Polisie het honderde betogers op die Brooklyn-brug in New York in hegtenis geneem, maar betogings in die VSA kring al hoe verder uit.
Betogers het in Los Angeles, voor die City Hall, gedans op busse met “vrede” op die kant geverf.
‘n Kleiner protes is in Chicago se finansiële distrik gehou waar betogers plakkate opgehou het met die woorde “Werk, nie afdankings nie”.
Betogers het ook opgeruk na Denver in Colorado, om in die sentrum te versamel voor in die stadshuis met dreunsang, “Neem die strate oor!”
Die protesbeweging is geïnspireer deur die Occupy Wall Street-beweging waar honderde mense naby die finansiële distrik in New York uitkamp om te vra vir ‘n einde aan woningterugnames en hoë werkloosheid.
