praag.co.za

Linkses in Parys ondersteun Britse onlusmakers

Die linkse Nouveau Parti anticapitaliste, NPA, in Frankryk glo die oproeriges se woede wat tot die onluste in Londen gelei het, is geregverdig.

Dié party wat in 2009 gestig is, het nie ‘n enkele leier nie, want dit word “kollektief” bestuur. Die NPA maak deel uit van die ultra-linkse groepering wat byna 8% van die steun by die Franse stembus geniet.

Volgens die NPA deel miljoene in Europa dieselfde sentiment wat daartoe gelei het dat honderde mense die strate van Londen met geweld oorgeneem het.

Die onluste in Brittanje was “‘n verstaanbare reaksie van jeugdiges op die regering se besparingsmaatreëls in vergete gebiede,” het die NPA in ‘n verklaring gesê.

“Die ware boewe is diegene wat openbare dienste afsny, die diewe is diegene wat ongekende wins maak ten tye van finansiële krisis, die skuldiges is diegene wat aanhou om werkers af te dank” het die NPA gesê.

Die dood van die 29-jarige bruin dwelmhandelaar, Mark Duggan, volgens ‘n opiniestuk in die Britse Independent, is as gevolg van die “polisie wat swart mans soos kriminele behandel”. Die skrywer, Christina Patterson, gaan selfs so ver as om te sê dat “te veel swart mans al deur die polisie doodgemaak is”.

Die feite weerspreek egter Patterson se opruiende stelling. Volgens IPCC-verslae was daar die afgelope drie jaar sewe mense deur die polisie gedood en al sewe was wit.


 

 

светильник в спальнюданильченко юрій броніславович

Comments

Leave a Reply