Linkse maatskaplike sielkundige se bedrogspul oopgevlek

‘n Prominente Nederlandse maatskaplike sielkundige wat gesê het witmense is meer geneig tot rassediskriminasie en diegene wat aan vleis dink raak meer boers, is uitgevang vir bedrog.

Prof. Diederik Stapel het data vervals om telkens die resultate te kry wat hy wou gehad het.

So het hy onder andere “bewys” dat as mense aan vleis dink, se gedrag “boers” raak en minder sosiaal.

Stapel het in ‘n verklaring erken dat die aantygings teen hom waar is en het amptelik om verskoning gevra.

Die ondersoek deur die drie universiteite is aan die gang en moet uiteindelik meer as 150 referate waarvan Stapel mede-outeur was, ondersoek.

“Mense is in skok,” sê Gerben van Kleef, ‘n sosioloog aan die Universiteit van Amsterdam, wat nie direk met Stapel werk nie. “Almal wonder hoe dit kon gebeur het en op hierdie skaal.”

Die professor het ‘n omstrede artikel gepubliseer waarin hy beweer het dat witmense meer geneig is tot rassediskriminasie, veral teenoor swartmense.

Hy het na bewering heelwat sukses gehad met fondsinsameling vir sy projekte.

Die Universiteit van Tilburg het ‘n saak van bedrog teen die professor aanhangig gemaak.

Stapel alleen was glo verantwoordelik vir die bedrog. Die ondersoekpaneel het bevind dat hy in detail eksperimentele ontwerpe bespreek het, insluitend die opstel van vraelyste, en dan sou eis om die eksperimente uit te voer by hoërskole en universiteite waarmee hy spesiale reëlings getref het.

Die eksperimente het egter nooit plaasgevind het, het die universiteite ontdek. Stapel het die datastelle opgemaak, wat hy dan aan ‘n student of medewerker vir ontleding deurgegee het, sê ondersoekbeamptes.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae