‘n Suid-Afrikaanse nie-regeringsorganisasie het die Verenigde State van Amerika Woensdag skerp gekritiseer omdat hulle die “polisieman van die wêreld” probeer wees en inmeng in die interne sake van ander lande.
“Amerika moet ophou Big Brother en die polisieman van die wêreld speel,” het die Suid-Afrikaners vir Vrede in Afrika-inisiatief se woordvoerder David Maimela gesê.
“Wat is verkeerd met die Afrika-Unie se agenda?”
Hy het gepraat buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria, waar sowat 50 betogers vergader het om die onttrekking van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) se magte uit Libië te eis.
Die VSA ondermyn ander lande met sy “kapitalistiese agenda”.
“Geen land het die reg om namens ‘n ander te besluit nie. Ons sal nie toelaat dat imperialisme die wêreld regeer nie,” het hy gesê.
Die groep het ‘n memorandum oorhandig waarin hulle eis dat NAVO moet “stop met die moord van onskuldige vroue en kinders” in Libië.
Elizabeth Trudeau, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade het die dokument in ontvangs geneem en gesê sy sal dit na Washington aanstuur. Sy sê sy neem die groep se eise “baie ernstig” op.
Libië het in ‘n burgeroorlog verval nadat opstande die leiers van Tunisië en Egipte in Januarie en Februarie verdryf het. Die Libiese leier weier om sy 41-jaar-lange greep op mag te laat gaan, en het beloof om sy “vyande” te verslaan.
NAVO-aanvalle teiken steeds plekke wat gebruik word deur magte lojaal aan kol. Gaddafi.
Gaddafi het die bombardemente beskryf as ‘n daad van koloniale aggressie wat daarop gemik is daarop om Libië se olie steel.
“NAVO het geen wettige reg om in Libië te wees nie. Hulle moet onttrek en dit onvoorwaardelik doen,” sê Maimela.
Hy het die Weste se “herkolonisering” van Afrika verwerp.
In die memorandum, het die organisasie, wat hulle vir ‘n vreedsame oplossing van konflikte op die vasteland beywer, sy kommer uitgespreek oor die vernietiging van klinieke, hospitale, skole, huise en ander fasiliteite in Libië.
Betogers het gedreunsing op pad na die ambassade. Lede van die Pan Africanist Congress was in wit T-hemde met die slagspreuk: “NAVO stop bombardement in Libië nou” geklee.
“Obama hoeveel Libiërs het jy vandag doodgemaak?” het ‘n plakkaat gelui, verwysende na die Amerikaanse president.
Ander plakkate was gerig aan Brittanje se eerste minister David Cameron en Frankryk se president Nicholas Sarkozy, wat beide wil sien dat Gaddafi afstap.
Die organisasie eis ‘n onmiddellike onttrekking van ‘n VN-resolusie wat die Suid-Afrikaanse regering ondersteun het toe dit aangekondig is, maar sedertdien kritiseer omdat die die VSA, Brittanje en Frankryk nie hou by die resolusiebepalings om burgelikes in Libië te beskerm nie.
Die groep het verdere kritiek op die “pretensieuse retoriek” van Brittanje, die VSA en Frankryk gelewer, wat gesê het hulle tree op in die belang van demokrasie, vryheid van spraak en die reg om te protesteer.
Die optog het ook ondersteuning van die Kommunistiese Jeugliga, die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Moslem Regsraad van Suid-Afrika geniet.
Optoggangers het ook by die Verenigde Koninkryk se Hoë Kommissariaat en die Franse ambassade aangedoen om dieselfde memorandum af te lewer.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.