Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Lindiwe Sisulu, het in die parlement bekend gemaak dat die Weermag se totale regskoste verlede jaar (2010/11) R21,311 miljoen beloop het.
Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Verdediging van die Vryheidsfront Plus. Die bedrag aan regskoste het verdubbel teenoor die vorige finansiële jaar (2009/10) van R10,588 miljoen na R21,311 miljoen.
Die minister kon nie sê watter deel van die bedrag was as gevolg van sake wat die Weermag verloor het en hulle ‘n kostebevel teen hulle gekry het nie. Die weermag moes wel R4,5 miljoen (R4 512 201) opdok in sake met die vakverbond die Suid-Afrikaanse Weermagunie (SANWU/SANDY).
“Dit is kommerwekkend dat die regskoste verdubbel het en die minister nie weet wat die regskoste is van sake wat die weermag verloor het nie. Daar word gereeld in die media berig dat die Weermag ‘n hofsaak verloor het en dan moet die belastingbetaler opdok. Na my mening is verskeie sake onnodig en getuig soms van laksheid en arrogansie aan die kant van die Weermag omdat hulle nie opdaag by sake of reageer op bevele van ‘n hof nie.
Verskeie voorbeelde hiervan was sake waar SANWU gewen het. Die minister sal ernstig moet kyk na haar regsadviseurs en die Vryheidsfront Plus gaan daarop aandring dat die koste van verlore sake bepaal word,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.
play onlineФильчаков прокурор отзывы