitee het gesê die 5-jaar-oue Yale-inisiatief vir die Interdissiplinêre Studie van Anti-semitisme het nie voldoen aan die standaarde van navorsing en onderrig nie.

Die nasionale direkteur van die ADL het gesê dat, ongeag die probleme, Yale eerder moes probeer om probleme op te los, as om die deure van die kursus te sluit.

“Veral in ‘n tyd wanneer anti-semitisme steeds hoogty vier en anti-Israel partye enige poging om kwessies in verband met anti-Sionisme en anti-semitisme te bespreek, as onwettig beskou, Yale se besluit is baie ongelukkig en verskriklik,” het Abrahma Foxman in ‘n verklaring gesê.

Politieke wetenskaplike, professor Donald Green sê dat alle kursusse na vyf jaar hersien word na gelang van hoe goed hulle interdissiplinêre navorsing en onderrig by Yale bevorder.

“Bitter min vakkundige werk [oor dié onderwerp] verskyn in top-vlak tydskrifte in die gedragswetenskaplike, vergelykende politieke, of geskiedenis rigtings. Kursusse in hierdie vakgebied trek nie ‘n groot aantal studente nie, “het Green gesê.

настольные игры для детей в детском садуФильчаков

Chinese diplomate reik uit na Libiese rebelle

Chinese diplomate het in Benghazi, wat deur Libiese rebelle beheer word, aangekom om lede van die opposisie te ontmoet en die konflik in Libië te evalueer, het die regering Dinsdag gesê.

Die onbekende diplomate van die Chinese ambassade in Egipte het Benghazi besoek “om ‘n beter begrip van die humanitêre toestand en die omstandighede vir Chinese beleggingsinstellings” in te win, het die Chinese departement van buitelandse sake in ‘n verklaring gesê.

Die besoek is onderneem om “kontak met die Nasionale Oorgangsraad, wat deur die rebelle geskep is, te behou en om albei kante van die Libiese konflik aan te moedig om ‘n politiese oplossing te vind.”

Dit is nie bekend hoe lank die diplomate daar gaan vertoef nie. Dit is die tweede keer in die afgelope paar weke wat die Chinese regering kontak met die rebelle maak.

погремушкиtopcargo

Britte bekommerd oor te veel seksuele inhoud

Die Konserwatiewe Party in Brittanje wil ouderdomsbeperkings op musiekvideo’s toepas om te verhoed dat kinders “te gou grootword”.

Daar is stygende kommer in Brittanje oor kinders wat op ‘n baie vroeë ouderdom aan beeldmateriaal met seksuele botone blootgestel word.

‘n Verslag, wat deur die regering aangevra is, stel voor dat ouers meer beheer moet hê oor wat hul kinders op TV en op die internet mag kyk.

Die verslag het ook adverteerders en publiseerders aangemoedig om beelde wat baie seksueel is, nie onder die oë van kinders te plaas nie.

Hulle het spesifiek verwys na tydskrifte se voorblaaie, sowel as advertensieborde wat naby skole is.

Die verslag het ook ‘n beroep op winkels gedoen om nie uitlokkende kinderklere te verkoop nie.

“Die samelewing word oorval met beelde wat seksueel van aard is,” het die outeur van die verslag, Reg Bailey, voorsitter van Mothers’ Union, gesê.

“Ouers voel dat hulle nie van dié beelde kan ontkom nie en dat daar al hoe minder plekke is waar kinders bloot kinders kan wees.”

Die Britse eerste minister, David Cameron, het die voorstelle verwelkom.

Hy was veral ten gunste van ‘n webblad waar ouers direk oor TV-programme, advertensies, produkte en dienste kan kla indien hulle voel dat die inhoud nie geskik is vir kinders nie.

Reguleerders sal dan gedwing word om die klagtes direk aan te spreek.

Hy het reguleerders en besighede aangemoedig om aksie te neem en teen Oktober terug te rapporteer.

для девочек игриФільчаков прокурор

‘St Bono’ is ‘n belastingontduiker

“St. Bono” die anti-armoede-aktivis is ‘n belastingontduiker in sy geboorteland Ierland en gaan waarskynlik by sy volgende verskyning ‘n ontnugterde skare moet trotseer.

Die rock-legende het onlangs die titel “St. Bono” gekry vir sy lang veldtog teen wêreldwye armoede.

Maar as Bono se groep U2 by Glastonbury optree later hierdie maand, gaan betogers hulle herinner dat presies dié soort mense waaroor die sanger so besorg is, deur sy suinigheid geraak word.

Lede van aktivistegroep Art Uncut sal ‘n massiewe opblaasplakkaat met die boodskap: “Bono Pay Up” uitgespel in ligte ophys tydens die Ierse groep se optrede.

Hulle sal ook bondels nagemaakte geldnote voor die sanger strooi.

‘n Woordvoerder vir Art Uncut het gesê die protes sal nie geweldadig wees nie, maar hoogs sigbaar.

Hy het gesê: “Bono is kammakastig bekommerd oor die ontwikkelende wêreld, maar U2 is gulsig besig met belastingontduiking wat verlammend uitwerk op arm lande”.

Bono is voorheen genomineer vir die Nobelprys vir Vrede en as ‘n ere-ridder deur die Britse koningin ter erkenning van sy liefdadigheidswerk en aktivisme geslaan.

Die U2-man vergader gereeld met politieke leiers namens ontwikkelende lande om die lewens van die wêreld se armes te verbeter.

цены в хорватииФильчаков прокуратура харьков

Nigeriese babafabriek bestorm

Nigeriese polisielede het ‘n klopjag op ‘n beweerde “babaplaas” uitgevoer waar die tienermoeders gedwing is om hul pasgeborenes aan mensehandelaars te oorhandig.

Twee-en-dertig swanger meisies is gered uit ‘n kraamhuis in die suidelike stad van Aba, het die polisie gesê.

Die meisies, veral van skoolgaande ouderdom, is na bewering opgesluit by die Cross Foundation-kliniek sodat hulle babas kon produseer. Dié babas is verkoop vir onwettige aanneming of vir gebruik in ritualistiese heksery.

Bala Hassan, die Abia-polisiekommissaris, het gesê: “Ons het die perseel van die Cross Foundation in Aba drie dae gelede bestorm ná ‘n verslag dat swanger meisies tussen die ouderdomme van 15 en 17 aangehou word om babas te maak vir die grondeienaar.

“Ons het 32 swanger dogters gered en die eienaar in hegtenis geneem.” Hassan het bygevoeg dat vier babas ook teruggevind is in die aanval.

Geoffrey Ogbonna, ‘n polisiewoordvoerder, is as volg aangehaal deur CNN: “Daar was sowat 30 swanger jong dames, die oudste was 20 jaar oud. Sommiges is in die sekondêre skool, selfs in die laerskool…”

Van die meisies wat gered is, het aan die polisie gesê dat die hospitaaleienaar hulle $192 vir pasgebore seuns en $161 vir pasgebore meisies betaal het.

Dr Hyacinth Orikara, eienaar van die Cross Foundation, sal waarskynlik op aanklagte van kindermishandeling en mensehandel verskyn, het die polisie gesê. Die koop of verkoop babas kan ‘n 14-jaar tronkstraf dra.

Orikara, wat na berig word aan ‘n universiteit studeer het en ‘n op die Abía-staat se gesondheidsdiensbestuur was, ontken die bewerings. Hy sê hy wou tieners help met ongewenste swangerskappe.

Mensehandel is die derde mees algemene misdaad in Nigerië ná finansiële bedrog en dwelmhandel. Ten minste 10 kinders word daagliks verkoop, volgens die VN. Smokkelaars word selde gevang.

центробежные насосы для воды промышленныеФільчаков Олександр Васильович прокурор

Jongste Franse mode: Seksskandale

‘n Franse politikus het op nasionale TV gesê dat ‘n voormalige minster in Marrakesj in hegtenis geneem is ná hy seuns tydens ‘n orgie gemolesteer het. Dit is die derde Franse persoonlikheid wat in verband met onsedelike gedrag in die kollig beland.

Die politikus voer aan dat senior beamptes die voorval toegesmeer het, maar sal nou sy storie aan die polsie moet oorvertel wat daarop aandring om hom te ondervra.

Luc Ferry, ‘n bekende filosoof, het op TV aangekondig dat hy van die skandaal gehoor het by “‘n premier” terwyl hy nog minister van opvoedkunde was.

Hy is blykbaar vertel van ‘n voormalige minister wat in Marrakesj op aanklagte van pedofilie in hegtenis geneem is.

Die minister is blykbaar teruggevlieg Frankryk toe en die inhegtenisname is stilgehou.

Ferry het dit wel duidelik gemaak dat hy geen werklike bewyse van die vermeende voorval het nie.

Dié gerug kom egter kort op die hakke van twee seksskandale in Frankryk wat die gedrag van Frankryk se chauvinistiese politieke elite onder die soeklig plaas.

‘n Minister in Sarkozy se kabinet, Georges Tron, het slegs twee weke ná die skandaal wat IMF-hoof Dominique Strauss-Kahn sy werk gekos het, ook bedank nadat hy vir onsedelike aanranding en verkragting aangekla is.

 

траверсы длялобановский класс

Libië sê NAVO het dood van 718 burgerlikes veroorsaak

Libië het Dinsdag NAVO daarvan beskuldig dat hulle 718 burgers vermoor en 4 067 beseer het in tien weke van lugaanvalle op Gaddafi se regime. Pogings deur die Afrika-Unie om ‘n wapenstilstand te onderhandel is gefnuik en Italië is van mening dat Moeammar Gaddafi se regering “verby” is.

Die dodetal en aantal beseerdes is tydens ‘n mediakonferensie in Tripoli deur Mussa Ibrahim, die regeringswoordvoerder, bekend gemaak. Hy het ook gewaarsku dat indien Gaddafi die land verlaat, dit die “heel ergste scenario” vir Libië sou wees.

“Vanaf 19 Maart tot 26 Mei was daar reeds 718 martelaars onder burgerlikes en 4 067 is beseer, waarvan 433 baie ernstige gevalle is,” het Ibrahim gesê. Die getalle kon egter nog nie deur die gesondheidsministerie bevestig word nie.

Hy het gesê die getalle sluit nie Libiese militêre ongevalle in nie. Die departement van verdediging wou egter ook nie bekend maak hoeveel troepe reeds in dié oorlog gesneuwel het nie.

“As Gaddafi moet gaan, sal die sekuriteitsklep van die land verdwyn,” het Ibrahim gesê. Hy het gesê dit is buite die kwessie dat Gaddafi uittree.

“Gaddafi se uittrede sal ernstige gevolge vir Libië inhou.” Hy het ook gewaarsku teen ‘n burgeroorlog.

Ibrahim het ontken dat Jacob Zuma, die Suid-Afrikaanse president, Maandag in Tripoli ‘n “uitgangsplan” met Gaddafi bespreek het.

“Zuma het nooit enige uitgangsplanne met hom bespreek soos in die media beskryf is nie,” het hy gesê.

In ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse presidensie in Pretoria is daar gesê dat Gaddafi Libië nie gaan verlaat nie ondanks stygende internasionale druk en verskerpte NAVO-aanvalle op sy regime.

“Kolonel Kadhafi het versoek om ‘n einde te maak aan die bombardering om ‘n Libiese dialoog moontlik te maak. Hy het beklemtoon dat hy nie bereid is om sy land te verlaat nie, ten spyte van die probleme,” het Zuma se kantoor in ‘n verklaring gesê.

Die Suid-Afrikaanse president het gesê aanvalle deur NAVO, wat ‘n vliegspergebied oor Libië ter beskerming van burgers onder ‘n VN-mandaat afdwing, het Afrika se bemiddelingspogings ondermyn.

Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake Maite Nkoana-Mashabane het ‘n onmiddellike skietstilstand gevra nadat Zuma gesê het die kolonel is “gereed” om ‘n Afrika-Unie vredesplan, wat reeds verwerp deur NAVO en die rebelle verwerp is, te aanvaar.

In Benghazi, in die ooste van Libië, het Italië se minister van buitelandse sake Dinsdag gesê, is die regime reeds verslaan.

справка для спортатопкарго