Wêreld treur oor Jobs se heengaan

Steve Jobs, die rockster van tegnologie, se heengaan word deur aanhangers, bekendes, politici en korporatiewe leiers soos die afsterwe ‘n pop-ikoon betreur.

Jobs, ‘n aangenome kind, was die biologiese seun van ‘n Siriese Moslem-immigrant wat na die VSA gekom het.

By Apple se hoofkwartiere, wat deur Jobs 1 Infinite Loop gedoop is, het ‘n klein groepie roubeklaers blomme en ander items onder die maatskappy se kenteken geplaas terwyl ‘n enkele doedelsakspeler gehoor kon word en die maatskappy se vlag halfmas gehang het.

“Steve Jobs was my held,” het Lin Lin, ‘n sagteware-ingenieur, gesê.

Aanhangers het kerse, blomme en foto’s van Jobs na Apple-winkels oor Amerika geneem en het foto’s van die voormalige hoof van Apple op hul iPhones en iPads ten toon gestel.

Jobs “was net ‘n inspirasie vir my en my kollegas en my vriende,” het Steve Streza, 24, aan verslaggewers gesê.

In een park het ‘n klomp aanhangers ná die lui van ‘n Tibettaanse gebedsklok almal hul Apple-toestelle omhoog gehou in eer van Jobs, ‘n volgeling van Zen Boeddhisme.

Massas mense het buite sy huis in Palo Alto, Kalifornië saamgedrom, voordat die polisie die straat in sy stil woonbuurt gesluit het.

“Steve, jy het ons almal se lewens beter gemaak,” het een op die sypaadjie geskryf.

Pres. Barack Obama het ook sy medelye uitgespreek en het in ‘n verklaring gesê: “Daar kan geen groter erkenning van Steve se sukses wees nie as die feit dat baie mense in die wêreld van sy dood te hore gekom het op ‘n toestel wat hy uitgevind het.”

Obama het Jobs beskryf as een van “die grootse Amerikaanse innoveerders – dapper genoeg om anders te dink, braaf genoeg om te glo hy kan die wêreld verander en talentvol genoeg om dit te doen…

“Steve het daarvan gehou om te sê hy lewe elke dag asof dit sy laaste is.”

Фільчаков Олександр Васильович

Israeli wen Nobelprys vir chemie

Die Israeliese wetenskaplike Daniel Shechtman het Woensdag die 2011 Nobelprys vir Chemie gewen vir sy ontdekking van quasikristalle, ‘n mosaïek-agtige chemiese struktuur wat navorsers voorheen gedink het onmoontlik is.

Die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskappe, het gesê Shechtman se ontdekking in 1982 die manier waarop chemici na vaste stowwe kyk, fundamenteel verander. Sy ontdekking het aanvanklik sterk besware van die wetenskaplike gemeenskap uitgelok, en hulle het hom selfs uit sy navorsingsgroep uitgeskop.

Sedertdien, het ‘n Sweedse maatskappy bevind dat quasikristalle een van die mees volhoubare vorme van staal is, wat nou gebruik word in produkte soos skeermeslemmetjies en dun naalde wat spesifiek vir oogchirurgie gebruik word.

Wetenskaplikes eksperimenteer ook met die gebruik van quasikristalle in omhulsels vir braaipanne, hitte-isolasie in enjins, en in lig-emissietoestelle, of LEDs.

Quasikristalle is in die natuur ontdek, in Rusland, vir die eerste keer in 2009.

“Dit voel wonderlik,” sê Shechtman, ‘n 70-jarige uitsonderlike professor by die Israelse Instituut van Tegnologie in Haifa. Hy sal die $1,5 miljoen se toekenning saam met die ander Nobelpryswenners op 10 Desember in Stockholm ontvang.

лобановский политик

Frankryk trek skaliegaspermitte terug

Franse president Nicolas Sarkozy, het tydens ‘n besoek aan die suide van Frankryk Dinsdag, beloof daar sal geen skaliegasontginning in die streek wees nie en het bevestig dat die staat drie eksplorasiepermitte teruggetrek het.

“Ek wil die geleentheid wat ek het hier neem om te bevestig dat daar geen skaliegaseksplorasie deur hidrouliese breking in hierdie besonderse gebied sal wees nie,” het Sarkozy gesê tydens ‘n besoek aan die Gard, die tuiste van Cevennes Nasionale Park, ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied.

Drie permitte wat toegeken is deur die staat in 2010 vir die ontginning van skaliegas in die gebied – die een aan die Franse oliereus Total en twee aan die VSA se Schuepbach Energie LLC – sal teruggetrek word, het hy bevestig.

Ekologieminister Nathalie Kosciusko-Morizet en Nywerheidsminister Eric Besson het Maandag aangekondig dat die regering die permitte sal herroep in ooreenstemming met ‘n wet wat die verbod op hidrouliese breking in Junie bekragtig het.

Kosciusko-Morizet gesê Total en Schuepbach het ‘n sperdatum gemis om oortuigende planne vir alternatiewe skaliegaseksplorasietegnieke in te dien.

Breking, ook bekend as fracking, is die proses van boor in skalierots en inspuit van water, sand en chemikalieë in die rots teen ‘n hoë druk vir die vrylating van gas.

Frankryk is die eerste land om breking te verbied nadat protes deur omgewingsbewustes en inwoners van die Gard hulle daartoe gedwing het. Kritici van hidrouliese breking sê die proses kan die grondwater besoedel.

Die Franse Unie van Petroleum Industrie (UFIP) het gesê die besluit om die permitte terug te trek, is “nadelig vir die Franse ekonomie” en het gewaarsku dit sal ‘n “negatiewe sein aan internasionale beleggers stuur”.

“Hierdie besluite sal die identifisering en evaluering van die potensiaal van die nuwe nasionale energie-hulpbronne voorkom, terwyl Frankryk 99 persent van sy petrolverbruik en 98 persent van sy gasverbruik invoer,” het UFIP gesê.

Sarkozy het gesê dat die begeerte om nuwe energiebronne te ontgin nie die “vernietiging van ‘n byna geestelike landskap” regverdig nie.

Skaliegaseksplorasie het die hoogte ingeskiet in die Verenigde State in die afgelope jaar, terwyl opposisiegroepe in verskeie lande, insluitende Engeland en Suid-Afrika, daarteen walgooi.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Sirië dreig om Israel aan te val as NAVO iets probeer

Die Siriese president Bashar Assad het Dinsdag gedreig om die Midde-Ooste aan die brand te steek, en veral vir Israel, as NAVO aanvalle op Sirië loods, het die Iranse Fars-nuusagentskap berig.

In ‘n vergadering met die Turkse minister van buitelandse sake Ahmet Davutoglu, het die Siriese president oor die moontlikheid van ‘n NAVO-aanval gesê: “Ek sal nie meer as ses ure nodig hê om honderde vuurpyle na Golan te bring om op Tel Aviv te vuur as so ‘n gekke stap teen Damaskus geneem word nie.”

Davutoglu het na berig word ‘n boodskap van waarskuwing uit die VSA aan Assad oorgedra. Die Iranse verslag is nog nie deur ander bronne bevestig nie.

Volgens die Fars-nuusagentskap, het die Siriese president beklemtoon dat Damaskus ook die Hezbollah in Libanon sal vra om ‘n gelyktydige vuurpyl- en missielaanval op Israel te loods, een wat die Israeliese intelligensie nooit sou kon verbeel nie.

“Al hierdie gebeurtenisse sal binne drie ure plaasvind, maar in die tweede drie uur, sal Iran Amerikaanse oorlogskepe in die Persiese Golf aanval soos wat Amerikaanse en Europese belange gelyktydig geteiken word.

topcargo кидалы

Rusland wil seksoortreders kastreer

Die chemiese kastrasie van kindermolesteerders sal binnekort waarskynlik in Rusland toegepas word.

President Dmitri Medwedef het dié omstrede maatreël in Mei vanjaar voorgestel.

Russiese wetmakers het intussen die wetsontwerp, wat reeds ondersteuning in die Kremlin geniet, ook goedgekeur.

Die wetsontwerp sal nog twee keer voor die parlement dien voor parlementslede daaroor stem.

Die wetsontwerp sal net van toepassing wees op seksuele oortredings teen kinders jonger as dertien, deur individue wat met ‘n geestesversteuring gediagnoseer is.

Фильчаков Харьков

9/11 sal VSA nie weer tref

Barack Obama het gesê dit sal “baie moeilik” wees vir Al-Kaida om binne die volgende paar jaar ‘n grootskaalse terreuraanval op Amerika te loods.

Hy het spesifiek verwys na die aanvalle van 11 September 2001 en gesê dat Al-Kaida nie sommer ‘n aanval van dié skaal maklik sal kan herhaal nie.

“Dit gaan vir hulle baie moeilik wees om so ‘n grootskaalse aanval soos ons op 9/11 ervaar het, te herhaal,” het Obama tydens ‘n onderhoud met Yahoo.com en ABC News gesê.

Hy het egter bygevoeg dat dié militante groep steeds gevaarlik bly.

Александр Фильчаков прокурор

Roofparty roer ‘n snaar in Duitsland

Duitsland se sentrum-linkse opposisie partye, naamlik die Sosiaal-Demokrate (SPD) en Groen, sal nie meer ‘n meerderheid in die parlement wen as daar ‘n verkiesing gehou word nie, en dit as gevolg van ‘n toename in steun vir die Roofparty, wys ‘n nuwe meningspeiling. 

Dit was die eerste keer in omtrent ‘n jaar dat die SPD en Groen nie ‘n meerderheid in die Bundestag behaal het in meningspeilings nie. Kanselier Angela Merkel se sentrum-regse koalisie het selfs verder teruggeglip.

Die SPD het 2 persentasiepunte tot 28 persent gedaal terwyl die Groenes 1 punt tot 17 persent laer is vir ‘n totaal van 45 persent in die Emnid Instituut-peiling gepubliseer in die Bild am Sonntag-koerant.

Merkel se konserwatiewes was 1 punt af tot 32 persent by die stembus en haar Vrye Demokratiese Party (FDP) junior koalisievennote was bestendig op 4 persent vir ‘n gekombineerde 36 persent.

Die volgende verkiesing is in 2013.

Die Roofparty, vars met ‘n rekordsukses van 8,9 persent in die verkiesings vir die Berlynse stadstaat  twee weke gelede, het van nêrens in die Emnid opname tot 7% ​​nasionaal geklim.

Die Rowers is ‘n Duitse tak van die party wat vyf jaar gelede in Swede gestig is om ‘n veldtog te voer vir die hervorming van kopiereg, gratis aflaaie van die Internet en meer beskerming van persoonlike inligting.

Die Rowers het in Duitsland ‘n snaar geroer. Hulle het hulle agenda uitgebrei om kwessies soos die instelling van ‘n minimumloon in te sluit en het baie anti-establishment kiesers van die Groenes weggerokkel.

данильченко юрій броніславович

Opstande in VSA kring uit

Polisie het honderde betogers op die Brooklyn-brug in New York in hegtenis geneem, maar betogings ​​in die VSA kring al hoe verder uit.

Betogers het in Los Angeles, voor die City Hall, gedans op busse met “vrede” op die kant geverf.

‘n Kleiner protes is in Chicago se finansiële distrik gehou waar betogers plakkate opgehou het met die woorde “Werk, nie afdankings nie”.

Betogers het ook opgeruk na Denver in Colorado, om in die sentrum te versamel voor in die stadshuis met dreunsang, “Neem die strate oor!”

Die protesbeweging is geïnspireer deur die Occupy Wall Street-beweging waar honderde mense naby die finansiële distrik in New York uitkamp om te vra vir ‘n einde aan woningterugnames en hoë werkloosheid.

Фільчаков Олександр Васильович

Obamabraaihoender trek skrefiesoë

Obama laat vaar sy bod vir ‘n tweede termyn in die Withuis en gee Kolonel Sanders se braaihoender iets om oor te dink?

In Beijing, China, is ‘n restaurant bekend as OFC met ‘n uithangbord wat erg baie lyk soos die President van Amerika in die kolonel se klere uitgedos.

Die presidensiële eetplek heet: Die Obama Fried Chicken restaurant in Beijing.

Die advertensie onder, lees glo: “Ons is so koel, ons is nie?”

Die Obama Fried Chicken kon dalk ‘n reaksie op die VSA se indiening van ‘n klagte by die Wêreld Handelsorganisasie oor Chinese tariewe op die uitvoer van Amerikaanse hoender wees.

Volgens die New York Times, beteken die tariewe dat sommige Chinese invoerders so veel as twee keer die prys vir Amerikaanse hoender betaal.

‘n Obama-obsessie? Sommige mense het reeds gekla dat die naam ou rasse-stereotipes oproep met die koppeling tussen swart mense en braaihoender.

Лобановский Харьков

Die luukse hotel, die AU en die prys

Die Afrika-staatshoofde in die hoofstad van Ekwatoriaal-Guinee was kennelik beïndruk met die land se toewyding aan die AU.

Dié baie klein land, geleë op die kus van Sentraal-Afrika, het ‘n paar keer sy jaarlikse onderwysbegroting spandeer op ‘n nuwe $800 miljoen-oord om die Afrika-Unie-beraad te huisves

Behalwe vir ‘n 18-putjie gholfbaan, ‘n vyfster-hotel en ‘n spa, het die land ‘n luukse villa vir elk van die vasteland se 52-presidente gebou. Elke een met ‘n gourmet-sjef en ‘n privaathysbak wat lei na ‘n suite met uitsig op die kunsmatige strand wat spesiaal vir hulle geskep is.

Westerse diplomate sê dat die sjarme-offensief gewerk het, want Vrydag het die Verenigde Nasies se UNESCO ‘n prys vernoem na Ekwatoriaal-Guinee se berugte en korrupte president, te danke aan ‘n resolusie wat in Junie deur die presidente by die oord geneem is.

As dit gebeur, sal president Teodoro Obiang Nguema, ‘n man wie se regime beskuldig word van growwe skendings van menseregte, geassosieer word met ‘n organisasie wie se verklaarde missie die bevordering van vrede en menseregte deur middel van kulturele dialoog is.

Tydens die AU-beraad hierdie somer, het Obiang daarin geslaag om die liggaam te kry om ‘n mosie in te stem dat UNESCO ‘n prys met sy naam toeken.

Gewapen met hierdie resolusie, het die 13 swart afgevaardigdes op UNESCO se uitvoerende raad gedreig om ‘n stemming oor die UNESCO-Obiang Nguema Mbasogo prys vir Navorsing in die Lewenswetenskappe so vroeg as Vrydag af te dwing wanneer die raad vergader in Parys.

Die $3 miljoen-prys is vir die eerste keer in 2008 voorgestel en UNESCO het aanvanklik ingestem, net om dit weer op te skort toe woede uitgebars het oor die oorsprong van die geld.

‘n Senior Franse diplomaat, wat gevra het om nie genoem te word nie as gevolg van die sensitiwiteit van die saak, gesê: “By UNESCO op die uitvoerende raad, maak die swartes ‘n groot persentasie van die direksie uit, en wanneer hulle heeltemal verenig is, kan hulle reken op die volle ondersteuning van die Arabiese groep.”

Saam, tel die Arabiese en Afrika-delegasies vir 20 van 58 stemme. Dertig is nodig is vir die maatreël om te slaag, en minder as sommige regerings buite stemming bly. 

Die Westerse lande vrees dat as dit gaan na ‘n stemming, die maatreël sal slaag, en die liggaam sal dwing om die prys te implementeer.

 

лобановский александр дети