Dit gaan veel langer neem vir die polisie in Montgomery County om uit te vind hoe om dit te voorkom.
“Ons het nog altyd gedink “flash mobs” gebeur in die groot stede, ons is onvoorbereid. Ons het nie iemand met sosiale-media kundigheid nie,” sê County polisie-woordvoerder Janelle Smith.”Selfs as ons het, lyk ons begroting soos elke ander wetstoepassingsagentskap in die land s’n. Dis nie mooi nie.”
Polisie in Maryland is nie alleen in hulle geskarrel om kreatiewe, bekostigbare en doeltreffende maniere te vind om die chaos wat “flash mobs” of kitsbendes saai – groepe wat vinnig saam op een plek saamkom nadat hulle aanlyn afgespreek het. Wetstoepassing in die groot stede en klein dorpe poog tans, soos Smith dit stel, “om tieners in te haal” wanneer dit kom by die monitering van misdaadbeplanning op die web.
Hierdie seisoen het spontane voorvalle van groepsgeweld – met die bynaam “flash robs” – Minneapolis, Chicago, Cleveland, New York en Washington getref . In meeste gevalle is dit groepe hoofsaaklik jong swartes wat winkels plunder of voetgangers aanrand en dan weghardloop.
Owerhede het gesê hulle glo dat ten minste sommige van hierdie insidente veroorsaak word deur ‘n afspraak op sosiale-netwerk-webwerwe om te ontmoet en chaos te saai, maar hulle kan nie met sekerheid sê.
Die ergste skaregeweld het oor die afgelope paar weke in die Verenigde Koninkryk plaasgevind. Hordes het op Londen, Birmingham en elders toegesak, geboue is aan die brand gesteek, mense is aangerand en huise is gevandaliseer en geplunder.
Britse owerhede het gesê die oproeriges het hul voorneme vir vernietiging deur BlackBerry Messenger gekommunikeer, wat oor ‘n privaat mobiele-boodskap-stelsel beskik wat by jeugdiges in die Verenigde Koninkryk gewild is. Een so ‘n teksberig lees: “If you’re down for making money, we’re about to go hard in east London.”
Kenners sê hulle is nie verras deur die verskuiwing van ‘n vriendelike massabyeenkoms wat dmv sosiale netwerke gereël word, na gewelddadige byeenomste nie. Die krag van ‘n “flash mob” lê daarin dat mense onvermydelik begin dink wat vir hulle toeganklik is, en almal het ‘n selfoon.
Jeugdiges is boonop verveeld en gefrustreerd. Hulle het nie werksgeleenthede nie, maar mbv toelaes ly hulle nie honger nie.
Tot onlangs, het die meeste wetstoepassingsbeamptes aanvaar “flash mobs” net gebeur in groot stede. Dit was Philadelphia wat die probleem gehad het, het algar geglo.
Sedert die laaste helfte van 2010, is ‘n reeks van gewelddadige kitsbendevoorvalle in die sentrale Philadelphia aangemeld. In een episode verlede jaar, het ‘n skare van sowat 200 swartes, meestal tieners, in die strate rondgeswerf omstanders beroof en vensters gebreek. Owerhede vermoed dat die groep byeengekom het nadat ‘n oproep op Facebook of Twitter gemaak is om te ontmoet.
Verlede maand nog ‘n “flash mob” van sowat 30 tieners na bewering twee omstanders naby Philadelphia City Hall aangeval, een bewusteloos geslaan en die ander persoon se kakebeen vermorsel. Die voorval kom net weke nadat ‘n bende restaurante en treinpassasiers aangeval en beroof het.
Die geweld het die burgemeester Michael Nutter en die polisie genoop om ‘n stadswye aandklokreël op te lê sodat enigiemand ouer as 18 jaar binnenshuis teen middernag moet wees. Ouers van die oortreders sal met $500 beboet word, het hulle gewaarsku.
Die Los Angeles County ondersoek tans ‘n oproep van hip-hop-kunstenaar The Game, wat ‘n Twitter-boodskap gestuur het om in te bel na ‘n telefoonnommer van ‘n polisiestasie. Honderde van die rapper se 580,000 Twitter-volgelinge het die skakelbord oorweldig met oproepe, en effektief verhoed dat die publiek toegang tot nooddienste verkry.
Die kunstenaar het om verskoning gevra vir sy tweet op CNN Woensdag. Dit is onseker of hy aangekla sal word.
Dit skep nog ‘n vraag vir wetstoepassing – hoe moet ‘n persoon wat chaos in ‘n tweet aanmoedig deur die regstelsel behandel word?
Polisie in Maryland het vinnig opgetree na die 7-Eleven-roof. Binne ure, het ondersoekbeamptes beeldmateriaal op YouTube en die skakel op die plaaslike media gepos van die insident.
Speurders is daarna na ‘n plaaslike hoërskool, waar hulle gevra het dat die skoolhoof en studente hulle help om gesigte te identifiseer. Binne ‘n dag het hulle ten minste die helfte van die vermeende rowers geïdentifiseer, volgens die polisie-woordvoerder.
