Britse onluste eis drie na motor hulle doodry

Drie Moslemmans in Birmingham wat Woensdag hul woonbuurt teen plunderaars probeer beskerm het, is dood toe ‘n motor met swart plunderaars hulle omgery het.

Die polisie het gesê een man is in hegtenis geneem en ‘n moordsaak is geopen ná die voorval wat omstreeks 01:00 plaasgevind het. Birmingham is die tweede grootste stad in Brittanje wat onder die onluste gebuk moes gaan.

Die voorval het etniese spanning in Brittanje verhoog nadat Moslems wraak gesweer het teen die swartes en belowe het dat ‘n “oog vir ‘n oog” sal geld, volgens die Wall Street Journal.

Volgens noodlenigingswerkers het sowat 80 mense reeds om die toneel saamgedrom toe hulle daar aangekom het. Twee mans is op die toneel dood verklaar en die derde is later in die hospitaal oorlede.

Die BBC het berig die mans was oppad van ‘n moskee en het hul buurt teen kwaadstokers probeer beskerm.

Die polisie kon nie hierdie besonderhede bevestig nie.

Die onluste in Brittanje duur reeds vir die afgelope vier nagte. Londen was Dinsdagnag stiller met sowat 16 000 polisiebeamptes wat die strate patroleer het. Die onluste het na ander stede insluitende Manchester en Birmingham versprei.

Die onluste is ook nie net beperk tot armlastige immigrante woonbuurte nie, en in die vooruitstrewende Gloucester is winkels en sakepersele ook geplunder. In Nottingham is ten minste vyf polisiestasies met petrolbomme aangeval.

“Ons beplan weer vir die ergste vanaaand, want dit is wat Londen verdien,” het Stephen Kavanagh, adjunk-assistent-kommissaris van die Londense metropolisie, gesê.

Veral winkels wat sportklere aanhou en elektroniese ware is geteiken.

David Cameron, die Britse premier, het ook ‘n gesinsvakansie in Italië kortgeknip om die krisis te bestuur en sal Woensdag ‘n tweede vergadering met die regering se krisiskomitee, Cobra, hou.

‘n Spesiale parlementêre sitting sal Donderdag in Londen gehou word om die onluste te bespreek.

и саунылобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae