Die man wat in heilige moslem stryd glo, sê Letterman se tong moet gesny word nadat die aanbieder ‘n grap gemaak het oor ‘n Al-Kaïda-leier wat in Pakistan om die lewe gebring is.
Dié inligting is deur die Amerikaanse monitorgroep SITE Monitoring Service bekend gemaak.
Die groep sê die doodsdreigement is Dinsdag op ‘n webtuiste, wat deur rebelle gebruik word, gepubliseer nadat die TV-aanbieder se grap jihadiste woedend gemaak het.
Letterman het ‘n grap gemaak oor die rebel Ilyas Kashmiri wat in Junie in ‘n lugaanval in Pakistan gesterf het.
Die aanbieder van The Late Show with David Letterman het gesê Kashmiri sal by Osama bin Laden, wat in maand vroeër in Pakistan doodgemaak is, aansluit.
Luidens SITE vra die webtuiste of daar “‘n Sayyid Nosair al-Masri” is wat bereid is om “die tong van hierdie Jood te sny en verewig stil te maak?” Nosair het die regse Rabbi Meir Kahane in 1990 doodgemaak.
Letterman is nie ‘n Jood nie. Hy is ook nie die eerste Amerikaanse komediant wat doodsdreigemente van ondersteuners van Islamse ekstremiste ontvang nie.
Die skeppers van die TV-program South Park is verlede jaar gedreig nadat hulle die profeet Mohammed in ‘n beerkostuum uitgebeeld het.
