Linkse maatskaplike sielkundige se bedrogspul oopgevlek

‘n Prominente Nederlandse maatskaplike sielkundige wat gesê het witmense is meer geneig tot rassediskriminasie en diegene wat aan vleis dink raak meer boers, is uitgevang vir bedrog.

Prof. Diederik Stapel het data vervals om telkens die resultate te kry wat hy wou gehad het.

So het hy onder andere “bewys” dat as mense aan vleis dink, se gedrag “boers” raak en minder sosiaal.

Stapel het in ‘n verklaring erken dat die aantygings teen hom waar is en het amptelik om verskoning gevra.

Die ondersoek deur die drie universiteite is aan die gang en moet uiteindelik meer as 150 referate waarvan Stapel mede-outeur was, ondersoek.

“Mense is in skok,” sê Gerben van Kleef, ‘n sosioloog aan die Universiteit van Amsterdam, wat nie direk met Stapel werk nie. “Almal wonder hoe dit kon gebeur het en op hierdie skaal.”

Die professor het ‘n omstrede artikel gepubliseer waarin hy beweer het dat witmense meer geneig is tot rassediskriminasie, veral teenoor swartmense.

Hy het na bewering heelwat sukses gehad met fondsinsameling vir sy projekte.

Die Universiteit van Tilburg het ‘n saak van bedrog teen die professor aanhangig gemaak.

Stapel alleen was glo verantwoordelik vir die bedrog. Die ondersoekpaneel het bevind dat hy in detail eksperimentele ontwerpe bespreek het, insluitend die opstel van vraelyste, en dan sou eis om die eksperimente uit te voer by hoërskole en universiteite waarmee hy spesiale reëlings getref het.

Die eksperimente het egter nooit plaasgevind het, het die universiteite ontdek. Stapel het die datastelle opgemaak, wat hy dan aan ‘n student of medewerker vir ontleding deurgegee het, sê ondersoekbeamptes.

Александр Фильчаков прокурор

Skokkende mishandeling by Britse Moslemskole

Die getalle is ysingwekkend. Oor die afgelope drie jaar, is meer as 400 klagtes ingedien by Britse plaaslike owerhede vir die mishandeling van kinders wat in die madrassa, of by ‘n Islamitiese skool studeer.

Van hierdie 400 klagtes, is net tien deur die howe hanteer, en ‘n skamele twee het gelei tot vervolgings.

Dit is waar dat lyfstraf wettig is in die Verenigde Koninkryk vir deeltydse onderwysinrigtings wat nie meer as twaalf ure per week les gee nie. Dit is die geval in Britse madrassas, waarvan ongeveer 2 000 nie amptelik geregistreer is nie, en sonder enige regulasie funksioneer. Dit sluit nie net fisiese geweld teen kinders in nie, maar ook in sommige gevalle seksuele mishandeling.

“Ons moet ‘n moniteringstelsel in plek kry om te verseker dat daar slegs een owerheid is wat oor hierdie skole aanegstel word, en nie fisiese en seksuele mishandeling duld nie,” sê Ghayasuddin Siddiqui, stigter van die Mosleminstituut.

Hy het gewaarsku teen die verspreiding van madrassas wat “onwettig” in garages oopmaak, en dus heeltemal buite die gesag van moskees en dus owerheidsregulering val. In totaal onderrig hierdie skole ten minste 250 000 studente in die Verenigde Koninkryk.

In 2008, het plaaslike owerhede 89 klagtes aangeteken. Die getal het gestyg tot 178 in 2010, en sedert die begin van hierdie jaar, is 146 klagtes ingedien. Hierdie syfers is verkry deur die BBC Radio deur die reg op vryheid van inligting, wat die publikasie van die amptelike data toelaat.

Die voorsitter van die Nasionale Raad van Moskees en imams, Shahid Mohammed Raza, het gesê dat hierdie syfers “baie ontstellende en skokkend” is. Die Moslemgemeenskap meen die Britse regering moet ingryp. Hulle bly onwillig om self hulle volgelinge tot orde te roep.

лобановский александр фото

Wikileaks, hangtou word al hoe korter

Die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, het ‘n appèl in die Londense hoërhof om sy uitlewering aan Swede oor bewerings van seksuele misstappe, verloor.

Die 40-jarige Australiese rekenaarvaardige kon vroeër nie daarin slaag om sy oorspronklike aansoek teen die uitsettingsbevel om te keer nie. Assange ontken drie bewerings van seksuele aanranding en een van verkragting.

Sy prokureur, Ben Emmerson, het aangevoer dat die Europese bevel vir sy inhegtenisneming onaanvaarbaar is omdat dit nie ‘n “regverdige, akkurate en geskikte” beskrywing was van Assange se beweerde seksuele misdaad in Swede nie.

Hy het ook aangevoer Assange is ‘n slagoffer van ‘n “filosofiese en geregtelike” verskille tussen Engeland en Swede is oor wat presies seksuele oortredings behels.

WikiLeaks het ‘n stortvloed Amerikaanse diplomatieke boodskappe op sy webwerf gelek, wat die VSA se toorn laat ontvlam het.

Assange beweer dat die Sweedse saak polities gemotiveerd is en vrees dat sy uitlewering aan Swede uiteindelik kan lei tot sy uitlewering aan Amerika.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Duitsers het geweet waar Gaddafi is

Duitsland se buitelandse intelligensiediens, die BND, het gehelp om die ligging van afgesette Libiese leier Moeammar Gaddafi voor sy inhegtenisname, presies aan te dui.

Bronne wat vertroud is met die verwikkelinge het aan Der Spiegel vertel wat gebeur het.

Die voortvlugtige voormalige leier se presiese wegkruipplek in sy tuisdorp Sirte was om die waarheid te sê, reeds vir weke lank bekend aan die BND voor sy inhegtenisname en marteldood op 20 Oktober.

Agente binne die organisasie het ‘n lang tradisie van inligtingversameling in die Midde-Ooste, en het daarin geslaag om vas te stel waar die gevalle leier homself weggesteek het van rebellemagte, het die BND-bronne gesê.

Maar geen geo-data wat kon gelei het tot ‘n geteikende lugaanval is gedeel met NAVO nie, het Duitse inligtingsbronne bevestig. Dit blyk dat NAVO-troepe wel ‘n vae idee van Gaddafi se skuilplek gehad het, want toe hy probeer het om uit Sirte te vlug, het Franse vegvliegtuie sy konvooivoertuie aangeval.

Die BND se bedrywighede in die Libiese konflik is nie die eerste keer dat die organisasie in ‘n oorlog betrokke raak nie. Hulle was ook aktief gedurende die oorlog in Irak in 2003. Alhoewel die destydse kanselier Gerhard Schröder heftig ontken het dat die Duitsers ‘n aktiewe rol in die konflik gespeel het, was Duitse agente die tussengangers om intelligensie van Bagdad aan die Verenigde State se amptenare oor te dra.

Op ‘n soortgelyke manier, het Duitsland verkies om nie deel te wees van die stemming tydens die Veiligheidsraadresolusie op 17 Maart nie. Die gebruik van militêre mag om Libiese burgers te beskerm, is deur Duitsland afgewys. Dit was ‘n ongewilde besluit by hulle tradisionele Westerse bondgenote.

Of die BND se intelligensie-pogings om Gaddafi op te spoor onderneem is om die politieke skade te herstel, is nie seker nie, aangesien Gaddafi se marteldood ‘n verleentheid vir die VSA is.

лобановский александр игоревич класс

‘Israel bedreig wêreldvrede’

Resultate van ‘n nuwe peiling wat in opdrag van die Europese Kommissie onderneem is, toon dat Israel deur die Europeërs in 15 lande as die grootste enkele bedreiging vir vrede in die wêreld gesien word, groter selfs as Noord-Korea, Iran en Afghanistan.

Terwyl die Europese Kommissie die volledige uitslag van die verkiesing Maandag vrygestel het, het die International Herald Tribune berig dat 7 500 mense in die Europese Unie (500 in elk van die 15 EU-lidlande) gevra is om ‘n lys van 15 lande op te stel wat ‘n bedreiging vir wêreldvrede inhou. Israel was heel bo-aan die lys van lande wat as ‘n bedreiging beskou word.

Hierdie opname is ‘n aanduiding dat Europeërs die demoniseringsveldtog wat teen Israel en die land se ondersteuners deur Europese leiers en media gerig word, heelhuids gekoop het.

Die Simon Wiesenthal-sentrum het sy verontwaardiging aan die Europese Kommissie se president, Romano Prodi, per skrywe oorgedra.

“Hierdie skokkende resultate, wat Israel as die grootste bedreiging vir vrede in die wêreld – groter as Noord-Korea, Iran en Afghanistan – beskou,  daag logika uit en is ‘n rassistiese verbeeldingsvlug wat toon dat anti-Semitisme diep gewortel in die Europese samelewing is, meer as in enige ander tydperk sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog, ” sê Rabbi Marvin Hier, die sentrum se dekaan en stigter.

“Indien die resultate van hierdie opname werklik soos gerapporteer is bestaan, dan moet Israel die enigste gevolgtrekking moontlik maak en dit is dat die Europese Unie en sy lede geen rol behoort te speel in enige toekomstige Midde-Oosterse vredesproses nie,” het Hier gesê.

Sentrumamptenare sal met Javier Solana, sekretaris-generaal van die Europese Unie, in November ontmoet om hierdie en ander verwante kwessies te bespreek.

Данильченко Юрий Харьков

Satiriese koerantkantoor afgebrand

Die kantore van ‘n satiriese Franse koerant wat ‘n uitgawe aan die Arabiese Lente gewy het, is afgebrand.

Die profeet Mohammed het op die voorblad van dié uitgawe as “gasredakteur” verskyn en daar word beweer dat die aanval op die kantore hiermee verbind kan word.

Die koerant, Charlie Hebdo, het dié uitgawe tot Charia [Sjaria] Hebdo herdoop.

Op die voorblad van die spesiale uitgawe was ‘n strokiesprent van die profeet Mohammed wat sê: “100 houe as jy jou nié doodlag nie”.

Die profeet Mohammed, met ‘n rooi hanswors-neus op, was ook op die agterblad te sien, saam met die woorde “Ja, Islam is versoenbaar met humor”.

Kuberkrakers het die koerant se webwerf aangeval en die gewone tuisblad vervang met ‘n foto van die Groot Moskee in Mecca.

Onderaan die foto het die woorde “Geen god behalwe Allah” verskyn.

Die webwerf is tans van die lug af.

Franse owerhede het die aanval verdoem en hul ondersteuning aan die koerant verklaar.

“Vryheid van spraak is ‘n onvervreembare reg in ons demokrasie. Alle aanvalle op die vryheid van die pers word ten sterkste veroordeel. Geen saak kan so ‘n gewelddadige daad regverdig nie,” het die Franse premier, Francois Fillon, in ‘n verklaring gesê.

Die brand by die koerant se kantore in die ooste van Parys het om twee-uur die middag uitgebreek.

Volgens die polisie is die brand waarskynlik deur ‘n petrolbom begin.

Niemand is in die brand beseer nie.

Александр Фильчаков Васильевич

Aktiviste wil Israel se seeblokkade breek

‘n Groep Kanadese en internasionale aktiviste het vanuit Turkye gevaar en sal binne die volgende paar dae poog om deur die Israelse seeblokkade van Gasa te breek.

Luidens ‘n mediaverklaring deur die organisasie Canadian Boat to Gaza, is die Kanadese skip Tahrir en die Ierse skip Saoirse reeds in die Mediterreense See, buite Turkse gebiedswater.

Hulle sal binne die volgende paar dae na Gasa vaar.

“Die Tahrir vaar om medisyne af te lewer, maar ons hoofdoel is om Palestyne te bevry van die opelug-gevangenis bekend as Gasa,” het die Kanadese organiseerder van Boat to Gaza, David Heap, vanaf die Tahrir gesê.

Aktiviste van Australië, Amerika en Palestina is aan boord die skepe wat gelaai is met ‘n klein vrag hulpmiddels om die Palestynse volk in Gasa by te staan.

Dit is die tweede keer vanjaar dat dié organisasie ‘n poging aanwend om deur die Israelse seeblokkade te breek.

лобановский александр компромат

Israel bou 2000 huise na UNESCO-besluit

Israel sal sowat tweeduisend nuwe huise vir setlaars in oos-Jerusalem en die Wesoewer bou in reaksie op Unesco se besluit om Palestina as volle lid van die organisasie toe te laat.

Volgens die Israelse openbare radiodiens is die besluit geneem tydens ‘n vergadering van die eerste minister Benjamin Netanjahu se forum van agt senior ministers.

Israel is woedend oor die VN-kultuurorganisasie se besluit Maandag ten guste van Palestynse lidmaatskap.

Israel se oprigting van huise vir setlaars in gebiede wat deur die Palestyne geëis of beheer word, is van die grootste struikelblokke in die pad van vrede in die gebied.

Лобановский

VSA staak UNESCO-befondsing

Amerika het sy finansiële bystand aan Unesco teruggetrek uit protes teen die lidmaatskap wat aan die Palestynse owerheid toegeken is.

‘n Woordvoerder van die departement van buitelandse sake, Victoria Nuland sê die 60 miljoen dollar wat dié maand oorbetaal moes word, sal nie meer toegeken word nie.

Vroeër het die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Ali Halimeh, sy land se lidmaatskap tot die VN se kulturele en wetenskaplike liggaam, Unesco, verwelkom.

‘n Groot meerderheid lede het tot die Palesynse toelating ingestem. Halimeh sê Unesco het nog altyd sy steun aan Palestina toegesê op onderwys, wetenskaplike en tegnologiese gebiede.

Hy sê dit is veral verblydend, omdat Israel geruime tyd al lid van Unesco is, terwyl Palestina jare lank die voorreg ontneem is.

Александр Фильчаков Васильевич

Swart vlag van Al Kaida wapper oor Libië

Die swart vlag van al-Kaida wapper oor Libië nadat NAVO formeel sy militêre veldtog beëindig het.

Die vlag is op die dak van die hof in Benghazi gehys waar die land se nuwe regeerders die Sjaria afgekondig het nadat hulle die eertydse leier, Moeammar Gaddafi gesodomiseer en vermoor het.

Die gebou word gesien as die setel van die rewolusie, wat deur rebellemagte tot hul voorlopige regeringshoofkwartier en mediasentrum verklaar is.

‘n Akademikus van Tripoli, Abdoel al-Raheem, is intussen verkies tot Libië se tussentydse eerste minister. Hy is voor die media aangewys deur die lede van die regerende nasionale oorgangsraad. Die voormalige tussentydse premier, Mahmoed Jibril, het – soos belowe – bedank nadat Libië deur rebellemagte met  NAVO se hulp vir Gaddafi ontsetel het.

Die oorgangsraad het onderneem om ná agt maande verkiesings te hou vir ‘n nasionale vergadering. ‘n Nuwe grondwet sal daarna binne ‘n jaar opgestel word voordat parlementêre verkiesings gehou sal word.

Op die swart vlag bo-op die regeringshoofkwartier staan “Daar is geen ander god as Allah” met ‘n volmaan onderaan. Die vlag is neffens die Libiese nasionale vlag gehys.

Die nuwe Sjariawette wat aangekondig is, word deur kenners as ‘n ramp beskou. Sjariawette geld in Afghanistan onder die Taliban.

Dit beteken onder meer dat Libiese mans nou meer as een vrou sal kan neem. Poligamie was onder Gaddafi se heerskappy verbode.

Deur die afskaffing van die huwelikswet, verloor vroue die reg om die familiehuis as hulle skei te hou. “Dit is ‘n ramp vir Libiese vroue,” het een kommentator gesê.

NAVO het byna 5900 teikens sedert die bomaanvalle begin het in Libië sewe maande gelede, in puin gelê om “burgerlikes” te beskerm. 

Олександр Фільчаков прокурор