Kitsbendes teister stede in VSA

Hierdie week in Germantown, Maryland, in die VSA, het dit minder as ‘n minuut vir ‘n sogenaamde “flash mob” of kitsbende van swart tieners geneem om op ‘n 7-Eleven toe te sak, rakke te plunder en goedere ter waarde van honderde dollars te steel.

Dit gaan veel langer neem vir die polisie in Montgomery County om uit te vind hoe om dit te voorkom.

“Ons het nog altyd gedink “flash mobs” gebeur in die groot stede, ons is onvoorbereid. Ons het nie iemand met sosiale-media kundigheid nie,” sê County polisie-woordvoerder Janelle Smith.”Selfs as ons het, lyk ons begroting soos elke ander wetstoepassingsagentskap in die land s’n. Dis nie mooi nie.”

Polisie in Maryland is nie alleen in hulle geskarrel om kreatiewe, bekostigbare en doeltreffende maniere te vind om die chaos wat “flash mobs” of kitsbendes saai – groepe wat vinnig saam op een plek saamkom nadat hulle aanlyn afgespreek het. Wetstoepassing in die groot stede en klein dorpe poog tans, soos Smith dit stel, “om tieners in te haal” wanneer dit kom by die monitering van misdaadbeplanning op die web.

Hierdie seisoen het spontane voorvalle van groepsgeweld – met die bynaam “flash robs” – Minneapolis, Chicago, Cleveland, New York en Washington getref . In meeste gevalle is dit groepe hoofsaaklik jong swartes wat winkels plunder of voetgangers aanrand en dan weghardloop.

Owerhede het gesê hulle glo dat ten minste sommige van hierdie insidente veroorsaak word deur ‘n afspraak op sosiale-netwerk-webwerwe om te ontmoet en chaos te saai, maar hulle kan nie met sekerheid sê.

Die ergste skaregeweld het oor die afgelope paar weke in die Verenigde Koninkryk plaasgevind. Hordes het op Londen, Birmingham en elders toegesak, geboue is aan die brand gesteek, mense is aangerand en huise is gevandaliseer en geplunder.

Britse owerhede het gesê die oproeriges het hul voorneme vir vernietiging deur BlackBerry Messenger gekommunikeer, wat oor ‘n privaat mobiele-boodskap-stelsel beskik wat by jeugdiges in die Verenigde Koninkryk gewild is. Een so ‘n teksberig lees: “If you’re down for making money, we’re about to go hard in east London.”

Kenners sê hulle is nie verras deur die verskuiwing van ‘n vriendelike massabyeenkoms wat dmv sosiale netwerke gereël word, na gewelddadige byeenomste nie. Die krag van ‘n “flash mob” lê daarin dat mense onvermydelik begin dink wat vir hulle toeganklik is, en almal het ‘n selfoon.

Jeugdiges is boonop verveeld en gefrustreerd. Hulle het nie werksgeleenthede nie, maar mbv toelaes ly hulle nie honger nie.

Tot onlangs, het die meeste wetstoepassingsbeamptes aanvaar “flash mobs” net gebeur in groot stede. Dit was Philadelphia wat die probleem gehad het, het algar geglo.

Sedert die laaste helfte van 2010, is ‘n reeks van gewelddadige kitsbendevoorvalle in die sentrale Philadelphia aangemeld. In een episode verlede jaar, het ‘n skare van sowat 200 swartes, meestal tieners, in die strate rondgeswerf omstanders beroof en vensters gebreek. Owerhede vermoed dat die groep byeengekom het nadat ‘n oproep op Facebook of Twitter gemaak is om te ontmoet.

Verlede maand nog ‘n “flash mob” van sowat 30 tieners na bewering twee omstanders naby Philadelphia City Hall aangeval, een bewusteloos geslaan en die ander persoon se kakebeen vermorsel. Die voorval kom net weke nadat ‘n bende restaurante en treinpassasiers aangeval en beroof het.

Die geweld het die burgemeester Michael Nutter en die polisie genoop om ‘n stadswye aandklokreël op te lê sodat enigiemand ouer as 18 jaar binnenshuis teen middernag moet wees. Ouers van die oortreders sal met $500 beboet word, het hulle gewaarsku.

Die Los Angeles County ondersoek tans ‘n oproep van hip-hop-kunstenaar The Game, wat ‘n Twitter-boodskap gestuur het om in te bel na ‘n telefoonnommer van ‘n polisiestasie. Honderde van die rapper se 580,000 Twitter-volgelinge het die skakelbord oorweldig met oproepe, en effektief verhoed dat die publiek toegang tot nooddienste verkry.

Die kunstenaar het om verskoning gevra vir sy tweet op CNN Woensdag. Dit is onseker of hy aangekla sal word.

Dit skep nog ‘n vraag vir wetstoepassing – hoe moet ‘n persoon wat chaos in ‘n tweet aanmoedig deur die regstelsel behandel word?

Polisie in Maryland het vinnig opgetree na die 7-Eleven-roof. Binne ure, het ondersoekbeamptes beeldmateriaal op YouTube en die skakel op die plaaslike media gepos van die insident.

Speurders is daarna na ‘n plaaslike hoërskool, waar hulle gevra het dat die skoolhoof en studente hulle help om gesigte te identifiseer. Binne ‘n dag het hulle ten minste die helfte van die vermeende rowers geïdentifiseer, volgens die polisie-woordvoerder.

лосины девочки описаниемФільчаков прокурор

Jihadis dreig Amerikaanse TV-aanbieder

‘n Jihadis het ‘n beroep op Moslems gedoen om die Amerikaanse TV-aanbieder David Letterman te vermoor.

Die man wat in heilige moslem stryd glo, sê Letterman se tong moet gesny word nadat die aanbieder ‘n grap gemaak het oor ‘n Al-Kaïda-leier wat in Pakistan om die lewe gebring is.

Dié inligting is deur die Amerikaanse monitorgroep SITE Monitoring Service bekend gemaak.

Die groep sê die doodsdreigement is Dinsdag op ‘n webtuiste, wat deur rebelle gebruik word, gepubliseer nadat die TV-aanbieder se grap jihadiste woedend gemaak het.

Letterman het ‘n grap gemaak oor die rebel Ilyas Kashmiri wat in Junie in ‘n lugaanval in Pakistan gesterf het.

Die aanbieder van The Late Show with David Letterman het gesê Kashmiri sal by Osama bin Laden, wat in maand vroeër in Pakistan doodgemaak is, aansluit.

Luidens SITE vra die webtuiste of daar “‘n Sayyid Nosair al-Masri” is wat bereid is om “die tong van hierdie Jood te sny en verewig stil te maak?” Nosair het die regse Rabbi Meir Kahane in 1990 doodgemaak.

Letterman is nie ‘n Jood nie. Hy is ook nie die eerste Amerikaanse komediant wat doodsdreigemente van ondersteuners van Islamse ekstremiste ontvang nie.

Die skeppers van die TV-program South Park is verlede jaar gedreig nadat hulle die profeet Mohammed in ‘n beerkostuum uitgebeeld het.

игры для девочикыДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Dodelikste aanval op Israel sedert 2008

Sewe mense is dood en 26 gewond in drie aanvalle deur gewapende aanvallers Donderdag in die suide van Israel.

Die aanvalle was enkele meter van die Egiptiese grens, wat tot gelei het tot die vermoede dat die mortieraanval uit Egipte afkomstig is.

Israel het gesê die aanvallers het die land van die Palestynse Gasastrook via die Sinai-skiereiland in Egipte geïnfiltreer. Egipte ontken dit en het die laaste paar dae veiligheid verskerp om ekstremiste vas te vat.

“Die voorval het Israeli’s en Israelse soewereiniteit skade berokken. Israel sal dienooreenkomstig optree,” het die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, in ‘n verklaring gesê.

Dit was die dodelikste aanvalle in Israel sedert 2008.

Die Israelse weermag het gesê die aanvalle op ‘n hoofweg by die grens het begin toe “terroriste op ‘n bus geskiet het wat na Eilat onderweg was en toe ‘n tenkafweer vuurpyl op nog ‘n voertuig gevuur het. ‘n Militêre patrollie het terselfdertyd ‘n ploftoestel afgetrap”.

Lede van Israel se spesiale magte is ontbied en was in ‘n skietgeveg met die aanvallers gewikkel. Die weermag het gesê twee tot vier gewapendes is dood.

“Twee mans in kamoefleerdrag het op my geskiet,” het Benny Bilbaski, die busbestuurder, gesê.

“Ek het gesien sommige van die mense op die bus is gewond, maar het aangehou ry. Ek het reguit voor my gekyk en nie links of regs gekyk nie. ‘n Kilometer van die skietery het ek stilgehou en ons het na die gewondes omgesien.”

Hamas in die Gasastrook het ontken dat hy vir die aanvalle verantwoordelik is en gesê hy sal nie terugstaan indien Israel ‘n aanval sou uitvoer nie.

Israelse amptenare het voorheen kommer uitgespreek dat radikale groepe in die Sinai die veiligheidsvakuum misbruik wat gelaat is nadat oudpres. Hosni Mubarak van Egipte in Februarie uit die kussings gelig is.

Egipte het onlangs veiligheid in die Sinai verskerp en het Dinsdag vier militante aangekeer wat glo ‘n gaspypleiding wou opblaas.

игрыдлядепутат лобановский

Berlyn vir ‘n tweede nag onrustig

Brandstigters het weer op die aanval gegaan in Berlyn, die hoofstad van Duitsland, Dinsdagaand, en ‘n reeks van ten minste 15 duur motors vir die tweede nag in ‘n ry, aan die brand gesteek.

Polisie het gesê dat hulle alles wat hulle kan probeer om die aanvalle, wat ‘n gereelde kenmerk van die lewe in die hoofstad geword het, te keer. Ondersoekers glo daar kan ‘n politieke motief daaragter skuil.

Die eerste brande Dinsdagaand het om ongeveer 11 uur in Berlyn-Spandau en Charlottenburg begin , en verder tot Friedrich uitgebrei.

Die meeste van die brandstigting Dinsdagnag en vroeg Woensdagoggend blyk in Charlottenburg gesentreer te gewees het.

Maandagaand reeds is 11 motors aan die brand gesteek, terwyl nege motors verlede Woensdag in puin gelaat is.

Sedert die begin van die jaar, het amptenare ongeveer 80 sulke brandstigtinggevalle aangeteken.

Dit is nie bekend presies wat agter die brandstigting skuil nie, hoewel dit lyk asof dit ‘n soort linkse politieke verklaring is, aangesien duur voertuie oor die algemeen die belangrikste doelwitte is.

виды насосного оборудованияФільчаков Олександр Васильович

Oproer tref Swede

Verskeie polisielede in die distrik van Angered, in die stad Göteborg, Swede, is oornag deur Moslemjeugdiges aangeval en polisievoertuie is met brandbomme bestook.

“Om brandbomme op die polisie te gooi vat hierdie probleem tot ‘n vlak waar ons beslis nie wil wees nie. Ek het nog nooit in my hele loopbaan so iets gesien of gehoor nie,” het speurder Bertil Claesson, die hoof van die polisie-eenheid van Angered aan die nuusagentskap TT gesê.

In die Angered-gebied, is polisiebeamptes ook met groen lasers, wat gemik was op hul oë, geskiet.

‘n Petrolbom het ‘n motor wat deel uitmaak van ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy getref, en twee polisiekarre wat buite die polisiekantoor geparkeer was, is beskadig deur jeugdiges.

In ‘n aparte voorval in die distrik van Backa, is klippe gegooi na patrolliebeamptes.

“Ek wil graag die algemene publiek vra om ‘n hand by te sit en ‘n boodskap te stuur na hierdie tieners dat dit genoeg is,” sê Claesson.

In die afgelope jaar, het Göteborg se polisiemag ‘n ekstra poging ingesit om die probleem van tieners wat motors brand en nooddienste aanval in verskeie dele van die stad, hok te slaan.

Woensdag is ‘n krisisvergadering geskeduleer tussen die plaaslike polisie en die distriksraad in Angered om te probeer uitpluis wat anders gedoen kan word in die gebied.

Beide maatskaplike dienste en die polisie in die geteisterde distrikte werk gewoonlik saam om te verhoed dat die geweld wat dikwels saamval met die begin van die Sweedse skooljaar, uitbreek.

Die polisie het dié jaar die gebied meer gereeld gepatrolleer en die distriksrade het probeer om pro-aktief te werk deur die organisering van meer aktiwiteite vir die ledige jeug. Hulle pogings is egter deur die jeugdiges verydel.

Voor Dinsdagaand se aanval, is 15 motors aan die brand gesteek in ‘n parkeerterrein in Angered.

“En ek het nog onlangs gesê dat ons maatreëls tot dusver baie goed gewerk het. Ten spyte van wat gisteraand gebeur het en die onlangse reeks motorbrande, dit is baie kalmer as vroeër vanjaar,” sê Claesson.

Claesson kan nie sê of die onlangse gebeure te danke is aan die Londense rasseonluste vroeër hierdie maand nie.

“Maar my ondervinding is dat almal hul eie motiewe het wanneer jy in hierdie soort van aktiwiteite deelneem,” het hy gesê.

Tot dusver is niemand beseer in die aanvalle nie, maar die beamptes wat met groen laser geteiken is, ly ongemak en hul sig is ten minste tydelik benadeel.

“Ons weet nog steeds nie of dit ‘n langtermyn-skade is nie,” sê Claesson.

купить липецк аргонодуговая сваркаЛобановский

Linkses in Parys ondersteun Britse onlusmakers

Die linkse Nouveau Parti anticapitaliste, NPA, in Frankryk glo die oproeriges se woede wat tot die onluste in Londen gelei het, is geregverdig.

Dié party wat in 2009 gestig is, het nie ‘n enkele leier nie, want dit word “kollektief” bestuur. Die NPA maak deel uit van die ultra-linkse groepering wat byna 8% van die steun by die Franse stembus geniet.

Volgens die NPA deel miljoene in Europa dieselfde sentiment wat daartoe gelei het dat honderde mense die strate van Londen met geweld oorgeneem het.

Die onluste in Brittanje was “‘n verstaanbare reaksie van jeugdiges op die regering se besparingsmaatreëls in vergete gebiede,” het die NPA in ‘n verklaring gesê.

“Die ware boewe is diegene wat openbare dienste afsny, die diewe is diegene wat ongekende wins maak ten tye van finansiële krisis, die skuldiges is diegene wat aanhou om werkers af te dank” het die NPA gesê.

Die dood van die 29-jarige bruin dwelmhandelaar, Mark Duggan, volgens ‘n opiniestuk in die Britse Independent, is as gevolg van die “polisie wat swart mans soos kriminele behandel”. Die skrywer, Christina Patterson, gaan selfs so ver as om te sê dat “te veel swart mans al deur die polisie doodgemaak is”.

Die feite weerspreek egter Patterson se opruiende stelling. Volgens IPCC-verslae was daar die afgelope drie jaar sewe mense deur die polisie gedood en al sewe was wit.


 

 

светильник в спальнюданильченко юрій броніславович

AU wil meer soldate in Somalië ontplooi

Die Afrika-Unie het Dinsdag ‘n beroep gedoen vir die ontplooiing van nog 3 000 soldate om Mogadisjoe te beveilig nadat die meerderheid van die Islamitiese-rebelle uit die stad onttrek het.

“Ons magte moet nou ‘n groter deel van die stad dek en ons loop die risiko dat ons onsself dun gaan saai,” het mj.genl. Fred Mugisha, die bevelvoerder van Uganda se 9 000 soldate wat deel van die AU-sending in Somalië is, gesê.

“Ek doen ‘n beroep op ons internasionale vennote, waarop ons staatmaak, om so vinnig as moontlik 3 000 ekstra troepe te ontplooi.”

Hy het gesê dit is van uiterse noodsaak dat die troepe ontplooi moet word.

Die Shebab-rebelle wat met Al-Kaïda verbind word, het meer as die helfte van Mogadisjoe beheer. Hulle het egter Saterdag belangrike posisies in dié stad verlaat in wat die rebelle ‘n “verandering van militêre taktieke” noem.

Intussen het die Moslemorganisasie Gift of the Givers in Suid-Afrika ‘n reuseveldtog mbv radio en TV geloods om geld in te samel om behoeftiges in Somalië te help. Die SAUK het ‘n beroep gedoen op Juluis Malema en Kenny Kunene om ook by te dra tot die fonds.

Tonne hulpvoedsel deur Tiger Brands geskenk is ook oppad na Dubai vanuit Suid-Afrika vanwaar dit per skip na Somalië vervoer sal word.

пломбирование каналовлобановский александр компромат

Britse onluste eis drie na motor hulle doodry

Drie Moslemmans in Birmingham wat Woensdag hul woonbuurt teen plunderaars probeer beskerm het, is dood toe ‘n motor met swart plunderaars hulle omgery het.

Die polisie het gesê een man is in hegtenis geneem en ‘n moordsaak is geopen ná die voorval wat omstreeks 01:00 plaasgevind het. Birmingham is die tweede grootste stad in Brittanje wat onder die onluste gebuk moes gaan.

Die voorval het etniese spanning in Brittanje verhoog nadat Moslems wraak gesweer het teen die swartes en belowe het dat ‘n “oog vir ‘n oog” sal geld, volgens die Wall Street Journal.

Volgens noodlenigingswerkers het sowat 80 mense reeds om die toneel saamgedrom toe hulle daar aangekom het. Twee mans is op die toneel dood verklaar en die derde is later in die hospitaal oorlede.

Die BBC het berig die mans was oppad van ‘n moskee en het hul buurt teen kwaadstokers probeer beskerm.

Die polisie kon nie hierdie besonderhede bevestig nie.

Die onluste in Brittanje duur reeds vir die afgelope vier nagte. Londen was Dinsdagnag stiller met sowat 16 000 polisiebeamptes wat die strate patroleer het. Die onluste het na ander stede insluitende Manchester en Birmingham versprei.

Die onluste is ook nie net beperk tot armlastige immigrante woonbuurte nie, en in die vooruitstrewende Gloucester is winkels en sakepersele ook geplunder. In Nottingham is ten minste vyf polisiestasies met petrolbomme aangeval.

“Ons beplan weer vir die ergste vanaaand, want dit is wat Londen verdien,” het Stephen Kavanagh, adjunk-assistent-kommissaris van die Londense metropolisie, gesê.

Veral winkels wat sportklere aanhou en elektroniese ware is geteiken.

David Cameron, die Britse premier, het ook ‘n gesinsvakansie in Italië kortgeknip om die krisis te bestuur en sal Woensdag ‘n tweede vergadering met die regering se krisiskomitee, Cobra, hou.

‘n Spesiale parlementêre sitting sal Donderdag in Londen gehou word om die onluste te bespreek.

и саунылобановский александр фото

Rasseoorlog in Brittanje?

{jathumbnail off}Afdelingswinkel

Die onluste wat in die Londense voorstad Tottenham uitgebreek het nadat polisie ‘n kleurlingman, mnr. Mark Duggan, 29, doodgeskiet het, is besig om al hoe meer die aard van ‘n rasseoorlog aan te neem.

Volgens die linkse koerant, The Guardian, stuur onlusmakers en plunderaars vir mekaar boodskappe via Facebook, Twitter en Blackberry BBM waarin gekleurdes aangemoedig word om saam te staan, winkels te plunder en op die Britse polisie te skiet. Een so ‘n boodskap lui:

Everyone from all sides of London meet up at the heart of London (central) OXFORD CIRCUS!!, Bare SHOPS are gonna get smashed up so come get some (free stuff!!!) fuck the feds we will send them back with OUR riot! >:O
Dead the ends and colour war for now so
if you see a brother… SALUT!
if you see a fed… SHOOT!
We need more MAN then feds so Everyone run wild, all of london and others are invited! Pure terror and havoc & Free stuff….just smash shop windows and cart out da stuff u want! Oxford Circus!!!!! 9pm, we don’t need pussyhole feds to run the streets and put our brothers in jail so tool up,
its a free world so have fun running wild shopping;)
Oxford Circus 9pm if u see a fed stopping a brother JUMP IN!!! EVERYONE JUMP IN niggers will be lurking about, all blacked out we strike at 9:15pm-9:30pm, make sure ur there see you there. REMEMBA DA LOCATION!!! OXFORD CIRCUS!!!
MUST REBROADCAST TO ALL CONTACTS!!!”

Onluste het intussen vanaf Tottenham na Brixton, Enfield en Islington versprei. Tot dusver is 35 polisiemanne reeds beseer.

In ‘n verklaring vanoggend het die metropolisie van Londen gesê dat hulle “geskok is” deur die “skandelike geweld” wat soveel van hul makkers beseer het.“

“Polisiebeamptes wat op die sporadiese onrus in ‘n aantal distrikte gereageer het , het 100 inhegtenisnames laasnag en vroeg vanoggend uitgevoer.

“Dit is afgesien van die 61 arrestasies wat Saterdagnag en Sondagoggend uitgevoer is… Beamptes is geskok deur die verregaande geweldsvlakke wat teen hulle gerig word. Ten misnte nege beamptes is oornag beseer, afgesien van die 26 wat Saterdagnag beseer is.

“Ons sal nie hierdie skandelike geweld verdra nie. Die ondersoek bring steeds meer van die misdadigers na vore.”

Winkels in Enfield en die A10-kleinhandelsentrum is gevandaliseer en geplunder, met berigte van twee voertuie wat aan die brand gesteek is.

Berede polisie het groepe gemaskerde jeugdiges,  waarvan sommige met stokke bewapen was, by winkels weggejaag, terwyl onluspolisie in toue gereedgestaan het.

Die onluste in immigrantebuurte wat hoofsaaklik deur gekleurdes bewoon word, kom kort op die hakke van ‘n internasionale meningspeiling wat bevind het dat 71% van Britte glo dat daar “te veel immigrante in hul land is”. Die enigste lande wat ‘n hoër vlak van ontevredenheid oor immigrasie in die meningspeiling getoon het, was Rusland (77%) en België (72%).

Winkel

Jeugdiges

Uitgebrandсветильники подвесныеtopcargo

Iranse Rewolusionêre Wag neem presidentskap van OPUL oor

‘n Gewilde senior Iranse bevelvoerder in die Revolusionêre Wag het die presidentskap van die OPUL oorgeneem nadat hy Woensdag Iran se olie-minister geword het.

Rostam Ghasemi, hoof van die Khatam al-Anbia militêre en industriële basis, is tans onderhewig aan die VSA, die EU en Australië se sanksies en sy bates is deur die Amerikaanse Tesourie en die Weste geswartlys. 

Die Weste en die VSA is gekant teen Iran se volgehoue kernprogram en poog om die land dmv sanksies te dwing om af te sien van die program.

Iran se staatsmedia het die aanstelling as ‘n reaksie van Iran se parlement teen internasionale sanksies geïnterpreteer en verwelkom.

Die aanstelling van Ghasemi as Iran se olie-minister maak hom outomaties die hoof van OPUL, wat ‘n belangrike rol in die bepaling van oliepryse speel.

As tweede-grootste ru-olie-uitvoerder, het Iran die presidentskap van die OPUL in Oktober verlede jaar ná 36 jaar oorgeneem en Ghasemi se posisie sal die Revolusionêre Wag ‘n unieke geleentheid gee om dié internasionale organisasie te beïnvloed.

casino freeОлександр Васильович Фільчаков