Buitelanders ontgeld dit in Limpopo

‘n Bangladesjiese winkeleienaar is Woensdag beroof en aan die brand gesteek in Dennilton, Polokwane, het die polisie gesê.

Volgens lt. kol. Mohale Ramatseba is die 35-jarige man van sy geld, kruideniersware en selfoon beroof voordat hy met paraffien deurdrenk is en aan die brand gesteek is.

Die man het in sy winkel geslaap toe drie mans die winkel deur die dak binnegekom het. Hy het ernstige brandwonde opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

In ‘n afsonderlike voorval is ‘n Zimbabwiese paar Woensdag beroof en die vrou verkrag by hul huis in Musina, Limpopo, het die polisie gesê.

Volgens Ramatseba het twee gewapende mans en ‘n helper die paar se kamer met ‘n byl omstreeks 02:00 binnegedring.

Hulle het die man se regterhand afgekap en twee van die mans het die vrou verkrag.

Hulle het die twee slagoffers se paspoorte en geld gesteel, het Ramatseba gesê.

купить рюкзак для девочкипрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae