AU wil meer soldate in Somalië ontplooi

Die Afrika-Unie het Dinsdag ‘n beroep gedoen vir die ontplooiing van nog 3 000 soldate om Mogadisjoe te beveilig nadat die meerderheid van die Islamitiese-rebelle uit die stad onttrek het.

“Ons magte moet nou ‘n groter deel van die stad dek en ons loop die risiko dat ons onsself dun gaan saai,” het mj.genl. Fred Mugisha, die bevelvoerder van Uganda se 9 000 soldate wat deel van die AU-sending in Somalië is, gesê.

“Ek doen ‘n beroep op ons internasionale vennote, waarop ons staatmaak, om so vinnig as moontlik 3 000 ekstra troepe te ontplooi.”

Hy het gesê dit is van uiterse noodsaak dat die troepe ontplooi moet word.

Die Shebab-rebelle wat met Al-Kaïda verbind word, het meer as die helfte van Mogadisjoe beheer. Hulle het egter Saterdag belangrike posisies in dié stad verlaat in wat die rebelle ‘n “verandering van militêre taktieke” noem.

Intussen het die Moslemorganisasie Gift of the Givers in Suid-Afrika ‘n reuseveldtog mbv radio en TV geloods om geld in te samel om behoeftiges in Somalië te help. Die SAUK het ‘n beroep gedoen op Juluis Malema en Kenny Kunene om ook by te dra tot die fonds.

Tonne hulpvoedsel deur Tiger Brands geskenk is ook oppad na Dubai vanuit Suid-Afrika vanwaar dit per skip na Somalië vervoer sal word.

пломбирование каналовлобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae